Vrou sterf, man erg beseer toe trok omslaan

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en ʼn man ernstig beseer nadat die vragmotor waarin hulle gereis het Saterdagoggend op die N3 buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal omgeslaan het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die berugte Apples-draai op die afdraande Town Hill-gedeelte van die N3 gebeur. “Die houer wat hulle vervoer het, was skynbaar oor die aankomende snelweg geslinger,” sê Campbell.

ER24-paramedici het omstreeks 06:35 op die toneel aangekom. “Hulle het die bestuurder van die vragmotor gevind waar hy by die windskerm uitgehang het, terwyl die passasier in die wrak vasgekeer was. Die vrou het geen tekens van lewe meer getoon nie en sy is op die toneel dood verklaar,” sê Campbell.

Die man is op die toneel behandel voordat hy na Mediclinic Pietermaritzburg gehaas is.

Volgens Campbell is die vrou glo 30 jaar oud en die man vermoedelik 42 jaar oud.

Die toneel is deur die polisie en verkeersbeamptes afgesper terwyl hulle die ongeluk ondersoek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Wonder ek of die eienaar(s) van die trok bewus was van die vrou in die voertuig !!!

Delia ·

Dalk was die man die eienaar v/d trok en sy vrou saam met hom?

Cherokee ·

Tussen die lyne gelees is dit interessant dat Frikkie Geldenhuys nie kans gesien het om Delia te antwoord nie.

Neels ·

Daardie stop daar bo by Townholl is met n doel daar so ook die terug skakel na n laer rat. Die sandput is ook met n doel daar maar as al die reels geignoreer word is daar ernstige gevolge vir n drywer en sy trok. Min van hulle maak dit tot onder ongeskonde al is die drywer hoe ervare

Werner ·

As ek sien hoe jaag die trokke deesdae in die dorp, en hoe hulle stop strate ignoreer, dan sidder ek, en ek weet dat al hoe meer gru ongelukke deur trokke veroorsaak gaan word. Juis nou die dag gesien hoe ‘n trok maklik 90 – 100 km/h by my verby geseil kom in ‘n 60 zone, end die ergste was daar het ‘n verkeers voertuig agter my gery en net mooi niks daaraan gedoen nie. Toe ek na die verkeersbeampte in sy voertuig kyk om sy reaksie te probeer bespeur, sou ek toe sien hy is op sy selfoon doenig. Kyk beswaarlik op die pad. En die beste was toe ons by die volgende stop straat kom, toe verkies die beampte ook om dit te ignoreer. Mense, al wat ek kan sê is, wees uiters versigtig op die paaie deesdae. Daar is basies geen verkeer beheer oor nie, en die paaie ly maar baie sleg , veral op sekere plekke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.