Vrou sterf in ongeluk op pad na skool

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

ʼn Vrou is Woensdagoggend dood toe die motor waarin sy drie kinders na ʼn skool in KwaZulu-Natal geneem het, in ʼn ongeluk betrokke was.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die ongeluk in die Albert Falls-omgewing, noord van Pietermaritzburg, plaasgevind.

“Die vrou, in haar 40’s, het beheer oor die motor verloor. Dit het van die R33-pad af geswenk en verskeie kere teen ʼn steilte afgerol,” het Bodasing gesê. Die motor het op sy dak tot stilstand gekom.

“Twee seuns en ʼn meisie, tussen sewe en 12 jaar oud, het matige beserings opgedoen. Die vrou is in ʼn kritieke toestand naby die motor aangetref. Paramedici het onverpoosd probeer om haar te stabiliseer, maar sy is op die toneel dood.”

Die kinders is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vra maar net ·

Het die vrou ooit ‘n wettige rybewys? Sy moes al sekrelik verskeie keer dire pad gery?
Vas die voertuig ib ‘n goeie toestand? Dan verstaan ek nie hoe kan daar so maklik beheer verloor word nie!!!!

Derik Dreyer ·

‘n Ongeluk kan gebeur al het jy ‘n rybewys. Al bestuur jy die pad elke dag van jou lewe en al is jou voertuig padvaardig.

Se maar net ·

Ja, my voertuig was padwaardig, eintlik nuut.
Ja, ek het ‘n geldige lisensie, al vir die afgelope 20 jaar.
Ja, ek ry die pad ELKE dag, al vir die afgelope 15 jaar.
Ja, ek het beheer verloor agv diesel in die pad en nat weerstoestande.
Kar is afgeskryf en NIKS van die bg kon help om die ongeluk te verhoed nie, ek is net dankbaar die kar het nie gerol nie (dit was vrek naby) en dat my kinders ok was.
Hoop dit beantwoord jou vrae.

Susan ·

‘Vra maar net’, jy of familie en vriende van jou was seker nog nooit in ‘n ongeluk nie. Kon ‘n band dalk gebars het of kon sy uitgeswaai het vir een of ander voorwerp of dier in die pad?
Jou kommentaar is ongevraagd terwyl daar nog geen feite beskikbaar is nie.
Jou volgende vraag gaan waarskynlik wees wat die ‘name’ van die oorledenes is, want dit gaan jou dan moontlik nog ‘n geleentheid bied om jou swak oordeel uit te beeld.
Geen wonder jy gebruik ‘n dkuilnssm nie.
Kan ons nie hierdie medium liewer beter gebruik as om snert kwyt te raak nie.
Kort voor lank gaan die opsie om kommentaar op hierdie berigte te lewer, soos met ander mediums onlangs in die media bespreek, ook weggeneem word.

Johann ·

Vanaand is ‘n pa en twee jong kinders in rou gedompel. Tragies dat hierdie dinge gebeur, al weet ons dat dit deel van die lewe is. Sterkte aan julle.

Chris W ·

“Vra maar net” wys sy onkunde deeglik!Hoe maklik is dit met kinders in die voertuig wat dalk mekaar klap of die seuntjie trek die dogtertjie se ponie stert of iets en die vrou kyk vinnig om om hulle te keer en sy ry met een wiel van die pad af,skrik en pluk die stuurwiel net net te hard en daar het jy ‘n ongeluk.Baie maklik.”Vra maar net” het seker nie eers ‘n voertuig nie.
My innige meegevoel met die familie van die oorledene.Mag ons Vader hulle dra deur hierdie tyd van rou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.