Vrou sterf in motorfietsongeluk

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

ʼn Vrou is dood en ʼn man ernstig beseer in ʼn motorfietsongeluk Vrydag in Randfontein, wes van Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 11:00 in Homesteadlaan plaasgevind.

“Die man het beheer oor die motorfiets verloor en dit het die pad verlaat. By paramedici se aankoms op die toneel is die motorfiets op die grasperk in die middelmannetjie van die laan aangetref. ʼn Man en ʼn vrou het ʼn paar meter verder van die motorfiets af gelê,” het Meiring gesê.

Meiring het gesê die vrou het verskeie beserings gehad en was reeds dood. “Die man het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel en deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

Die ouderdomme van die man en vrou is nie dadelik bekend nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chris Ws ·

Wat van ‘n hond dalk wat weggehardloop het daarna Koos?Ek het self motorfietsgery in my jong dae en moes baie male uitswenk om ‘n hond te mis wat voor my ingehardloop het.Gelukkig het ek NOOIT vinnig gery in ‘n dorpsgebied nie juis agv honde wat los loop.Dan moes ek ook baie koes vir motoriste wat jou “nie sien nie”.Ek ken daai storie goed ,die dat ek vinnig van my motorfiets ontslae geraak het.Jy het weinig kans op oorlewing op so ding as jy moet uitswaai vir iemand en jy’s “haastig” .My broer het ‘n motorfiets besigheid gehad en sy mechanic en sy vrou is albei opslag dood op een deur iemand wat voor hulle ingedraai het in ‘n kar.My simpatie aan die oorledene se naasbestaandes en mag die man vinnig herstel.

Leeutjie ·

Ek woon in Pretoria naby die N1. As ek n motorfiets hoor begin ek al bid vir die persoon daarop. Hulle draai letterlik die krane oop!!!

Spike ·

So hartseer om te lees dat n persoon in n ongeluk gesterf het, en al waaroor mense kan praat is oor hoe motorfietse jaag. Ai mense, bly dan eerder weg of stil van die forums. Sterkte aan die mense se families en geliefdes, ek hoop die man herstel volkome.

TS ·

Mens mag praat as iets jou pla Spike. Is dit nie juis die doel van forums nie. Ongelukkig speel spoed baie keer ń groot rol by voertuig ongelukke.

Spike ·

In die geval pla motorfietse julle? Was jy daar gewees om te oordeel wat gebeur het? Die artikel gaan oor n vrou wat haar lewe verloor het, wat pla julle in die geval?

Nee wat! ·

Hou verby. ‘n Motorfiets se sondak is te groot. Jy val te maklik daardeur. Gee my liewer 4 wiele en ‘n staal kajuit.

“A motorcyclist who traveled 15 miles every day for a year, had an astonishing 1 in 860 chance of dying — 29 times the risk for automobiles and light trucks.””

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.