Vrou sterf in Hekpoort-motorfietsongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou is Sondagmiddag dood en ʼn man ernstig beseer tydens ʼn motorfietsongeluk op die R563 in Hekpoort, noordwes van Krugersdorp.

“Al twee pasiënte het in ʼn kritieke toestand langs die pad gelê,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. Die wrak van die motorfiets het ʼn ent verder gelê. Die man en vrou het al twee op die motorfiets gery.

“Al twee pasiënte, beide in hul 60’s, het ernstige beserings aan die regterkant van hul liggame opgedoen,” het Meiring bygevoeg.

ʼn Helikopter is ontbied om die man na ʼn privaathospitaal in Johannesburg te neem vir verdere behandeling. Die vrou se toestand het vinnig versleg op pad na die hospitaal. Paramedici het tevergeefs KPR probeer toepas.

Die owerhede sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.