Vrou sterf ná 50 steekwonde

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrou, in haar laat 30’s, is Saterdagaand in Bryanston in Gauteng ongeveer 50 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek.

“ʼn Vrou en haar kind het in Peter Place-rylaan gery toe die kind die slagoffer by die ingang van ʼn kantoorpark sien lê het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.

Die motoris het nooddienste ontbied en paramedici was binne enkele minute op die toneel, omdat ER24 se Johannesburg-Noord-stasie in dieselfde straat geleë is. “Die beseerde vrou het skaars reageer en het gesukkel om asem te haal,” het Vermaak bygevoeg. “Hulle het haar dadelik met ʼn ambulans na die MediClinic Sandton geneem vir verdere behandeling.”

Kaptein Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het Sondag aan Maroela Media bevestig die vrou het, ondanks paramedici se pogings, by die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Volgens Vermaak het paramedici ongeveer 50 steekwonde getel.

Mofokeng sê die vrou se identiteit is nog nie bekend nie. Die polisie stel verdere ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.