Vrou sterf ná bakkie haar tref

Foto: Verskaf.

ʼn Vrou, vermoedelik in haar 20’s, is Vrydagaand op die R42-Barrageweg by Vanderbijlpark doodgery.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê ʼn bakkie het haar getref. “Paramedici het die vrou aan die kant van die pad aangetref. Die bakkie wat haar getref het, het ʼn ent weg gestaan,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring het sy veelvuldige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.

“Die vrou is behandel vir haar beserings en vervoer na die Sebokeng- provinsiale hospitaal vir verdere mediese behandeling,” het Meiring gesê.

Meiring het gesê die vrou se toestand het op pad hospitaal toe versleg. “Die vrou het na ʼn kort rukkie in die hospitaal aan haar beserings beswyk.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danie ·

Nog iemand dood omdat omdat basiese verkeersreël heel waarskynlik nie nagekom is nie. Dit geld beide vir die voertuig bestuurder en die voetganger. E’k is van mening dat die voetganger hier skuldig is.

Wanneer gaan mense leer om nie net blindelings oor die pad te hardloop nie. Ek verstaan dat daardie stuk pad (veral gedeeltes daarvan) berug juis juis as gevolg daarvan.

Enigste raad is: Wag totdat die voertuig verby is voordat jy die pad kruis. Nog beter. Gaan oor die pad waar daar voorsiening daarvoor gemaak is. Dit sal heel moontlik jou lewe verlang.

Bekommerd ·

Ja ek ondervind dit ook dat voetgangers paaie kruis/oorsteek sonder om te kyk waar motors is. Ek kry die idee dat voetgangers geen reels ken nie en motors moet om hulle ry. Voetoorgange word net nie meer gebruik nie. Ons moet begin om die kindertjies op laerskool al bewus te maak van padreels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.