Vrou sterf in hof se aanhoudingselle

Argieffoto

Argieffoto

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) stel ondersoek in nadat ʼn vrou wat van aanranding aangekla is, in die aanhoudingselle van die Kaapstadse landdroshof dood is.

Volgens Opod is Nomthandazo Loliwe (26) Vrydagoggend van die Woodstock-polisiestasie na die landdroshof geneem. Sy het glo aan beamptes gesê dat sy nie gesond voel nie.

“’n Ambulans is ontbied en paramedici het haar ondersoek maar kon niks fout vind nie. Sy het in die hof verskyn en is terug na die aanhoudingselle geneem waar sy omstreeks 12:30 inmekaargesak en gesterf het.” Volgens Opod word daar nie in die stadium vuilspel vermoed nie.

Die mense wat saam met Loliwe in die aanhoudingselle was het bevestig dat sy inmekaargesak het en dood is. “Sy het glo aan hulle gesê dat sy drie weke laas iets geëet het.”

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.