Vrou sterf ná Dullstroom-plaasaanval

life-midmed-hospitaalSue Howarth, die vrou wat die naweek saam met haar man in ʼn plaasaanval gemartel en toe langs ʼn pad afgelaai en vir dood agtergelaat is, is oorlede.

Claire Taylor het aan Maroela Media gesê Howarth is Dinsdagoggend in die Life Midmed-hospitaal in Middelburg oorlede. “Ons is nog hier by Robert [Lynn] in die hospitaal.”

Maroela Media het vroeër berig die egpaar [Sue en Robert] is Sondagoggend omstreeks 02:00 oorval. Taylor en haar man woon ook op die plaas March Land, ongeveer 10 minute buite Dullstroom, waar die aanval plaasgevind het.

David Spohr, Belfast se AfriForum-takvoorsitter, het vroeër gesê die egpare is albei in hul 60’s en oorspronklik van die Verenigde Koninkryk. “Hulle woon al minstens 30 jaar lank in Suid-Afrika. Hulle het nie kinders nie.”

Volgens Spohr het Sue vermoedelik wakker geword, want sy was nie in die kamer toe Robert wakker geword het nie. “Die aanvallers het geld geëis en toe Robert vir hulle sê daar is moontlik geld in ʼn ander vertrek, was Sue reeds erg aangerand in daardie vertrek.”

Spohr het gesê die aanvallers het met die egpaar weggery in hul Nissan Hi-Rider-bakkie. “Hulle het Robert geblinddoek in die bos afgelaai. Hy kon eers toe die son opkom homself loswikkel en na die pad stap, waar hy Sue langs die pad aangetref het.”

Volgens Spohr het motors verby die beseerde egpaar gery, maar nie stilgehou nie. ʼn Verbyganger het uiteindelik in Belfast hulp ontbied. “Personeel van ʼn veiligheidsmaatskappy het hulle na die toneel gehaas en die egpaar gevind. ʼn Plastieksak was om Sue se nek gebind en sy het begin versmoor. Robert was getraumatiseer en het waarskynlik nie besef Sue sukkel om asem te haal nie. Die veiligheidsbeampte het dadelik die sak losgesny en Sue het weer begin asemhaal. Hulle is in ʼn ambulans na die Belfast-hospitaal geneem voordat hulle na die Life MidMed-hospitaal oorgeplaas is.”

Robert het verskeie steekwonde in sy rug en bene en is vermoedelik ook met ʼn blaasvlam gebrand. Die Middelburg Observer het intussen berig Robert en Sue is albei ook tydens die aanval geskiet.

Volgens Spohr is die egpaar se skootrekenaars nie gesteel nie en ʼn goue borsspeld en ring was steeds langs die bad.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Spohr het gesê Robert was ʼn ingenieur by Eskom en hy dink Sue het by ʼn beleggingsmaatskappy gewerk voordat hulle afgetree en na Dullstroom verhuis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

AL ·

Sy is definitief aan skok en trauma oorlede! Arme vrou! Sterkte aan die familie, hoop hierdie nuus haal die Verenigde Koninkryk!

Dane ·

En dan moet ons glo die geleerde mense en ondersoekspanne wil dit alles toeskryf aan ROOF. Siestog julle moet regtig dink ons almal is ongeskoold. RIV pragtige vrou, dit is ontsettend wat met jou gebeur het. Hoe hierdie wrede moordenaars met hierdie goed wegkom is vir my net te veel. Die politici en MRK spandeer veel meer aandag aan FB en Twitter inskrywings as aan wrede moorde op onskuldige bejaardes. Plastieksak bind om iemand se nek is mos om iemand te beroof ne, so ook die verbranding met ‘n blaasvlam … ?? Sterkte aan die familie en vriende. En die persone wat by die BESEERDES verby gery het, ek hoop daar is ook niemand vir julle in julle nood nie. Jammer maar dit is onvergeeflik dat julle by twee bebloede beseerde mense verbyry.

Christa ·

Is die Boere dan REG as hulle vreemdes op hulle plase skiet???

Jack Russl ·

Ja nee, die hoofdoen is roof en is nie polities gedryf nie, dis nou volgens die geleerdes.

Dan verstaan ek nie hoekom hulle 2 skootrekenaars en ‘n goue borsspeld en ring los nie

Dereck Le Roux ·

“Kenners” ingeligtes en geleerdes skop vas aan die misdaad roof teorie maar kom ons kyk wat se die HAT woordeboek in verband met ‘n terroris. Voorstander of ‘n deelnemer aan ‘n skrikbewind sonder dat daar ‘n konvensionele oorlog aan die gang is, onverwags toeslaan, meestal op niksvermoedende lede van die burgerlike bevolking. En dit is hierdie tipe moord en doodslag, vrees en wanorde wat die sogenaamde kenners van weet maar die liefs vir die publiek verswyg terwille van hul.salarisse en die normale of gewone misdaad teorie.

Hendrik ·

geleerdes kan maar sê wat hulle wil om watter rede ookal. ons “dommes” is nie so dom om te sien dis n koue oorlog van terrorste om wittes te verdryf, hul grond te vat en rasisme. ongelukkig word die geleerdes se stemme eerste gehoor. tot wanneer weet ek nie. nog stemme wat gehoor word is van vandale en dansende klipgooiers.

Ek ·

Waarom word daar so groot gewag gemaak van die man wat perongeluk swarte in mielieland skiet, waar is geregtigheid nou as dit by plaasmoorde kom. Toe ANC en Jeugliga

cynthia ·

Help ons Vader om te waak teen haat. So sinnelose aanval.

lilla B ·

Cynthia dalk moet ons wel ‘n knippie haat by ons daaglikse brood voeg sodat daardie woede aan ons elkeen die wil gee om terug te veg teen die sataniese euwel wat besig is om ons uit te wis.

Flooi ·

My hart is so seer!! Wat gaan aan en wat gaan van ons word!!? Ons bly ook op ‘n plaas ouers loop afstand van ons en elke dag wonder jy en bid dat so iets nie oor jou pad sal kom nie! Ons het drie kinders hoe beskerm mens hulle teen dit? Die ding is mens kan hoe reg wees hulle bly die mense onkant betrap wanneer jy op jou weerlooste is!! Boere sorg vir kos op tafels en gee aan baie mense werk, wat gaan gebeur as die Boer uitgesterf het wat besig is om te gebeur!! Ek wens mens kan terugveg maar ons is met harte en siele aan mekaar gesit nie te martel en te Moor nie!!

w ·

Dereck dankie. Jy praat sin. Flooi vergeet bietji van jy moet menslik wees. Rowers voel nix. Dra jou vuurwapen aan jou ma skiet om dood te skiet. Gan vi skietlesse. Dis of jy of die rowers

celia ·

Wat n wrede dood het sy gesterf. Haar arme man! Innige medelye.En julle wat verby haar gery het en nie gestop het nie? Watse wereld is hierdie?

Asjas ·

So paar jaar terug het wit mense, ‘n swanger vrou en haar man, ‘n paartjie vermoor wat vir hulle gestop het. As my man wn seun by was sou ek stop maar alleen en ongewapen? Hoop die nuus haal die buiteland en hoe erg dit hier gaan dat mense nie eers kan stop en help nie.

Piet ·

Dis maar net nog ‘n tragiese verhaal van weerlose mense wat net in vrede wou aftree, maar vir wie dit nie beskore was nie. Net weer dieselfde kommentaar waaraan ek kan dink, wat in elk geval nie die werklike trauma kan beskryf nie. Ook weer die afwesigheid van ander skrywers, wat ‘n berg van ‘n molshoop maak wanneer ‘n blanke persoon oortree het. Die vraag wat ek vra is, sal die blanke wakker skik voor hy oor die afgrond gestoot word of nie? As ek na die ander kolonies kyk wat op ‘n tyd soveel belofte ingehou het, dan is my vraag retories.

jack ·

alweer Belfast. ons het mos met die De Becker seun se moord waar twintig swart mense betrokke was en op Kameez opgeneem was, geleer sapd in Belfast tree nie op as blankes vermoor word nie. het die oumense ook n kar gesteel ? want dan sal hulle dit JUSTIFIABLE MOB JUSTICE noem en die saak toemaak.

Rosie ·

Gaan lees n. bietjie op mobserver.co.za. Al die info is nie in hierdie berig deurgegee nie. Die man is met n blaasvlam gemartel. Die vrou is nie gevind met n plastieksal OM haar nek nie, maar wel met n sak wat BINNE IN haar keel afgedruk is sodat sy moet versmoor! Beide harar borste is vel af soos hulle haar gesleep het op die klippe en grond….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.