Vrou sterf ná aanval op Sundra-kleinhoewe

Cathy Van Coppenhagen. Foto: Facebook

Cathy Van Coppenhagen. Foto: Facebook

Die vrou wat Vrydagaand tydens ʼn huisroof op ʼn kleinhoewe in die plaasdorpie, Sundra, in Mpumalanga in ʼn hondehok van haar aanvallers moes wegkruip nadat sy geskiet is, is oorlede.

Derek Bester, voorsitter van die plaaslike buurtwag, die Sundra Rietkol Bulldogs, het aan Maroela Media bevestig Cathy Van Coppenhagen is Woensdag in die hospitaal dood. “Ons is maar ʼn klein gemeenskap, wat almal baie na aan mekaar is en daarom is die nuus ʼn baie groot skok vir almal. Dit is vir ons erg dat so iets hier by ons moet gebeur,” het Bester gesê.

Maroela Media het vroeër berig twee gewapende mans het Van Coppenhagen en haar man die aand op die kleinhoewe oorval en aangehou. Die aanvallers het die egpaar buite die huis ingewag toe hulle hul honde wou gaan uitlaat. Cathy is in die tuin in die bolyf geskiet en daar gelos, waarna die rowers haar man in die huis in gedwing en op waardevolle items aangedring het.

Cathy het daarna ʼn paar meter ver in die modder gekruip om skuiling te soek. Haar man is aangerand voordat die verdagtes op vlug geslaan het. Toe die buurtwag en die polisie omstreeks middernag na die kleinhoewe ontbied is, het hulle Cathy in ʼn ernstige toestand in die hondehok gevind waar sy geskuil het.

Haar dogter, Samantha Willemse, wou nie met die media praat nie. Van Coppenhagen is die ouma van klein Caylum Willemse, die tien maande oue babaseuntjie wat met ʼn seldsame defek gebore is. Hy het vroeër vanjaar harte aangegryp toe genoeg geld vir hom ingesamel is om spesiale behandeling oorsee te ontvang.

Dit is nie duidelik of enigiemand al in hegtenis geneem is in verband met die aanval nie. Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Skokkend ·

Waar is Mmusi nou en die DA en die EFF en almal wat buite die hof van die doodskismanne gestaan en skreeu het en wittes sleggemaak het en gedreig het met die dood? Waar is julle nou? Wie het hierdie vrou vermoor? Gaan hulle ook nou die RAS van die moordenaars bekend maak op die WIT vrou? Sy is in die bolyf geskiet vir niks nie. Die doodskis man is nie dood nie, maar maak opslae .. WAT het van ons land geword?

RC ·

In hierdie artikel verwys hulle na twee mans, wil hulle wegsteek dat dit swart mans is? Hierdie nuus is net op Maroela en nooit op News 24 nie want dit word weggesteek. Hoekom word daar nie ‘n bohasi gemaak van elke persoon wat asngeval en vermoir word nie. Gaan hierdie nuus na die buiteland of nie? Die mense daar moet ook weet wat hier aangaan. Die groot bohaai oor die twee wit mans het seker al die wêreld bereik en nou lyk dit of die wit mense hierdie wrede mense is., maar intussen is dit net die teenoorgestelde. Malema kan dreig maar hulle is in elk geval al lankal besig om ons uit te roei, daar word net niks gesê nie. Dit is natuurlik ook ons eie skuld, ons bly ook net stil. Hulle sou al lankal ‘n groot bohaai opgeskop het en die strate vol geloop het met plakate. Ons buurtwag in al ons areas moet mense oplei om hierdie aanvalle te verhoed. Mense moet gereed wees vir hulle. Ons moet weet hoe om ons self te verdedig en hoe om akkuraat te skiet, vernaamlik die ouer mense wat so weerloos is.

Carien ·

Ek stem. Ek stem nie saam dat die kis episode reg is nie. Maar is die uitmoor van mense nie baie baie erger nie? Is daar nie iets wat gedoen kan word nie? Dit kan mos nie so aangaan nie. Ons moet mos ons mense beskerm, of hul blank nie-blank is maak nie saak nie. Ons het ‘n ingryping nodig.

Cherokee ·

Nie ‘Mmusi’ nie maar bloot Maimane. Dit is skokkend dat julle almal op hul voorname wil bespreek asof hulle jul vriende is. Hy is net Maimane en is saam met die res van die DA en hul kiesers geen vriend van die witman.

JC ·

Ja nee, maar 2 ouens wat ‘n swarte in ‘n kis sit met duidelik geen bedoeling van regte uitvoering nie word gekruisig tot in die hel!!! Ons moet onsself afvra wat fout is met ons, ons oordrewe politiese korrektheid en selfontkenning. Ons verskaf tans die tou vir ons eie galg.
Die arme tannie wat jare lank bygedra het tot ons vaderland word wreed vermoor…en wie se wat???? The sick, politically correct and ghastly social media line is being towed but when one of our own beloved (ons geliefde, van ons land Suid-Afrika) is murdered not a word is said. What has become of the Afrikaner?? There is ostensibly no reason for us not to unite and stand together to fight this purge against our nation. It would help a lot if in the first place the necessary recognition are afforded to events like these, seeing as when one always tries to be PC and keep on avoiding this ISSUE it would only continue unabated and before we as Afrikaners know it, we’ll be wiped from the face of our beautiful land. What stands in our way??????????really…just answer me this question.

Sonette ·

Dis hartseer wat van ons land geword het. Hoeveel mense moet nog vermoor word voor iemand daadwerklik ingryp?
Hier gaan dit oor haatspraak deur EFF en ander wat haat opwek en mense aanhits om dinge te doen wat hulle andersins nie sou doen nie. Wat het van wet en orde geword?
Nog iets is, dat mense nogsteeds nie besef dat jy slegs deur harde werk, respek vir ander en ‘n goeie gesindheid iewers in die lewe kom nie. Die lewe is nie maklik nie en nie een blanke persoon waarvan ek weet het iets bereik sonder om te werk daarvoor nie.
Waar le die oplossing?

Johannes ·

Maroela, stuur asb hierdie berig (en alle toekomstige berigte oor aanvalle op blankes en boere) aan die BBC. Ek sal graag wil sien of hulle net so groot bohaai daaroor maak as die “doodskis” storie.

Johan Oberholzer ·

Ek is aan geval 2005 en 7 keer ook op sundra en deur grenade gespaar. Bly nou n klien gooi v daar af en het n waken en bull terriers aan geskaf. Ek voel jou bure moet ondersoek in stel as n shoot klap naby jou in die aand. Ek sou

Asjas ·

Ek kan nie wag vir die DA-Leier se volgende Twiet nie, dit gaan uiters interessante leesstof maak!

Sharon ·

Wat is Musi se e-mail adres. Dan kan ons al die berigte aan hom stuur.
Sommer ook aan die ANC en die EFF.

varkie ·

Sharon ek hou van die manier hoe jy dink waar gaan ons hul email adresse kry

Veronica ·

Na die twiet is ek verseker nie van plan om weer DA te stem nie. Die leier se eie mense sal altyd belangriker wees as n witmens.

Cherokee ·

Jy het reeds vir regstellende aksie en vir grondhervorming gestem saam met een van die vyande van Afrikaans. Bly nou maar daar by die DA.

Nici ·

Nóg n aanval, Nóg ñ moord, Nóg ñ statistiek… geen bohaai soos gister se skares op Middelburg ….hoekom???? Want sy is wit… ñ wit lewe in Suid-Afrika is niks werd terwyl met gister se oproer is niemand eers dood nie … en kyk die drama ….REGVERDIGHEID vir die blanke BESTAAN NIE!!!!!

Linda ·

Aiii Samantha, so sorry to hear the news of your Mom. Be strong for Caylum’s sake. My regards to you and your family.

Sarie ·

Ja!!! Èk was netso naief soos Piet Retief om Mmusi te vertrou…

Asjas ·

Presies hoe ek gevoel het, ek is seker die mes sit nog in my rug!

Britsie30 ·

Gee die mense van hierdie land die reg terug om hulself te verdedig as niemand anders dit dan gaan doen nie. Daar is te veel wette eat die skelms beskerm. Dis omdat jy as slag offer eers moet wag om te kyk of hy jou hand wil kom skud of dalk jou ‘kleinhuisie’ gebruik voordat jy jouself mag verdedig. Gee hulle meer as genoeg tyd om vreeslik kreatief te raak.! Verander die wet sodat ons, ons self kan verdedig !!

Jacobus ·

Hoop mense het nou n les geleer ivm die DA en ou moesie in sy posisie wees nie…

Santjie stoof ·

1 onbesonne optrede van die Blankes af en ….
Derduisende moorddadige, gemene, vieslike optredes teen ons van hulle af en …. stilte!!!
Baie, baie teleurgesteld.
Maar nou ja waar is VF Plus of Solidariteit of Afriforum. Mense stilbly is NIE DIE ANTWOORD NIE.
Baklei soos Piet Retief. Jul is mos ons leiers nie waar nie…
Gee leiding, ons sal jul back-up.

Susan ·

Ek dink Afriforum en Solidariteit doen baie vir ons land. As dit nie vir hulle was nie, weet ek nie wie sou vir ons baklei nie. Ek is ook hoogs teleurgesteld in die DA.

Smirre ·

Maroela Media – Kan julle nie dalk vir ons maar in al die berigte van nou af se watse ras die aanvallers was nie. Aangesien dit gedoen kan word vir die Middelburg storie? Dis nie net 2 mans nie – dis seker swart mans wat wit mense aangeval het…

Ben Prinsloo ·

Mooi gestel Sarie en Johann. Jy kan nie denkwyses van rasse verander nie. Hoe gouer die witman dit besef hoe beter. Die meeste van die witman van vandag is al deur n oorlog. Alhoewel dit n laaste opsie is begin dit al meer na 1 te lyk.

Marius Liebenberg ·

Ek stem ook saam met Sarie en Johann. Die toekoms van Suid Afrika lê ongelukkig in die uitkoms van ‘n oorlog. Ek wil net graag weet waar is die sanksietoepassingslande van jare gelede nou. Mag julle almal ‘n bespotlike president kry om julle lande te ruineer. (Of ‘n Siriër)

Lizanda ·

Kom ons geagte DA leier wat se jou twiet nou??? Ek kan jou se wat myne se ek is moeg vir hierdie korrupte land, en Ja, oor jou wonder ek al lankal… nou weet ek ook.

sdp ·

Ja nee, niks sal nou gese word nie. O, ek soek steeds die ‘cable ties wat om die hande was, maar ons keer vir n vale, nou hoe nou

Magda ·

Ekt n nuwe nie-winsgewende besigheid begin- ek maak en gee doodskiste weg..

gizellemeyer ·

Eers die seldsame siekte met caylum en nou dit regtig mense ons kan nie stilbly nie my familie is op sundra gelee ekt daar groot geword en as kind kon ek in die strate speel hoeveel wittes moet nog sterf voor die land regkom eks tebang om my kids eers in die straat telaat loop saam my ek weet nooit wat gaan gebeur nie ons moet ons land terugneem vir ons nageslagte

olie ·

Kan ons almal wat nou die moed kry ‘n dag en datum . Dan loop of ry ons opgevoed tot by die parlement en noem aan hulle ,geen tax meer word betaal en moet ook niks meer van ons verwag van opgevoede burgers van die land nie. Die rede daar word niks meer vir ons gedoen nie. Kersfees is op die hande en dan raak dit net erger en die verkeersmanne staan langs die paaie om ons vakansies te bederf, maar hulle trek nie die taxi af nie. Regtig ek is moedeloos vir onmenslikheid. Jammer vir die dood soooooooo kwaad, kan baie sê maar die Here ken my hart

ouma ·

Nee Olie, …. Die taxi’s word in stringe afgekeer. Ek ry op die hoofweë en tussen ander plekke in Johannesburg. Mens kan nou al sien hoe hard die verkeersbeampates werk om die ou taxi’s en ander ou onpadwaardige voertuie van die pad af te kry. Alles in ‘n poging om te prober om onpadwaardige voertuie van die paaie af te hou vir die Kerstyd.

Yster74 ·

Waar is die geagte politieke partye en leiers nou. Waar is julle???? Waar is julle twiets en plakkate. Waar

Kotie ·

Die 3de moord op ons klein dorpie in 3 maande….. Ons harte is stukkend. Innige simpatie vir die familie en vriende, weereens so onnodig :)

Sonja ·

Ek is nou al so moeg vir al die plaasmoorde en politieke situasie wat soos tydbom tik. Ons “lag” en “braai” bolangs en onderlangs leef ons in vrees agter diefwering en alarms.Hulle wis die blanke een vir een uit, sodat dit nie raakgesien moet word en te groot opslae in die buiteland moet maak nie. Daar bestaan nie iets soos regverdigheid vir hulle nie. Alles is nou gesentreer om hulself en om hul wraaklus te bevredig. Dis ‘n algehele tendens regdeur Afrika. Die skrif is aan die muur vir die blanke in Suid-Afrika: Hierdie is ons tweede Bloedrivier. Ons hoef nie in ‘n laer te staan om saam te bid en vir God te vra om ons te help soos op 16 Desember 1838 nie. Ons kan vandag die media gebruik en dis nou die tyd. Ek erken dat ek afgedwaal het en vergeet het van die gelofte wat my voorvaders by Bloedrivier daai dag geneem het en dat 16 Desember net nog ‘n dag geword en ek pleit vir die Here se vergifnis en vra vir Sy genade nie net vir my nie maar vir ons hele Boerevolk en bid vandag presies dieselfde gebed wat my voorvaders gebid het. Want ek weet vandag in my hart dat dit SLEGS Hy is wat ons kan red. “Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van die oorwinning aan Hom te gee.” Amen

Sonja ·

Jammer ek moes die berig “kaap” om my standpunt te stel. My innige simpatie aan die familie. Mag die Here julle onderskraag en bystaan gedurende hierdie tyd.

Heleen ·

Ons moet maar net seker maak ons sit hierdie berigte oral op sosiale media

Asjas ·

Ek stem vir dit wat jy noem, optog soos hierbo genoem en ons moet dit vir DA stuur tot hul Twitter Accounts crash!!

varkie ·

DA vlieg in jou hel in julle is een van hulle en ek het soveel hoop gehad saam julle en nou is daar net n ashoop

to ·

Waars al daai klomp groot bekke nou wat komentaar oor daai twee wit kinders so baie negatiewe goed gese het en al die da stemmers is stil want julle is gekul

Maddox ·

Wil ek ook weet. Vir die afgelope 3 dae hou Maroela vol met artikels oor die kis storie, en elkeen het meer as 100 kommentare gehad vannaf blankes. Nou wil ek weet, nou dat die slagoffer wit is waar is daai wittes nou met hulle kommentare, en gaan Maroela hierdie tragedie ook vir ten minste 3 dae as hoof artikels hou?…. wel ek gaan nie my asem ophou nie, want die “slagoffer” is nie van die regte vel skakeuring nie. So eenvpoudig soos dit.

Joe ·

Dit gaan nie oor stil of nie, ons as blankes is te min om ooit weer ‘n verkiesing hier te wen, maar ons stemme het die ANC uit die groot stede gehelp lig as alleen oorheersers. Jou stem was vir hulle!

JC ·

Wel, ons Afrikaners stem VRYHEIDSFRONT in 2019.
“FINISH EN KLAAR”. Ek het reeds so gedoen in 2016!!

Alida ·

Ek is seker Mnr Maimane het niks bedoel nie. Ja ok gooi my nou met klippe! Hy is n geleerde opgevoede en beskaafde persoon en agter alles is sy skoonfamilie almal blank. Dink tog voor julle hom kruisig.

Maddox ·

Wel dan moet hy nie sulke kwetsende fotos oplaai op sosiaale media nie, so ek dink hy is die een wat moet dink , moet nie die fout soek hier by die komentators nie, of het jy ook ‘n skuldige gewete?

Ex-DA ·

Vir ‘n goed opgevoede, geleerde, beskaafde man met wit familie moes hy van beter geweet het!! Mense in sy posisie moet dink voordat hulle iets doen of se. In sy oomblik van swakheid het hy sy ware gevoelens teenoor wit mense te kenne gegee.

Johannes ·

Ag hel Alida! Dis blankes soos jy wat ons in die eertse plek in hierdie totale gemors gekry het. Hou tog aan glo aan die reënboog nasie twak.

GJ de C K ·

Alida: my pa en oupa en skoonpa ens – dít is hoe ‘n beskaafde man lyk.

M'Lady ·

Goed net 47 kommentare op hierdie berig. Waar is diegene wat die twee wit mans tot in die hel gekruisig het? Daar was 160 kommentare op daardie berig. Nou is hulle tjoepstil.

popeye ·

Ek stel voor…almal op Facebook, almal op Twitter gaan nou Viral. As jy mense oorsee het stuur aan! Stel net jou punt duidelik oor hoekom jy wil hê mense moet hiervan weet. Verwys na die beraamde wetgewing teen rassisme wat eenogig is. Verwys na die EFF, verwys na plaasmoorde, verwys na die media wat stilbly, verwys na die feit dat blankes vir demokrasie gestem het as versoening, dit nie by ons afgeneem nie! Verwys na BEE.

miv ·

Sonder om veel verder te dink, wys Maimane dat die ander kant glad nie onskuldig is nie.

Lance ·

En wat se die DA oor dit ….ja nee NIKS nie ….PATETIES ! Dalk tyd om pics en video materiaal oor sulke gevalle in die media of op die net lostelaat dat mens die barbaarsheid en haat van sekere mense in SA kan sien

bekommerd ·

Nee wat, die tyd is verby. Ons sal nou iets hieraan MOET doen. Ons het GEEN leier nie en dit kan nie meer nie.

PMB ·

Die volks moord van witmense moet nou einde kry!!! Waar is daai ongeskoolde EFF leier nou met sy groot mond en ons ere DA leier. Almal n klomp slap gatte en se niks oor die moord nie. Man as jy ( EFF en DA) jou mond wil uitwas oor rasse sake, wees dan ten minste konsekwent en doen dit met alle gevalle!!!

E ·

Die eerste wat my opval toe ek die foto sien is die mooi pop oë. Tannie Cathy was en is nogsteeds ń pragtige vrou.

Mnr. en kinders. Die Here sien julle trane en smart en ons almal is al so boos en ons almal begin om wrokke in ons harte teenoor hierdie boosdoenners te dra. Ek weet God se dag van afrekening sal wel vir hul kom.

Die Heer het ń baie mooi blommetjie kom pluk. Hy weet hoekom en ons sal eendag weet. Mag Jesus jul toevou in sy liefde en mag jul troos vind in die wete dat jul eendag weer in daardie pragtige oë sal kyk.

Tali ·

Ek het hierdie berig en foto op die Daily Mail van Engeland se webnuus gelees nog voor dit hier verskyn het. Dit was eensydig berig, als ten gunste van die meerderheid en het ons *rassistiese* blanke bevolking doelbewus besonder sleg maak lyk. Aangesien Maroelamedia ook in die nuusbesigheid is, kan julle die Daily Mail nie asb. voorsien van so paar berigte soos die een hierbo waaroor ons daagliks lees nie? Daag hulle uit om die teenkant ook te publiseer!

wilma ·

Rassisme? Nee. Die EFF leier en aanhangers dink dis die regte ding wat gebeur het. Wil net vi Malema se as jy te sleg is om te werk sal jy nix he nie. Dieselfde geld vir wittes wat te sleg is

Foxi ·

Sien almal nou die bitterheid? Word daar nou iets aan die saak gedoen……? Nee……net nog n dooie muskiet bloedkol op n stukkie papier. My innige simpatie aan die familie.

Melanie ·

Maak nou maar nie saak of dit die reference party, of die hele spul opposisiepartye is nie; almal is net bek en niks binnegoed. Intussen kripeer die landsburgers, ongeag ras, onder misdaad, korrupsie en armoede – wat daagliks vererger. Waar gaan dit eindig, indien ooit?! My innige simpatie aan die slagoffer se familie.

Gousblom ·

Stem saam Melanie. Ja, my innige simpatie aan haar gesin en familie. Ons het nie trooswoorde vir daardie ‘groot eina’ nie. Ons dink aan julle in ons gebede. Net God kan ons troos.

Melanie ·

Jammer! Lees asb ‘reference’ as ‘regerende’ in my boodskap.

seun ·

Wel dit gaan nie ophou tensy almal ophou statements , drygemente en grootpraat orals plaas , en eintlik niks doen aam die saak nie, n verwysing na die 2 manne en die kus storie , hulle wil nie uitkom op bail nie want hulle vrees vir hulle lewe , meen kyk net na die betoogings buite die hof daai dag. En ons huil en moun omdat die wat ons uitmoor vinnig op bail uitkom maar sit agter ons rekenaars? Ek is n trotse boer , maar skrikwekkend hoe ons net kan praat maar nie doen nie, tensy ons werklik leer om saamtestaan , sal dit nie ophou nie , ons as boere maak ons vyande teen ons self deur nie saam te staan nie en boonop nog easy targets want its all talk and nou walk.

Gousblom ·

Seun, ek stem 110% saam met jou. daar is ‘n groot verskil tussen ‘kis’ en ‘kus’. AS die twee wittes hom maar liewer ‘gekus’ het, en nie ‘gekis’ het nie, was daar verseker GEEN, Geen probleem nie. (chuckle)

Lucinda ·

Tegnies gesproke.. is die vrou (net soosbdie man van die “sogenaamde” kis episode) OOK in die hondehok gedwing, om te ontsnap van want sys OOK vir haar lewe gevrees… want sys GESKIET… die swart man ini kis is NIE beseer nie, maar sy is well…met ander woorde sys baie erger getraumatieseer as wat die man ini kis was!! Maar wie sal nou ‘n ophef maak van NOG n wit lewe wat beiendig is deer swartes… Dit haal nie die nuus nie.. NEE!! Maar n swart man wat Nog lewe en nie eers beseer is nie… word dagliks geplaas sosiale media en selfs die 7uur nuus in die aande!! Hoe werk dit?

Willie ·

2 wit manne druk n swart man in n kus wat hul grond betree,swart man leef.
N vrou se perseel word betree deur swart mans skiet haar sy kruip in n
honde hok weg.Suid Afrika is besmet ,siek land.

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

Vergelyk appels met appels. Die DA en enigiemand anders wat die doodkis-storie veroordeel het het mos nou nêrens genoem hierdie tipe ding word goedgekeur nie! Die twee het niks met mekaar te doen nie, behalwe dat ALTWEE VERKEERD is! Ai mense hou tog by die storie en in plaas van die ou ewige DA/plaasmoord et al klippe te gooi, dink voor jul post. Natuurlik is hierdie verkeerd. Nes die doodskis storie. Moenie dat jul emosies alewig maak dat jul ondeurdagte kommentaar lewer nie!

Fanie Erasmus ·

Sal ook graag wil weet of die ras bekend gemaak sal word en ook so uitgedruk sal word soos toe nuus op Radio Jakaranda gelees was waar Diane dit so duidelik uitgedruk het ” 2 WIT mans wat `n SWART man in `n kis gedruk het”. Dit maak my siek en sat hierdie alewige dubbele standaarde nie net van die politiek nie maar hierdie media van ons.

HET GEWEET# vetplantjie ·

Gelukkig is ek soos hulle dit noem n “draadsitter”.Ek het vir geen party gestem nie en het geweet die DA gaan almal in die rugsteek.My God belowe in Sy Woord Hy haal af wie Hy wil en sit op wie Hy wil.Hy sal als uitsorteer.Jmr en my innige simpatie met die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.