Vrou sterf gedurende gewelddadige protesaksie

Die wrak van die motor waarin Andiswa Ndevu gesterf het. (Foto: Twitter)

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek twee aanklagte van strafbare manslag nadat twee mense, waaronder ʼn lid van die ANC, Dinsdagaand gedurende gewelddadige protesaksie in Kaapstad in ʼn motorongeluk gesterf het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn vrou (30) is dood toe sy gedurende protesaksie in die stad op die vlug wou slaan nadat die motor voor haar op die hoek van Lansdowne‑ en Symphonyweg met klippe bestook is.

Die vrou het probeer om ʼn u-draai te maak om ʼn ander rigting in te slaan toe ʼn motor teen haar motor gebots het. Sy het op die toneel gesterf.

Volgens Van Wyk het ʼn onbekende man ook gedurende die voorval gesterf. Die man het gestap toe hy deur een van die motors wat in die motorongeluk betrokke was, getref is.

Die Wes-Kaapse ANC het Woensdag die vrou wat gedurende die protesaksie omgekom het as Andiswa Ndevu geïdentifiseer. Ndevu was ʼn enkelma en aktief by die ANC se vroue- en jeugliga betrokke.

Faiez Jacobs, sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, het gesê die party is geskok deur Ndevu se afsterwe. “Ons betuig ons ​​medelye met haar familie en doen ʼn beroep op ons gemeenskappe om nie hul frustrasies en woede op motoriste uit te haal nie. Daar is vreedsamer maniere om te betoog,” het Jacobs gesê.

ʼn Golden Arrow-bus is ook gisteraand gedurende protesaksie op die N2 tussen die R300 en Borchard’s Quarry aan die brand gesteek. Daar was geen passasiers op die bus nie. Die pad is wel in albei rigtings gesluit.

Volgens Bronwen Dyke-Beyer, woordvoerder van die Golden Arrow-busdiens, is dit die maatskappy se tweede bus wat vandeesweek aan die brand gesteek is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jan Alleman ·

Populisme isop’n hoogtepunt. Dus sal dit nie stop nie. Dit verg politici met durf om die tipe goed in die bek te ruk. Iemand gaan geskiet moet word sien…

Danie ·

Die boewery moet nou stopgesit word. Hardhandige optrede is al wat gaan werk. Die ellendige ANC het dit in tagtigerjare geskep en nou te slap om dit op te los

Valerie ·

Noem dit wat dit is…openbare geweld. Om probeer “PC” te wees maak dit nie ‘n minder ernstige misdaad nie.

Deon ·

Wat het haar politieke affliasie met dit te doen. Indien enigiets wat was die ander persoon se affiliasie dan. So terloops die genoemde strate is ver van die stad af.

Johan ·

Dit is nié protes – aksies nie. Dit is onluste. Plein en simpel….

Sêmarnet ·

Skokkend om te sien hoeveel protes aksie daar elke dag kandwyd is. Dis nie als in die nuus nie. Dis nie protes nie dit is sabbotasie. Ons mense word ge-desensiteer – daar word niks aan mense wat afbrand en breek gedoen nie want dis als deel van die padda stadig kook projek.

Asjas ·

Verstaan ek reg? Deelgeneem aan protesaksie en toe dit te warm raak toe probeer die anc vroueliga wegjaag wat toe gelei het tot die oorsaak van die ongeluk??

Bert ·

Ek dink die land het onregeerbaar geword.
Is dit nie waar die eff ons mee gedreig het nie?

Darryl ·

Is daar enige regslei op die forum wat insig kan gee oor my vlgde vraag… As die ANC wat die optog gehou het die oorsaak was van die twee onskuldige lede van die publiek..( waarvan een self n ANC lid is) ..kan die ANC kolektief as party seviel gedagvaar word vir die moord op die persone, want in my opinie was dit hulle onbeheerde aksie wat tot hul dood gelei het

Karolis ·

Ek het ook hieroor gewonder. ANC moet verantwoordelik wees vir hulle protesteerders se dade.

Stephen Namibia ·

Dit het n kultuur in SA geword om ander se eiendom te vernietig. Hoop CR se “beleggers” neem kennis.

Sakkie ·

Lyk my ‘n mens kan nêrens meer gaan sonder om in “protes aksies” vas te loop nie. Nou pas ons maar huis op.

Lagwekkend ·

Eienaardig dat iemand so bang is vir hul eie. Nog nooit het ek nodig gehad om ‘n u draai te maak uit vrees vir my eie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.