Vrou sterf in ongeluk buite Potch

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is dood toe haar motor teen ʼn tenkwa gebots het op die N12 buite Potchefstroom.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die botsing het Maandag sowat 20 km buite Potchefstroom plaasgevind. Volgens Bodasing het die vrou se motor onder die vragmotor vasgesit.

Die vrou was in die motor vasgekeer en haar liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Paramedici kon niks vir haar doen en sy op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die vragmotor is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir behandeling vir skok.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.