Vrou sterf in Laeveld-storm

Argieffoto Foto: CorinnaST, Pixabay

Argieffoto Foto: CorinnaST, Pixabay

ʼn 30-jarige vrou is Donderdagmiddag dood nadat sy op ʼn plaas naby Nelspruit in Mpumalanga deur weerlig getref is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 15:00 naby die Lowveld College of Agriculture plaasgevind.

“Die vrou is blykbaar ʼn plaaswerker en het op die plaas gewerk toe ʼn donderstorm in die omgewing opgesteek en weerlig haar getref het,” het Mathe gesê. “Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die vrou in ʼn kritieke toestand aangetref.”

Die vrou is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, waar sy later weens haar beserings beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.