Vrou sterf in huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

‘n Vrou is dood nadat haar huis in Vanderbijlpark in Gauteng afgebrand het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel was die huis al in ligte laaie en was brandbestryders ook reeds op die toneel besig om die brand te probeer blus.

Meiring sê nadat die brand geblus is, het paramedici die huis binnegegaan en op die vrou se liggaam afgekom. Sy het noodlottige beserings opgedoen. “Ooggetuies beweer die vrou het in die brandende huis ingehardloop maar nie weer teruggekeer nie.”

Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.