Vrou sterf in Pta-plaasaanval

(Argieffoto: Maroela Media)

’n Egpaar en ’n bejaarde vrou is Sondagaand tydens ’n plaasaanval in die Grootvlei-omgewing noord van Pretoria oorval en erg aangerand. ʼn 44-jarige vrou is in die aanval doodgeskiet en haar man ernstig beseer.

Die egpaar is bekendes in die gemeenskap en besit ’n winkel, vulstasie en drankwinkel in die Grootvlei-omgewing tussen Pyramid en Hammanskraal.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, sê ’n onbekende aantal mans het Sondagaand omstreeks 21:30 die egpaar buite hul plaashuis oorval.

“Die man en vrou was besig om na hul huis van hul winkel, wat teenaan hul plaashuis is, te loop. Hulle is toe by die agterdeur van die winkel deur die aanvallers oorval,” sê Müller.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê die vrou is deur die aanvallers doodgeskiet.

Die man is geskop en geslaan en het ernstige kopbeserings opgedoen. Müller sê die aanvallers het met die man se selfoon op die vlug geslaan.

Die man is tans in die hospitaal waar hy mediese behandeling ontvang. Müller sê die man is in skok.

Die man se bejaarde ma was tydens die aanval in die huis. Cameron en Müller sê sy is glo nie tydens die voorval beseer nie.

“Hierdie is die vierde plaasaanval in die afgelope 72 uur,” sê Cameron.

’n Familielid van die egpaar het aan Maroela Media gesê dit is die tweede keer dat ʼn lid van dié familie op hul plaas aangeval is.

Cameron en Müller sê hulle het geen verdere inligting oor die voorval nie en die polisie ondersoek nog die saak. Niemand is tot dusver in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het Maandagoggend ’n navraag aan kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, gestuur maar het nog geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pieter ·

Net n selfoon. Hmm laat jou dink. Alles deel van Anc en Eff se ondergrondse idees om Mense op grond te Verskrik en weg jaag. Is oorlog die.

Fedup ·

This is getting out of hand and the racist anc circus just love it.

DieKriek ·

Ek dink in hierdie stadium dat niks wat Onse Prez sê ernstig opgeneem gaan word nie. Hy het homself al te veel in die voet geskiet en is nou absoluut n nar in die mense se oë.

Willem ·

Hierdie mense gaan nou net uit om te moor en te wys hul kom weg daarmee

Anton ·

Die plaas aanvalle moet hernoem word na terroriste aanvalle of tereur plaas aaval.
Want dit is wat dit is

Magda ·

Maroela – ASB TERRORISTE AANVALLE – NIE meer Plaas aanvalle nie – TERRORISTE AANVALLE

Herpiet ·

Georganiseerde geweldsmisdaad. Kom in groepe van 4 of self 15. Die haat en wreedheid spreek vanself. CR sal jy niks van hoor nie want dit is in teenstelling met sy grondgryp planne.

Louis ·

Ek stem saam….hierdie is georganiseerde aanvalle. Ons blankes sal iets moet doen want dit kan nie so aangaan nie. Ek loop nie meer sonder my pistool rond nie.

Michael ·

En skiet jy hul vrek dan word jy aangekla vir moord en gaan tronk toe vir n lang tyd maar word die gevang wat n blanke persoon op n plaas aangeval het,word die beskuldige n klap op die hand gegee en na 24 uur vrygelaat indien nie vroeër nie.

johanf ·

“Hierdie is die vierde plaasaanval in die afgelope 72 uur,”
Ek is sprakeloos, geen woorde, hoekom word ons boere so maklik oorval, ek lees amper nooit van ń mislukte plaasaanval nie, of waar hulle terug skiet nie, en die oor net ń selfoon….. Begin lyk of die aanvallers opgelei is….. em op ń missie is……
Simpatie aan die families.
Hartseer…..

Werner ·

As jy vir die boere se hulle moet opleiding kry of met hulle wapens loop noem hulle jou paranoies en hulle wil nou nie heeldag daaraan herhinder word nie, soos daar verlede week vir my gese was. O ja en ek is ook as n baie negatiewe persoon uitgekryt net omdat ek gese het ons sal ons paraatheid moet opskerp .Dan wonder ons hoekom ons so sleg twede kom

Scalla ·

Onaanvaarbaar, is die regering blind, hoekom word niks gese nie?

Adam Adriaan ·

As die ANC en by name die sg president nie die aanvalle veroordeel en iets daarom doen nie kan ek nie anders oordeel; dat hulle nog steeds ‘n teroriste organisasie is; wat iets wil omverwerp!!!!

JohanR ·

Hello ANC are you beginning to see a pattern here, or can you tiny 30 percenter brains not join the dots!

Vonkprop ·

Mag ons ‘n #FarmersMatter veldtog begin of gaan dit weereens rassisties wees?

Rodger17 ·

Blankes,kom asb laat ons mobiliseer teen hierdie anc terroriste!Of is die blankes weer bang hulle moet hul geldjie deel met ander?Of wil hulle dit deel mwt die people?

Hoekom ·

Hy lag vir elke een waarvan hy tehore kom. Dit is ongelukkig die waarheid…

christo ·

Hierdie is net nog ‘n geval waar die diefstal of gewapende roof nie die motief nie is nie maar die sistematiese uitwissing van boere. Is dit die werk van die ANC en EFF om boere van hulle plase te verdryf? Is daar ‘n derde mag wat deur NI hanteer word?
Waar het mens gesien dat ‘n politieke party ‘n gewapende vleuel het? Die ANC is nog steeds ‘n organisasie en nie ‘n politieke party nie en MK bestaan nog steeds. Wat het geword van die integrasie van die nie-statutêre magte in die SANW? Sal die ANC dit duld as byvoorbeeld die FV+ ‘n gewapende vleuel het wat oorlog verklaar teen plaasmoordenaars? Sekerlik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.