Vrou sterf ná gooi van klip deur motorruit

Pieter en Irene Myburgh. Foto: Verskaf

Pieter en Irene Myburgh. Foto: Verskaf

Irene Myburgh (43), ʼn ma van twee, is dood nadat sy deur ‘n klip getref is wat deur ‘n ruit van die motor waarin sy ‘n passasier was, gegooi is.

Irene en haar man, Pieter (42), het omstreeks 20:00 Dinsdagaand van hul huis in Rustenburg na Pretoria gery aangesien Irene die volgende dag ʼn operasie by Unitas-hospitaal in Centurion moes ondergaan.

Hans Myburgh, Irene se swaer, het aan Maroela Media gesê sy broer en skoonsuster het op die R24 tussen Rustenburg en Magaliesburg gery waarna hulle die Pelindaba-pad na Pretoria-Wes gevat het. “Hulle is verby die eerste tolhek waarna daar ʼn reusebrug oor die pad is. Hulle het onderdeur die brug gery toe die klip aan Irene se kant deur die voorruit is. Die klip het haar onder haar ken teen die keel getref en sy is op slag dood.”

'n Foto van die motor

‘n Foto van die motor

Volgens Myburgh het sy broer aanvanklik gedink hy het teen iets vasgery voor hy Irene langs hom sien lê het. Pieter het na die volgende tolhek gejaag. “’n Motor het agter hulle stilgehou en die insittendes het aan Pieter gesê hulle het gesien wat gebeur het. Hulle het saam met hom na die Pretoria-Wes-hospitaal gejaag. Pieter het Irene mond-tot-mond-asemhaling gegee en in die ry probeer bybring. Sy is by die hospitaal dood verklaar.”

Myburgh het gesê sy broer en Irene was skoolliefdes. “Ons het die aand nog saam geëet en haar sterkte toegewens vir die operasie voor ons totsiens gesê het. My broer en die twee kinders vat dit baie hard. Pieter en Irene het ʼn fantastiese liefde gehad en dis net weg. Dis hartverskeurend. Irene se ma se hart is gebreek.”

Die klip wat deur die ruit gegooi is

Die klip wat deur die ruit gegooi is

Pieter en Irene se dogter is tans besig met haar matriekeindeksamen terwyl hulle 12-jarige seun Vrydag Afrikaans moet skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Hester Wilken ·

Ek is dankbaar dat Ek vir n ruk saam jou kom werk Irene, jy is n regte sonstraal in die lewe gewees, nou skitter jy in die Hemel zonder enige pyn. Sterkte Pieter en kids

Gerhard ·

Hulle moet hierdie ding vang en vir my gee. Hy sal daai klip happie vir happie op eet

Paul ·

Die moordenaar sal nie gevang word nie. Wat nogal opvallend is, is dat net na so afgryslike moord op ons mense is daar baie keer iewers ‘n taxi in ‘n ongeluk met vele dooies. Die blinde sambok wat dalk werk???

dries venter ·

Jammer vir julle verlies , HOOP die vuilgoed wat verantwoordelik is word gevang , berus in die wete dat Irene nou aan JESUS se voete sit !

frikkie botes ·

hoe lank nog moet ons hierdie verduur voor ons gaan ophou nonsens praat en opstaan

boer ·

Danie Bruwer: , As ons net meer van jou gehad het,sou dit goed gewees het,
en ek hoop daar is nog n paar duisend Afrikaners en blankes wat so voel oor on situasie in hierdie land van ons.
Elke dag word ons volk gemartel en vermoor. Ek stem saam met jou, dis al wat ons uit hierdie gemors sal kry, en natuurlik die genade van ons Hemelse Vader

sandra ·

My innige simpatie met Irene se familie. Jy is nou by die Jesus.

Barendes Groenewald ·

Mag julle deur die moeilike tyd deur Jesus gedra word.Onthou Hy sal by julle wees en hou Vas aan sy liefde en genade.Bid v julle al ken ons mekaar nie,maar is familie in Jesus se naam

anet ·

Pieter,Familie en vriende, my hart is seer saam met julle en so jammer vir julle in hierdie tyd van rou en hartseer.

My hart reik uit na julle. Ek dra julle op in my gebede. Die vyande daar buite is genadeloos, het geen harte nie, net een doel voor oe, en dit is om te vernieting wat mooi en kosbaar is vir ons

Ruan ·

,n Persoon wat so iets doen, gee wat my aanbetref sy eie reg op lewe vrywillig af, dis so eenvoudig soos dit. Hierdie tipe van boosheid gaan ongelukkig in die laaste dae toeneem

martie ·

Afgryslik!!!!!! Daar is nie ‘n leier in die land nie en ook geen wette nie en daarom sal die moorde en geweld aanhou. Ek dink ons moet ‘n gebedsdag uitroep waar ons christene weer aan God se voete sit en Hom ons leier maak sodat Hy ons saak veg. Ons sal veg vir jou Suid-Afrika want my God is Almagtig. My hart gaan uit na die gebroke familie, dit moes ‘n geweldige slag en skok gewees het.

Stefanie Du Preez ·

Dit is hard verskeurend ons is net nerens meer veilig nie. Wat gaan gebeur met die mense wat haar dood veroorsaak het? My innige meegevoel met die gesin en famillie. Al wat ‘n mens kan sêis ons bid vir julle en dra in ons gebede. Dit sal party dae goed gaan en ander dae baie swaer. Onthou die Here is groot en Almagtig.

Elizabeth ·

Dis baie sleg. BAIE! Ek hoop dat die mense wat agter hul gery het dalk genoegsame getuienis het dat die verantwoordelikes opgespoor kan word! Ek voel ook bitter jammer vir die kinders wat nou midde-in eksamens is – dit gaan hul beslis raak en ek bid hul baie sterkte toe. Die wat die vrou geken het en moontlik na die begrafnis gaan moet asseblief aan die familie maar veral aan die kinders oordra dat baie mense vir hul bid en dat hul moet sterk staan en as gedagtenis aan hul ma hul bes moet doen.

Susan van Landeghem ·

Dit is so tragies. Op geen pad is jy meer veilig nie. Kyk hoe ry die bestuuders met hulle taxis wat passasiers vervoer. Hulle gee nie eens om vir die insittendes nie, hoekom sal hulle nou omgee vir jou op die pad. dieselfde voorbeeld word na hulle kinders oorgedra.
Geen respek word meer getoon. Gelukkig weet ons grote God van elke oomblik deur elke persoon. hoe opreg en hoe oneerlik jou gedrag ook al is. Wat jy saai sal jy maai.
Weet ook dat Jesus met elkeen van hierdie agter blywende familie van Irene sal bystaan en ondersteun met Sy Groot onbeskryflike liefde.

Carl ·

Susan,
Sonder om die familie se verlies te kleineer, Irene is ‘n ma by ons laerskool. Dit is lankal nie meer net taxi’s wat so ry nie. Dis ons eie mense, bakkies, 4×4 en klein karretjies almal. Sodra ons dit kan begin erken sal ons oppad wees na ‘n beter land.

Sollie ·

Jip Carl, daar is die bewys van die onderwyseres wat gesleep is deur ‘n motoris en in ‘n erge toestand in die hospitaal is – dit was ‘n witman!

Leeutjie ·

Hierdie tipe ding het al voorheen gebeur dat hulle voorwerpe afgooi. Ons moet seker van nou af altyd opkyk voor ons onder deur ‘n brug ry, want die stuikrowers is oral! Hierdie gesin is deur ‘n swaap se doen en late grusaam uitmekaar geruk, voor Kersfees en ten tye van eksamens! Ai, sterkte vir hierdie pragtige vrou se naasbestaandes.

Elizabeth ·

Ou Leeu – nou kan ek maar nie help om te glimlag vir jou “struikrowers” nie. Ja, hierdie is maar net vir my erg en mens VOEL vir die arme gesin.

Elsabie Van Der Merwe ·

ek kan nie meer hierdie sinnelose moorde in die land hanteer nie…. vandag is dit net te veel….. hoe laat n mens 3 matriek meisies alleen ry met vakansie kaap toe wetende dat daar geweldadige moordenaars om elke hoek en draai is?……………….

pop ·

Daai is nie n klip nie, dis n rots. Dit was bedoel om te dood, maar kon enigeen gewees het. Dis siek verby, om so iets te doen oor sommer net.

jacques ·

Nee! Sulke “skepsels” moet lewenslank met kettings om hul nek aan die land se paaie werk. Dit sal die biljoene wat die e-tol kos uitskakel, die ledigheid wat die gevangenis kans gee om bende -bende te speel soos 5 -jariges, (of selfoon selfies te neem) teenwerk en n groter afskrikmiddel wees as die huidige oorvol tronke wat soos 5 ster hotelle ge-run word..

Marisa van Staden ·

Ons kan soveel komentaar lewer op ieder en elke webwerf wat ons het daar word regtig nie veel aan enige situasie gedoen nie, ons almal het seker hierdie jaar iets of iemand soort gelyks al verloor aan die dood en soos die jaar einde se kant toe staan word die dinge daagliks erger. My skoonpa was in 11 Augustus 14 (Steve van Staden ) ontvoer sy kar wou hulle gehad het met baie vinnige reaksie het ons my skoonpa lewendig gekry hy was gemartel gesleep en gelos vir dood. My stiefsus se man Alan Roberts is in sy eie erf dood geskiet vir sy kar 30 September 14. Die hartseer van dood en die pyn wat my skoonpa sy hele mens wees nou weg gevat!!! My hart gaan uit na Pieter en sy gesin die Here sal met julle wees ons sal bid daarvoor. My vraag is net regtig hoekom is die moorde net op blankes ??? En regtig wanneer gaan dit op hou ? Ek bid vir ons land want dis al wat ek kan doen…dis hartseer.

Theuns van Schalkwyk ·

Van uit India kan mens net wat se? Dis moord maar om dat sy nie bekend genoeg is nie sal daar green belonging wees nie. Kan n mens se lewe so min werd wees . Ek is in n land waar daar n biljoen plus mens bly en ek is veiliger hier as in my eie land. My hart gaan uit na die wat naby aan haar was ons voel diep in ons harte saam met julle die seer.
Mag God met julle wees !
Groet uit India.

Theuns van Schalkwyk

Susan van der Hoven ·

Ek het Irene leer ken deur Avroy Shlain, sy was jare lank een v my konsultante en net een bol vrolikheid. Dit is so groot skok om v haar dood te hoor. Baie sterkte aan haar man en kinders.

Mari Beukes ·

Dit is verskriklik!!!!! Kan hulle nie maar die brue ook toemaak nie…sien ander is toe…wat anders kan ons in hierdie absurde tronk van n land doen!!!!!! Sal nie die vrou se lewe terugbring….maar so baie van ons ry daai pad.

Anzelle ·

Skokende nuus. Baie sterkte aan die familie. Dink aan julle. Alle liefde

dirk ·

Ons is familie van Irene. Ek skryf uit die Kaap. So n gebeurtenis wakker net al die ou gevoellens van vroeer aan. Ek stem saam – partykeer is n ander tipe straf as wat tans beskikbaar is , dalk meer effektief om hierdie barbare n les in die lewe te leer. Dit is BEWYS. Onthou jy nog die lekker pak slae wat jou Pa en Ma uit gedeel het?
Ons innige simpatie met Pieter en die familie.

Rudi ·

Praat van rassisme. As dit ‘n anderskleurige vrou was, sal die daader al vasgetrek wees. My vrou is op haar 80ste verjaardag 2010 op ‘n parkeerterrein dood gery. Die skuldige,’n anderskleurige, is tot vandag nog nie gevonnis. Ek het die man vergewe,want haat sal my net skade aandoen en sal haar tog nie terugbring nie. Maar ek vweet, die HERE sal dit regmaak.Ek wet, die Familie kry baie swaar. Maar wees verseker, die HERE sal julle krag gee om dit te verwerk. Ont hou, HY beproef julle nie bo julle kragte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.