ʼn Vrou op ʼn bromponie is Woensdagaand dood in ʼn tref-en-trap-ongeluk in Richardsbaai, KwaZulu-Natal.
Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die vrou omstreeks 20:20 in Anglers Rodweg gery toe sy deur ʼn voertuig getref is wat van die toneel weggery het.
“Die vrou se liggaam het in die pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy was reeds dood,” het Botha gesê.
Die polisie ondersoek die saak.
Volgens ooggetuies was dit nie ‘n tref en trap nie, die bestuurder van die taxi het stilgehou en is na die plaaslike polisie statasie geneem vir verdere ondervraging. Haar seun was op die ongelukstoneel en het bevestig dat die taxi daar was.
Groete
Daleen