Vrou sterf in KZN-ongeluk

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

ʼn Vrou is vroeg Saterdagoggend dood in ʼn botsing tussen ʼn motor en ʼn bakkie in Shelley Beach aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die botsing het Saterdag kort ná 02:00 plaasgevind. “Die bestuurder van een van die voertuie het ongelukkig noodlottige beserings opgedoen.”

McKenzie het gesê die bestuurder van die ander voertuig is beseer en op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Hy is in ʼn kritieke toestand.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar word deur die polisie ondersoek, het McKenzie gesê.

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.