Vrou sterf in fratsongeluk

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Vrou is dood en twee beseer nadat talle groot sakke voer op hulle geval het in Howick, KwaZulu-Natal.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 13:45 by die toneel in ʼn industriële area opgedaag. “Ander paramedici en veiligheidswagte was reeds besig om die drie vroue te help deur die sakke van hulle af te haal.”

Volgens Vermaak was een van die vroue in ʼn kritieke toestand. Sy het erge bors- en kopbeserings opgedoen. “Haar toestand het vinnig agteruitgegaan en paramedici het vir langer as ʼn uur mond-tot-mond-asemhaling toegepas voordat die vrou op die toneel dood verklaar is.”

Die ander twee vroue het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel, voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Volgens Vermaak het die vroue glo die sakke voer van ʼn vragmotor afgelaai toe die sakke bo-op hulle geval het. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Eintlik mans se werk.
Simpatie met die familie wat agterwee gelaat word.

Anoniem ·

Hoekom was daar nie mans om die vroue met hierdie sakke te help nie?
Die sakke was verseker te swaar vir hierdie vroue.

Wat-ek-lees ·

In Afrika is dit al ‘n eeu-oue gebruik dat die mans sit en bier drink en die vrouens die werk doen.
Allermins is die vrou ook die oudste vervoermiddel in Afrika (wêreldwyd?) wat ook die drawerk moes doen op haar kop. Ek sê voorgaande met die grootste respek teenoor vroue en ek reken dat wanneer ons kyk na slawerny dan sal ons daar ook vind dat die vroulike geslag die meeste is.
Wat ‘n tragedie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.