Vrou sterf, man en baba kritiek ná kar rol

Foto: Verskaf

‘n Ongeluk op die N2-snelweg tussen Winklespruit en Doonside het die lewe van ‘n vrou geëis. Foto: Verskaf

ʼn Vrou is Donderdag dood en ʼn man en ʼn baba is in ʼn kritieke toestand nadat die motor waarin hulle gery het op die N2-snelweg tussen Winklespruit en Doonside in KwaZulu-Natal gerol het.

“Dit is in hierdie stadium nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die polisie ondersoek die saak,” het Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

“Die drie pasiënte is ʼn paar meter van die motor se wrak af gevind. Al drie het kritieke beserings opgedoen.”

Paramedici het tevergeefs probeer om die vrou se lewe te red, en sy is op die toneel dood verklaar. Die man en baba is na die Prince Mshiyeni-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.