Vrou sterf in tieraanval: ‘Sy het haar lewe aan dié diere gewy’

Vivienne McKenzie by 'n tier. Foto: Facebook

Vivienne McKenzie by ‘n tier. Foto: Facebook

Die vrou wat die naweek deur ʼn tier doodgebyt is in ʼn reservaat naby Philippolis in die Vrystaat, het die afgelope dekade haar lewe daaraan gewy om dié diere te beskerm.

Vivienne McKenzie is Saterdagoggend in die Laohu Valley-reservaat deur ʼn vyf jaar oue tiermannetjie doodgebyt. Heinrich Funck, bestuurder van die reservaat, het nie die presiese besonderhede rondom die aanval bekend gemaak nie, maar wel gesê die voorval het tydens ʼn roetineproses plaasgevind en dat die plaaslike owerhede sowel as die reservaat ondersoek instel.

Die tier genaamd Beta moes van kant gemaak word tydens die voorval. Hy is in Julie 2011 in die reservaat gebore.

Funck het gesê die personeel van die reservaat, asook die personeel van Save China’s Tigers en die China Tiger Project is platgeslaan deur die dood van McKenzie. Sy was die toesighouer van die tiere.

Vivienne McKenzie. Foto: Facebook

Vivienne McKenzie. Foto: Facebook

“Vivienne het die laaste tien jaar van haar lewe gewy aan die sorg en beskerming van bedreigde Suid-Chinese tiere. Sy was die toesighouer van die tiere in die reservaat wat in 2002 gestig is as ʼn sentrum vir die teling van die kritiek bedreigde Suid-Chinese tier.” McKenzie is in Zimbabwe gebore en het in KwaZulu-Natal grootgeword. Volgens Funck het McKenzie haar werk beskryf as ʼn “droom wat bewaarheid is”.

“Ons innige meegevoel aan haar familie en vriende met hul tragiese verlies. Ek en die ander personeellede is in skok en ons rou oor die vrou wat haar werk met passie, ywer, humor en vreugde aangepak het. Ons kan nie ons werk sonder haar voorstel nie en sal haar altyd onthou vir die belangrike rol wat sy gespeel het in die bewaring van die bedreigde tiere,” het Funck gesê.

Die Laohu Valley-reservaat is nie oop vir die publiek nie aangesien die tiere gerehabiliteer word sodat hulle eendag weer in beskermde bewaringsgebiede in China vrygelaat kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

eugene ·

baie hartseer
n Tier en n Luiperd bly lewensgevaarlik, meer as ander katte

Gideon ·

Hoekom die tier doodmaak??? Ek glo dit was nalatigheid!! Gaan mens nou die mamba doodmaak omdat hy in die dieretuin iemand pik? Dit is ‘n tier se manier!

Pieter ·

Gideon, Ek lees in die berig dat die tier “van kant gemaak is tydens die voorval” oftewel geskiet is gedurende die aanval, tien teen een in ‘n poging om die vrou se lewe te red.
Maar net soos die mamba moet mens nie te mak raak en probeer om hom met die hand te hanteer nie. Gevaarlik bly gevaarlik.

Francis Linstrom ·

Innige simpatie met naasbestaandes. Hoop haar dood het ander wildbewaarders laat onthou dat niemand enige dier, selfs jou huishond se aksies kan voorspel nie.

Johann ·

Roetiene gebeurtenis? Daar bestaan nie iets soos n mak wilde dier nie. Maak.nie saak hoe MAK die mensdom homself ag tussen hulle nie! Hartseer wat kon voorkom word…asook die dood van n dier wat sy instink gevolg het.

scorpio ·

Ek voel baie jammer vir die vrou en haar familie maar waarom moet die diere altyd doodgemaak word? Dit is n wilde dier en hy het sy instinkte!

Andre ·

Ek stem saam scorpio. Ek is baie lief vir diere. Mens moet altyd onthou hulle bly wilde diere, al dink mens hulle is soortvan mak.

Jeanine ·

Snaaks hoe mense nie eder net kan stil bly as om ‘n ou vrot boodskap te skryf nie.
Mag daai hond jou onverwags aan die boud byt, sodat amal vir jou kan sê is jou skuld jy was nie versigtig genoeg nie.
Dink aan die familie.
?

Gelukkig ·

Jy kan op Vivienne se gesig sien, sy was gelukkig en ek dink as sy vandag hier kon staan en na die storie kyk, sal sy sê, ek is gelukkig, dit is my lewe wat ek gekies het en ek weet die gevaar, ek sou dalk net die klein hel eerder vasgevat het. Ek is dankbaar vir mense soos sy, dit gaan vir ons nageslagte nogsteeds toegang tot die diere gee, die ondersoek sal bepaal wat verkeerd gegaan het, iets moes hom geaktiveer het en gewoonlik ken hierdie mense die diere goed en weet, maar as iemand daar verby gegaan het wat nie daar hoort nie, kan sy niks maak as sy reeds binne is, as daar dalk ‘n wyfie op hitte – iets wat mens in toekoms kan verhoed, vir Vivienne is dit te laat, maar ons fokus moet op haar lewe en droom wees, sy was gelukkig en dit is ‘n great werk!!!!!!! Dit is meer as wat baie mense in die land kan sê, hul wil sit en niks doen, niks oorkom en baie ontvang, raak maar soos ‘n Vivienne! I celebrate your life girl!!!!

Lenice ·

Ek voel jammer vir die vrou en haar familie, maar hoekom moes die tier nou van kant gemaak word??? Dit bly ‘n wildedier en dus moes so ‘n aanval voorspel gewees het, ek verstaan nie die mensdom nie.

Anneke ·

Ons as familie is deur dieselfde trauma en wil net Vivienne se familie baie sterkte toewens.

Nico K ·

Gelukkig. dit was ‘n baie mooi boodskap van jou. Ek dink jy is reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.