ʼn Vrou, vermoedelik in haar 40’s, is Sondag in ʼn rotsstorting op Tafelberg in die Kampsbaai-omgewing in die Wes-Kaap dood.
Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die voorval, wat Sondag net voor 12:00 plaasgevind het, het na bewering op ʼn Tafelberg-roete plaasgevind wat tydelik gesluit was.
Siddall sê die vrou is op slag dood en is deur plaaslike reddingsdienste op die toneel dood verklaar. Nog ʼn man, wie se ouderdom nie bekend is nie, is per helikopter na ʼn hospitaal geneem nadat hy matige beserings in die rotsstorting opgedoen het.
Sy sê twee vroue, ook in hul 40’s, het geringe beserings opgedoen, maar wou nie na die hospitaal vervoer word nie.
Meer inligting rondom die voorval is nie bekend nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
Nou vir wat gaan foeter mense in op ‘n staproete wat tydelik GESLUIT WAS? Dit is mos moeilikheidsoek daardie!