Vrou sterf in hoeweaanval by Onderstepoort

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

ʼn 59-jarige vrou is Maandagaand in ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in Onderstepoort in die noorde van Pretoria doodgeskiet.

Volgens AO Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het die slagoffer se man by sy suster en swaer se huis in Rentiastraat gekuier toe hulle omstreeks 22:15 skielik die honde hoor blaf het. Daar is glo heelwat huise op die kleinhoewe.

“Die oorledene se man het gaan ondersoek instel toe hy hom in ʼn gewapende verdagte vasgeloop het. Die verdagte het hom beveel om stil te bly en hom gedwing na waar hulle gesit en kuier het. Daarna het die verdagtes hulle vasgebind.”

Van Dyk sê nog ʼn verdagte het oomblikke later verskyn en kontant van die slagoffers geëis.

“Die verdagtes is die huis binne en het selfone en ʼn skootrekenaar ter waarde van R30 000 gebuit.”

Bure oorkant die huis het glo ʼn geraas gehoor, onraad vermoed en is na buite om ondersoek in te stel. Die verdagtes het daarna glo verskeie skote op hulle afgevuur.

“Die 59-jarige vrou het ernstige skietwonde opgedoen en is op die toneel dood. Nog ʼn persoon wat uit sy huis gekom het, is in die been geskiet,” sê Van Dyk.

“Die oorledene se man kon homself glo later loswikkel, waarna hy sy vrou dood langs hul motor aangetref het.”

Die verdagtes het glo by nog ʼn huis probeer inkom.

“Die persoon in die huis het egter met alle mag baklei om die deur toe te hou, waarna die verdagtes skote na die deur afgevuur het. Niemand is egter beseer nie.

“Die verdagtes het van die toneel gevlug.

“Alle leidrade word opgevolg om hulle op te spoor,” sê Van Dyk.

Die polisie in Pretoria-Noord ondersoek ʼn saak van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Manie ·

Ek wil graag ‘n versoek aan die breë media rig. Berig asseblief vir ons baie duidelik welke ras die aanvallers, moordenaars en slagoffers in elke voorval is. Hou op om polities korrek te wees en berig asseblief die waarheid, die volle waarheid en niks minder as die waarheid nie.

Jan Jacobs ·

Ons moet begin opstaan vir ons regte, vat die useless mense regte kommusie aan, wat bevind Dat kill a boer kill a farmer, nie haat spraak is nie. Maar n ou landsvlag is haat spraak nee wragtig. Die vfplus sit en niks doen nie.

Frances ·

Ek stem saam, want as dit omgekeerd is word die foto (indien beskikbaar) en ras van die betrokke persone meestal geplaas. Ons is ook moeg om te lees van verdagte persone. Daar was genoeg mense op die toneel om die ras te kan bevestig.

Olive ·

Die “verdagtes” wat “vermeende boosdoeners” aangerand en aan die brand gesteek het, is feitlik onmiddelik opgespoor.
Maar verdagtes wat onskuldige mense aanval en dood, word nie juis opgespoor nie. Eienaardig

domheks ·

@ Manie – Jy is 100% reg. Dan kry hulle ‘n lyk met beskrywing van klere maar die ras word nie gemeld nie. Nou moet jy nou almal met denims en blou hemde opspoor wat jy ken ? ? ?
Tog so polities korrek – maar dit verduidelik NIKS!

Michael ·

Ek wil Manie se versoek sekondeer ons wil weet wie is verantwoordelik vir die moorde op die mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.