ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is Maandagoggend oorlede toe ʼn groot hek in Fordsburg, Johannesburg, op haar geval het.
“Paramedici het omstreeks 08:00 by die toneel opgedaag waar ʼn groot groep mense langs die pad gestaan het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “ʼn Vrou het langs ʼn groot hek gelê.”
Meiring het gesê die groot hek het op die vrou geval. “Lede van die gemeenskap kon die hek optel en die vrou bevry. Paramedici het haar ondersoek, maar sy het veelvoudige kopbeserings opgedoen en het nie enige teken van lewe getoon nie. Hulle kon nie enigiets verder vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.”
Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
11 Kommentare
Fratsongeluk?? Nee-wat, hierdie is ‘n gebeurtenis wat té dikwels plaasvind. Daar behoort strenger maatreëls te wees met hierdie hekke.
Hierdie hekke word heeltemal verkeerd vervaardig. Volgens die foto is daar net 2 pale met 2 rollers aan die bo kant. 2 aan elke kant.Dit behoort 4 pale 300 mm uit melaak te wees met 4 rollers. Of, daar was nie n stop of wig aan die einde van die hek, en dit het verby geloop en die hek het verby die gide rollers geloop, en geval. Vervaardigers van hierdie hekke moet aanspreeklik gehou word in so n geval.
Solank die hek nie vir moord aan gekla word nie . Onthou ons het n wonderlike regstelsel.
dis omdat mense deesdae in tronke moet bly sodat skelms vry kan buite rondloop. So jammer vir die familie. Mag hulle berusting vind
Hoop nie dit is ‘n huiswerker nie want anders het die huiseienaar GROOT MOEILIKHEID, gaan strafregtelik vervolg word en siviel, sal vir die res van hulle lewens vir die gesin moet sorg. Jammer oor die verlies aan nog ‘n lewe in SA.