Vrou sterf in Limpopo tydens seekoei-aanval

Argieffoto (Foto: rmferreira, Pixabay)

Argieffoto (Foto: rmferreira, Pixabay)

ʼn Vrou van Zimbabwe is dood en ʼn tweede ernstig beseer toe ʼn seekoei hulle in ʼn rivier naby Tzaneen in Limpopo aangeval het.

“Een vrou, ongeveer 50 jaar oud, is dood, en haar vriendin, ʼn 57-jarige vrou, ʼn plaaslike inwoner, is ernstig beseer,” het Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vroue was besig om vis te vang in die Nwanedzi-rivier naby Nkambako.

Die 57-jarige vrou is na die Letaba-hospitaal geneem.

Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie, maar die polisie het bevestig sy is oorspronklik van Zimbabwe. Ngoepe het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Ongeveer 2 900 persone sterf jaarliks weens seekoei-aanvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.