Vrou sterf ná Dullstroom-plaasaanval

life-midmed-hospitaalSue Howarth, die vrou wat die naweek saam met haar man in ʼn plaasaanval gemartel en toe langs ʼn pad afgelaai en vir dood agtergelaat is, is oorlede.

Claire Taylor het aan Maroela Media gesê Howarth is Dinsdagoggend in die Life Midmed-hospitaal in Middelburg oorlede. “Ons is nog hier by Robert [Lynn] in die hospitaal.”

Maroela Media het vroeër berig die egpaar [Sue en Robert] is Sondagoggend omstreeks 02:00 oorval. Taylor en haar man woon ook op die plaas March Land, ongeveer 10 minute buite Dullstroom, waar die aanval plaasgevind het.

David Spohr, Belfast se AfriForum-takvoorsitter, het vroeër gesê die egpare is albei in hul 60’s en oorspronklik van die Verenigde Koninkryk. “Hulle woon al minstens 30 jaar lank in Suid-Afrika. Hulle het nie kinders nie.”

Volgens Spohr het Sue vermoedelik wakker geword, want sy was nie in die kamer toe Robert wakker geword het nie. “Die aanvallers het geld geëis en toe Robert vir hulle sê daar is moontlik geld in ʼn ander vertrek, was Sue reeds erg aangerand in daardie vertrek.”

Spohr het gesê die aanvallers het met die egpaar weggery in hul Nissan Hi-Rider-bakkie. “Hulle het Robert geblinddoek in die bos afgelaai. Hy kon eers toe die son opkom homself loswikkel en na die pad stap, waar hy Sue langs die pad aangetref het.”

Volgens Spohr het motors verby die beseerde egpaar gery, maar nie stilgehou nie. ʼn Verbyganger het uiteindelik in Belfast hulp ontbied. “Personeel van ʼn veiligheidsmaatskappy het hulle na die toneel gehaas en die egpaar gevind. ʼn Plastieksak was om Sue se nek gebind en sy het begin versmoor. Robert was getraumatiseer en het waarskynlik nie besef Sue sukkel om asem te haal nie. Die veiligheidsbeampte het dadelik die sak losgesny en Sue het weer begin asemhaal. Hulle is in ʼn ambulans na die Belfast-hospitaal geneem voordat hulle na die Life MidMed-hospitaal oorgeplaas is.”

Robert het verskeie steekwonde in sy rug en bene en is vermoedelik ook met ʼn blaasvlam gebrand. Die Middelburg Observer het intussen berig Robert en Sue is albei ook tydens die aanval geskiet.

Volgens Spohr is die egpaar se skootrekenaars nie gesteel nie en ʼn goue borsspeld en ring was steeds langs die bad.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Spohr het gesê Robert was ʼn ingenieur by Eskom en hy dink Sue het by ʼn beleggingsmaatskappy gewerk voordat hulle afgetree en na Dullstroom verhuis het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
AL

Sy is definitief aan skok en trauma oorlede! Arme vrou! Sterkte aan die familie, hoop hierdie nuus haal die Verenigde Koninkryk!

Dane

En dan moet ons glo die geleerde mense en ondersoekspanne wil dit alles toeskryf aan ROOF. Siestog julle moet regtig dink ons almal is ongeskoold. RIV pragtige vrou, dit is ontsettend wat met jou gebeur het. Hoe hierdie wrede moordenaars met hierdie goed wegkom is vir my net te veel. Die politici en MRK spandeer veel meer aandag aan FB en Twitter inskrywings as aan wrede moorde op onskuldige bejaardes. Plastieksak bind om iemand se nek is mos om iemand te beroof ne, so ook die verbranding met ‘n blaasvlam … ?? Sterkte aan die familie en vriende. En die… Lees meer »

Dereck Le Roux

“Kenners” ingeligtes en geleerdes skop vas aan die misdaad roof teorie maar kom ons kyk wat se die HAT woordeboek in verband met ‘n terroris. Voorstander of ‘n deelnemer aan ‘n skrikbewind sonder dat daar ‘n konvensionele oorlog aan die gang is, onverwags toeslaan, meestal op niksvermoedende lede van die burgerlike bevolking. En dit is hierdie tipe moord en doodslag, vrees en wanorde wat die sogenaamde kenners van weet maar die liefs vir die publiek verswyg terwille van hul.salarisse en die normale of gewone misdaad teorie.

Ek

Waarom word daar so groot gewag gemaak van die man wat perongeluk swarte in mielieland skiet, waar is geregtigheid nou as dit by plaasmoorde kom. Toe ANC en Jeugliga

cynthia

Help ons Vader om te waak teen haat. So sinnelose aanval.