Vrou sterf in Potch-botsing

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en verskeie mense beseer, nadat ʼn sportnutsvoertuig en ʼn bakkie Sondag naby Potchefstroom in Noordwes reg van voor gebots het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die N12 sowat 18 km buite die dorp plaasgevind.

“Ná die botsing het die sportnutsvoertuig in die pad tot stilstand gekom en die bakkie aan die kant van die pad,” het Bodasing gesê. “Twee mense wat in die sportnutsvoertuig was, is ongedeerd. ʼn Vrou wat ʼn passasier in die bakkie was, was reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel.”

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Nooddienste op die toneel. Foto: ER24

Bodasing het gesê die bestuurder van die bakkie het kritieke beserings opgedoen en is met ʼn helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Drie mense wat ook passasiers in die bakkie was, het geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en met ambulanse na die hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lulu ·

Weereens ‘n dubbel versperrings lyn. Ai mense, dink tog voor julle sulke onnodige besluite neem.

DPJ ·

Alweer ‘n kop en kop botsing. Nee wat kan die bestuurders nie wat tot ‘n veilige plek om verby te gaan nie?

Hennie ·

Ek moes al menigte kere my bande laat skree van rem omdat n swaar-, ligtevragvoertuig, sportnutsmotor, taxi of een of ander hoëklas motor op n sperstreep, blinde draai of heuwel verbysteek. Dit is so onregverdig; onskuldige, bedagsame motoriste wat daagliks hul lewens verloor omdat een of ander idioot te haastig vir sy IK is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.