Vrou sterf in trok-ongeluk

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Vrou is Dinsdagmiddag in Durban dood en ʼn man ernstig beseer nadat ‘n vragmotor hul voertuig getref het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 14:30 op die hoek van Argyle- en Stangerstraat plaasgevind.

“Volgens ooggetuies het die vragmotor die voertuig teen die kant getref en ʼn paar meter ver gestoot,” het Botha gesê.

Die vrou was in ʼn kritieke toestand. Sy was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word, terwyl paramedici haar in die wrak behandel het. Die man is buite die voertuig aangetref waar paramedici hom gestabiliseer, en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem het.

“Paramedici het tevergeefs probeer om die vrou se lewe te red. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.