Vrou sterf, man beseer tydens aanval by hul huis in Kaapstad

(Grafika: Google Maps)

ʼn 66-jarige vrou is dood en ʼn 72-jarige man is in ʼn kritieke toestand toe aanvallers Saterdagoggend vroeg op hul huis in Marina da Gama in Muizenberg in Kaapstad toegeslaan het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 04:33 by die toneel opgedaag saam met Kaapstad-nooddienste. Die liggaam van ʼn vrou is in die kombuis aangetref. “Sy het meswonde aan haar kop en rug opgedoen en het geen teken van lewe getoon nie. Sy is op die toneel dood verklaar.”

Die man het buite langs die huis gelê. Hy het ʼn skietwond in sy maag opgedoen. “Hy was in ʼn kritieke toestand en is na ʼn privaat hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Campbell bygevoeg.

Polisiebeamptes was op die toneel en stel verder ondersoek in.

*Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. -Red 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Byekonfyt

Afgryslike nuus. Sterkte aan die naasbestaandes.

Termiet

Lafaards om ou mense te teiken!

FM

En so gaan dit aan en aan.

Die moordenaars weet hulle kom weg met moord

Geen wet sal dit verander voordat daar ‘n paar teregstellings was nie

Piet

Afgryslik,, Hoe’t hulle verby sekuriteit gekom lyk dan soos ñ estate?,,,

Hercules

die moorde word dan deur Bheki Cele, die EFF en ‘n groot aantal SAPD lede goedgekeur deur hand om die lyf in ‘n hofsaal te sit terwyl EFF ondersteuners sing “kill the boer, kill the farmer” en nie ‘n enkele een word arresteer nie… maar nog ‘n boer word arresteer – dit is huigelary en terrorisme in eerste rat… def of a Hypocrite: “a hypocrite try to manipulate the truth, conceal an embarrassment, or compensate for a weak line of reasoning; hypocrites know the real truth, but they’re afraid that revealing it may have negative consequences — so they mislead;… Lees meer »