Vrou sterf ná honde haar verskeur

Argieffoto: https://pixabay.com

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn Vrou van Pietermaritzburg is Maandagoggend dood nadat sy deur haar drie honde verskeur is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 11:00 by die vrou (32) se huis in Braithwaiteweg plaasgevind. Met die polisie en nooddienswerkers se aankoms op die toneel het hulle die vrou anderkant ʼn heining op die grond sien lê met die drie honde, twee rottweilers en ʼn boerboel, wat langs haar staan.

“Die polisie het die honde probeer wegjaag, maar kon nie daarin slaag nie en moes dus noodgedwonge twee van die honde van kant maak. Die derde hond het gevlug,” het Meiring gesê.

Paramedici het oor die heining geklim en die vrou probeer help, maar sy het reeds aan haar veelvuldige beserings beswyk.

Volgens Meiring het die drie honde aan die vrou behoort, maar dit is nie duidelik wat die aanval veroorsaak het nie. Die polisie sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

106 Kommentare

Joann ·

Ek is jammer vir die dame,maar wat het sy aan die honde gedoen???

Leser ·

Maak dit saak??? Sy is verskeur deur die honde en sy is dood. Almal weet dit is aggressiewe honde en kan nie vertrou word nie. PUNT.

Gert ·

Honde reageer soos hulle groot gemaak word. Maak hulle aggresief groot en jy het aggresiewe honde, maak hulle met baie liefde en aandag groot en jy het ‘n liefdevolle hond. PUNT.

Gert ·

Leser. Ek het ‘n bulterrier en sy is opreg. Doen bietjie jou huiswerk asb. Praat met honde afrigters ens. Ek neem aan jy het self nie ‘n hond nie agv die manier wat jy reageer.

Leser ·

Nee wat, ek mors nie tyd op “my huiswerk doen” op JOU ‘n punt te bewys nie, dankie! Dit is al oor en oor bewys…tada! Om aannames te maak is ook nie altyd baie wys nie. Al wat my Jack Russels al verskeur het is tennisballe en ‘n paar tekkies.

Jollie-Jacqueline ·

Ai Leser, jy moet rerig nie net aanmeem nie. Jy moet Cesar Millan (dog whisperer) se programme kyk en jy sal dan sien hoe verkeerd jy is.

MissDemeanor ·

Dis Boerboele en Rotweilers. Gewoonlik lieflike vriendelike brakke maar as hul kwaad word is hulle dodelik. Ek self moes steke in my bene en albei my hande kry nadat my tannie se Rotweiler my gebyt het toe ek 13 jaar oud was. Gewoonlik was daardie hond so saggeaard soos ‘n labrador, regtig ‘n liewe dier, maar daardie dag was sy gestres (sekerlik as gevolg van die rit in die kar tot by ons huis) my armband het in haar hare vasgehaak toe ek haar gestreel het… Dit was niemand se skuld nie, maar sy het my skielik as ‘n bedreiging gesien en my op die been gebyt. Sy het diep gegrom en wou my weer ‘n keer hap toe slaan ek haar bek weg (dis toe dat my hand in haar mond beland het), eers met die derde hap en nadat almal begin skreeu het het sy ook geskrik en wegghardloop. Sy wou my nie seermaak nie, dit was net haar instinktiewe gedrag. Ek kan myself net indink wat kan gebeur as mens 3 sulke honde het. Hul sal maklik in ‘n “frenzy” ingaan. Jy wil de vrou blameer daarvoor dat haar honde haar aangeval het, maar dit gebeur so maklik dat daardie tipe honde hul base doodyt. Net sos wat ‘n leeu ‘n wilde dier is, is ‘n boerboel ook ‘n wide dier. Jy weet nooit wat hom sal trigger nie.

APBT eienaar ·

Jollie, die feit dat jy ‘n Cesar Milan aanhanger is, is skrikwekkend. Miskien moet jy bietjie gaan oplees wat hy aan die honde doen. :/ Leser: as die eienaar van twee APBT, wil ek jou graag reghelp. Hulle is nie geteel om ‘human aggressive’ te wees nie (die ‘dog fighters’ moes hul kon hanteer). In seker 90% van aanvalle, word ‘n hond automaties as Pit geklassifiseer, of dit nou ‘n Staffie, APBT of een of ander ‘mix’ is. Nie lank terug was ‘n BULL TERRIER as Pit geklas na twee skootbrakkies (SONDER LEIBANDE) aangeval is. Ek dink bitter min van jul Pit haters, weet in werklikheid HOE ‘n APBT lyk. Verder, PIT is nie ‘n ras nie, maar wel ‘n hele klomp verskillende ‘Bully breeds’, maw: APBT, Staffies, Bullies ens. Almal skree ‘Pit’ sodra ‘n hond ‘n vierkantige kop het. Jy moet werklikwaar jou huiswerk gaan doen voor jy jou ‘ignorance’ aan die wereld ten toon stel. In ongeveer 20 jaar, en verskeie APBT’s, het al my kinders van doekdae saam hul grootgeword, familie se kinders ook. Nie een keer was daar enige probleem nie. Instede van al die twak in koerante op te slurp soos ‘n droë spons, ‘educate’ jouself oor die REGTE American Pit Bull Terrier. En….as iemand wat darem ‘n paar diplomas agter my naam het vir ‘Animal behaviour’, sê ek reguit vir jou, jy praat twak! Jy weet NIKS van die ras nie.

? ·

Ek het great danes….hulle is mal oor mense en kinders en self babas….MAAR….as daar bv by my n kinderpartytjie is maak ek hulle toe terwyl die partytjie aan die gang is. Ek sal nooit n ouer in die oë kan kyk AS iets ooit met n kind sou gebeur nie. Nie een van ons wat lewe kan OOIT weet wat enige dier dink nie….al glo ons ons kan. Dus…ons moet verantwoordelike eienaars wees….al is jou hond n bondel liefde….

Althea ·

Ek dink die honde het dalk ondermekaar baklei en sy wou keer en toe in die middle beland.

karen ·

Tien teen een het honde baklei en sy tussen beide getree! N boerboel en rotties kan nie saam om n werf bly nie! Wonder of die honde ooit die nodige oefening gekry het!! Tragies… Elke honde eienaar moet n kursus in sy bread gaan loop voor jy lisensie kry om so hond aan te hou!

Edward James Shawe Snr ·

Weereens is n Boerboel betrokke. Gewoontlik is Rotweilers baie vriendelik. Boerboele is gelykstaande aan Leeus. Ek reken die honde moes op hitte gewees het wat hierdie insidend veroorsaak het.

Lientjie ·

n BOERBOEL is die beste en sagste hond op hierdie aardbol, vra eerder waarmee is die boerboel gekruis. Maak my so kwaad – opreg geteelde boerboelle is baie sag en groot babas. Dis gewoonlik ‘kom vat weg’ kleintjies wat so uitdraai.

Boerboel eienaar ·

Hou asb OP om ‘n hond wat net lyk soos ‘n Boerboel ‘n Boerboel te noem!!! Dis snert dat Boerboele gelykstaande aan leeus is!!! Ons het al meer as 10 jaar nét Boerboele en nog nie met één enige gedrafsprobleme gesien nie…hulle is die mees liefdevolle honde wat daar is en gemaak om te beskerm…Boerboele moet egter onder GEEN omstandighede gebaster word met ander honde nie…my reun sal my met alles hom beskerm terwyl die teef mense “opvreet* van liefde…honde se gedrag het ALLES te doen met hoe die eienaar hulle groot maak…

Leser ·

en DIT is die rede hoekom ek en meeste mense nie boerboel of rottweilers of pitbulls sal vertrou nie!! Deur haar eie honde verskeur?! Dit gaan my verstand te bowe hoe mense nog kinders ook by die tipe honde toelaat….

Chanel ·

Leser ek stem glad nie saam met jou nie. dit is wel hoe jy jou honed groot maak. jy kan nie se daai 3 honed (Boerboel en Rotweiler en Pitbull kan nie vetrou word nie. het jy al self so hond gehad om daai opmerking te maak? Ons weet nie wat daar gebeur het nie. Wie se dalk het die honed baklei en sy het betrokke geraak.Ek ken n familie wat American Pitbull het en daai woef is so ongelooflik lief vir die dogtertjie.

Leser ·

Dit is maar oor en oor bewys…dis nie net wat ek sê nie. Wel, almal is geregtig op hul opinie en so jy ook…

Rosemary Briggs ·

Do you or have you ever owned either a boerboel, rottweiler or a pitbull? and other and “all the stories, from your best friends auntie’s daughter” when have you actually experienced how these animals behave – FIRST HAND?
I have no judgement on this very sad incident – but I certainly would like to know your real qualifications on what are classed as dangerous breeds – and the way “they all behave”.

Elmar ·

Ek self het nog geen ander honde as pitbulls best nie. Ek sal enige kleuter met ‘n geruste hart aleen los by enige van my pitbulls. Dit is jy is hoekom hulle eers na verwys was as “nanny dogs”. Ek stem, lees eerder op en doen gerus meer navorsing.

Leser ·

Elmartjie, as jy lus het vir navorsing en op lees gaan google net die tipe honde en kyk wat kom op. Baie soortgelyke berigte soos die een van die vrou en als net die tipe honde. Ekt nie lus vir op lees nie..dis maar my opinie. Maar dankie vir jou two cents.

Pit Bull ·

Nie alle honde kan oor dieselfde kam geskeer word nie. Ons het Pit Bulle van 1991 af en al drie my kinders het saam met hulle grootgeword. Koop by ‘n goeie teler is my raad en omdat ons honde eerder dink hulle is kinders as honde het ons nog nooit probleme gehad met enige van die 11 pitties nie. Ons het tans 2 awesome pitties en ek sal nooit ‘n ander tipe hond koop nie.

Leser ·

Okay…..goed……maar dit was ‘n babatjie wat niks vir hom/haarself kan doen vir verdediging nie. (ekt nie eers die link oopgemaak nie – kan sommer af lei uit die link) Jy kan nie eintlik dit vergelyk met ‘n groot vrou wat nog ‘n kans het om haarself te verdedig nie. Hierso was die ouers dalk nalatig? Who knows. Hoeveel van die berigte is daar oor rottweilers, pitbulls en boerboele in vergelyking met die enetjie oor Jack Russels? Mmmm…

Jollie-Jacqueline ·

Leser….weereens gaan kyk Cesar Millan kyk. Jy sal sien jy is verkeerd!

m ·

Sal nou nie weet wat hier gebeur het nie maar ons het boerboel en rotweiler by die huis en die 2 is die grootste maats en baie liefdevolle en is mal oor kinders so mens kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie. Ons honde kry baie liefde en baie aandag. Honde se gedrag word ook maar bepaal oor hoe hulle behandel word.

Andre ·

As die mense n bruin hond sien is dit n boerboel ?die mense moet eers mooi seker maak ek het n Afrika boerboel wat geregestreer is en syt maniere soos ons haar geleer het so moenie altyd die BOERBOELE probeer sleg maak nie doen julle huiswerk

Leser ·

Die berig sê dan duidelik boerboel, Andre. Lees weer. Pasop dat daai boerboel nie jou eendag beet kry as hy/sy ‘n af dag het of nie lus is om vir jou te luister as jy hom of haar maniere wil leer nie. Boerboele, rottweilers en pitbulls het maar geskiedenis vir aggressief wees…dis feite en ‘n hele paar mense sal saam stem.

noddy ·

Leser, Ek het al Rottweilers, FoxT’s, Jack Russels en heelparty ander honde gehad. Al hoekom die Jackies (en ek is MAL oor hulle) en Foxies nie meer in die nuus is vir hierdie tipe voorvalle nie, is omdat hulle so 7-12 kg weeg, nie 50-60 kg nie. Dis albei ook maar lekker aggresiewe rasse.

Karma ·

Ek het drie van die “gevaarlikste” soort honde op my werf: 1 x Duitse Herdershond, 1 x Rottweiler en 1 x Afrika Boerboel. Drie tewe, gesteriliseer en al drie opgelei. Al drie honde is verskriklik jaloers op my: as die een aandag kry, wil die ander ook hê. ‘n Paar hap-hap en tande-wys situasies het al ontstaan, maar omdat ek die “Alpha-dier” in die “pak” is, is één harde “NEE!” genoeg van my om hulle in hul spore te stuit. Hond bly hond, egter: onthou, ‘n hond het ander instinkte as ‘n mens. Jy kan jou hond met soveel liefde as wat jy het, grootmaak, maar as dit “ge-trigger” word deur iets, sal dit aggressief optreem byt en aanval. Dit is ongelukkig dalk so dat die honde hier betrokke baklei het en die vrou tussenbeide wou kom – en aan die kortste ent getrek het. As jy honde dan uitmekaar MOET maak, spuit hulle sopnat of vuur ‘n skoot met ‘n wapen af of trek ‘n klapper.

Takkie Takuuza ·

Almal praat met hulle harte. Karma, jys naaste aan die waarheid. Dier dink nie soos ‘n mens nie, moenie hom met een vergelyk nie. En hoekom as ‘n dier ‘n mens dood maak is dit altyd die mens se skuld op een of ander manier? Hou ek my honde aan om my te byt? Het jy al gesien hoe byt ‘n hond skielik en sonder rede wat deur ‘n mens verstaan word? Ek het. Mens verstaan hulle ook nie, maar dit maak dit nie die mens se skuld dat hulle gebyt word nie.

Willie ·

N hele paar jaar is n vrou in Escourt ook deur haar eine Rottweillers verskeur op die plaas. Mev Boshoff, sy was n oud onderwysres op Estcourt, vir my Afrikaans gegee in die 80tigs. Op hul plaas aangekom en hulle het haar verskeur, haar man kon nie by haar kom nie, toe hy eindelik after die huis buite kom. Toe beskerm hulle haar lyk. Ek het en sal nooit van Rottie hou nie… alhoewel ek baie baie lief is vir honed…

Leser ·

Dis vreeslik, Willie. Ek sal ook nooit van hulle hou nie…

Art ·

Ai Leser jy het nie ‘n clue waarvan jy praat nie….my hele lewe lank al het ek rottweilers en hulle is meer liefdevol as jou poodles,maar as jy ongenooid die erf binnekom gaan jy verjaar,maar kom saam my in dan sit jy nou-nou saam hulle en word groot pelle….

Leser ·

Het jy ‘n clue wat jy probeer sê? Die vrou was verseker nie ongenooid in haar EIE erf nie. Gaan lees maar ander mense se kommentaar oor jou geliefde saggeaarde hondjies wat so maklik kan “snap” of gaan google net pitbull of rottweiler en kyk wat kom op. Dis maar in hul natuur. Maar dankie vir jou two cents…

Jollie-Jacqueline ·

Cesar Millan…google hom net en jy sal sien, Leser.

Anneline ·

Ek het jare gelede n Rottweiler gehad, en hy het gebyt. Maar nooit een van ons of my kinders, wat kleuters, nie. Hy sou ons met sy lewe beskerm. Daarna het ek n boerboel en n rifrug gehad. Weereens kom my kinders met albei speel en self’s op hulle klim. My kinders is al volwassenes. Nou het ek n Rottweiler gekrius met n chow en n duitse herdershond. Geen skelm sal oorleef nie maar my kleinkind van 6 kan met hulle speel. Hoekom? Want my kinders is geleer om diere te respekteer. En my diere is met liefde en baie maandag groot gemaak. Geen hond is sleg nie, mense wel.

Gerhard ·

Leser …jy kan enigiets op University of Google lees (leer).Die waarheid is, my Rottweilers is die 2 pragtigste diere op 4 pote, saggeaard, liefdevol en speel al vir jare met my kinders

Leser ·

Dis goed so, Gerhard. Ek hou self van diere maar ek en my gesin sal maar weg bly van die soort. Dis maar my persoonlike keuse en opinie net soos dit joune is om hulle te hê.

Karma ·

Aan almal wat uitvaar teenoor die spesifieke ras van die honde betrokke: maak nie saak watter woef jy op jou werf aanhou nie – of dit nou ‘n bloedbelynde Rottweiler, Afrika Boerboel, Rhodesiese rifrug, Amerikaanse vegbulterriër, Chihuahua, Franse Poedel, Jack Russell … of net brak-wie-se-ma-en pa-ook-brakke-was. ‘n Hond gaan byt as hy beangs of bedreig voel of as hy voel sy huis en familie word bedreig, anders is hy nie die naam van hond werd nie. Dit is regtig jammer dat die vrou tot die dood gebyt is deur haar eie honde – simpatie aan haar gesin en familie. Ook is dit jammer dat twee van die honde doodgeskiet moes word (was dit nodig, wonder ek?) sodat hulle by haar lyk kon uitkom. Daar moes iets gewees het wat die honde ge-“trigger” het. Waarskynlik het die brakkenjaaste oor iets baklei, die vrou wou hulle uitmekaar maak en die honde het (pak-styl) op haar gedraai. Dit is regtig net een tragiese storie!!!

VerVanRyn ·

‘n Hond is steeds ‘n dier. Wanneer ‘n mens klein honde uitmekaar trek byt hulle jou en voel skuldig na die tyd, want in die opwinding van die situasie het hulle net reageer. Jy kry dalk net ‘n inspuiting en vergewe jou honde dadelik, want hulle is diere. Groot honde is nie anders nie, as hulle baklei en jy druk jou hande daar waar die tande hap gaan jy gebyt word. Hulle gaan ook skuldig voel waarskynlik, maar die skade wat hulle aanrig is baie groter en baie moeiliker om te vergewe. Honde kan op die beste manier groot gemaak word, maar sal steeds die kapasiteit hê om per ongeluk hul eienaar te byt of om te baklei met ander honde, want hulle is diere. Dit is daarom na my mening nie ‘n goeie idee om meer as een groot hond, soos ‘n Rottweiler of Boerboel, te hê nie. Ek self vermy sulke honde soos die dood. Soos ander hier voel ek sulke honde hoort nie naby kinders of ander weerbare mense nie. As dit ooit moet kom dat ek agv veiligheid sulke honde moet kry sal ek hulle aan die ander kant van ‘n heining rondom my erf laat loop en nie naby my mense laat kom nie.

Leser ·

Dankie! Dis goed gesê en dis presies my punt (alhoewel sommige mense op hierdie blad nie ander se punte ook in sien nie.) Kyk, net soos jy gaan verseker nie my kind naby so hond toelaat nie..of iemand die eienaar nou sê hy is so liefdevol of sag of watookal. Hy kan enige dag “snap”

Lu cky ·

Elkeen kan seker self besluit wat se hond hy wil aanhou en elkeen sal die ras van sy keuse goedpraat as die beste en die wonderlikste en sagste en hoe ookal My vraag is gaan die meeste mense wat sulke slim kommentare gee nog dieselfde voel nadat hy/sy dalk gelukkig genoeg is om n honde aanval te oorleef My vrou is deur so n aanval en leef nou met die merke en sy het die hond niks gedoen nie Dit het in die straat 2 meter van my hek af gebeur deur die buurman oorkant die pad se pittbul Mens voel nie ooit weer dieselfde oor n hond daarna nie

Theresa B ·

Ek stem Karen. Dit sal baie wanpersepsies uit die weg ruim. Almal kry honde maar weet bitter min van die soort wat hul aanskaf, die spasie wat die hond moet hê, hoe sy gedrag beinvloed kan word, temperament ens. Almal kruisig altyd die Boerboel of Rottweileren self die pittbul.
Doen eers julle huiswerk en kry inligting by mense wat ernstig met ‘n tipe hond teel en leer meer van hulle VOOR jy enige hond kry. Dit geld van Great Dane tot miniatuur Yorkie. PUNT!!

Laurika ·

Ek het twee opregte Bullterriers en ‘n miniatuur Dobermann Pincher. Kyk, as my miniatuur Dobermann Pincher die grootte van my Bullterriers was, was daar groot moeilikheid. Sy is ‘n honderd maal meer aggressief. En sy is NIE so groot gemaak nie. Nes jy as mens sekere gelaatstrekke van jou ma of pa sal hê, sekere persoonlikheids eienskappe, so is honde ook. Die 60 % wat oorbly, is hoe jy hom/haar grootmaak.

Snip ·

Al wat ek kan aan dink is dat daar `n teef hond moes gewees het wat op hitte was, want reun honde sal enige iets doen om niemand naby haar te laat nie. My reun hond spring oor my stoep muur om net by my bokkie hond uit te kom. Hy kan niks doen nie, maar niemand kan naby haar kom nie. Of dalk iets gevat wat hulle gekou het. My boerboel is liefdevol en my kleinkind ry tot op sy rug. Iets moes hulle getrigger het.

Ook 'n Leser ·

Ons het groot geword met Rottweilers en het nou nogsteeds Rottweilers….. Hulle was nog NOOIT aggressief teenoor enigeen van ons nie…. So dit maak defnitief saak hoe jy hulle grootmaak! As jy nie self ooit die spesifieke soort hond as troeteldier gehad het nie, dan kan jy nie juis kommentaar lewer nie!

Otter ·

Ek stem saam met “Ook ‘n Leser”. My ondervinding is met KUSA geregistreerde Rottweilers, van goeie telers gekoop. Leer ken eers die ras. Laat iemend ‘n “puppy” toets doen omdat geaardhede selfs binne ‘n werpsel verskil. Kies ‘n hondjie wat by jou persoonlikheid pas. Gaan vir gehoorsaamheidstoetse met jou hondjie. Wees ‘n verantwoordelike eienaar. Die punt is: goeie praktyke vd eienaar maak n goeie hond!

Leser ·

Gelukkig is South-Africa a free country en kan ek ‘n eiertjie lê net waar ek wil – die ontelbare gevalle waar die tipe honde al ge “snap” het is genoeg om my te oorreed – of ek nou self een gehad het of nie. Maar dankie vir jou opinie, hoor (van een leser na ‘n ander).

Tamz ·

My simpatie aan die dame se familie, maar something went wrong here. As honde baklei en mense intervene, byt hulle JOU want jy is op daai oomblik die hond wat hy aanval – hy onderskei nie. En nog ‘n ding – Het mense gesien hoe al 3 haar aanval? En dan: wie sê hulle is opregte rottweilers/boerboele? Is daar foto’s van hulle? Dis die probleem met ons mensdom – alle sg. “berugte” rasse word summier veroordeel en ‘n etiket van “moordenaar” word daar en dan om alle honde se nekke geplaas. O, en ek vertrou my honde met my lewe – PUNT. Hulle is almal opregte ROTTWEILERS. Hoekom? Want hulle is reg grootgemaak. Diere is die uitvloeisel van ons mense. Ons maak hulle wat hulle is. My opinie :)

Imo ·

Dit is beslis nie net Rotties, Boerboele en Pitbulls wat aggresief is nie…. inteendeel het statistieke en navorsing bewys wat Cocker Spaniels een van die aggresiefste honde in die wêreld is. Ek het ñ Great Dane (gentle giant) gehad wat my schnauzer 2 keer baie lelik verkskeer. Die tweede keer het die schnauzer ongelukkig nie deur getrek nie. Dit was nou wel nie ñ mens nie maar die punt is enige hond het tog aggressie in hom en is in staat om ñ ander hond of mens te byt of te verskeer. Die ding is net groter honde is net nie so maklik beheerbaar nie.

LH ·

Ek lei honde al vir amper 30 jaar op en 90% van hul is rottweilers en leer hul ook spesifiek bytwerk. Ek is in die jare gelukkig net 3 keer al gebyt, deur n malinois, ‘n GSD en n border collie. Van die byna 30 rottweilers wat ek opgelei het het nog noe 1 my eers probeer byt nie. Mense moet hul feitw agtermekaar key voor hul sommer stellings maak. 3 Groot honde saam is uiters gevaarlik en glad nie idiaal noe tensy jy hul oplei en weet wat jy doen en dit geld I vir enige beskermingshond

Karma ·

Baie, baie waar LH. Wanneer ek ‘n hond soek, doen ek “huis-besoek” by die telers, selfs al is dit nie professionele mense nie. Ek glo ‘n mens moet ‘bond’ met die hondjie wat jy wil koop, of aanneem. Ek kyk na hoe die ma/pa optree, hoe aktief die kleintjies is, hoe die teller die honde hanteer/behandel, die omstandighede waarin hulle grootgemaak word ens. ens. Ek het al baie keer weggestap as ek nie tevrede is met iets nie. En dan glo ek aan opleiding, formele, basiese gehoorsaamheidsopleiding.

Buiten my drie “gevaarlike” honde het ek nog ‘n optel (kruis) wolfhond wat mishandel was – ek het haar gered van haar mishandelaars. Daar is ook ‘n kruis-Dachshund/Fox Terrier en ‘n opregte Fox Terrier – saam met sewe katte op ons plek (nie ‘n gewone dorpserf nie!). Dit is nou ‘n handvol, maar my honde is só opgelei dat ek nie eens ‘n woord hoef te uiter as hulle oortree nie – ‘n vuil kyk of hande-in-die-sy-staan is genoeg. Maar glo my, my hand het ook al een keer deurgeloop met die Dachshund/Foxie toe ek medisyne moes ingee (van daar af, gebruik ek ‘n ‘pill-shooter’!).

Sparra, the dog whisperer?? ·

Almal van julle is in een of ander manier reg, sekere rasse is vir sekere doeleindes geteel, persoonlike opinies, en wat in die verlede bewys en gedokumenteer is is nie ter sprake nie, ekke weet van baie mense wat al deur klein honderasse gebyt is
hulle is net so aggressief, maar jy lees dit nie in n koerant nie, want niemand is dood nie, ek myself is al deur n foxterrier in die gesig gebyt, en deur n groot boerboel aan die hand gebyt. Leser, gaan kyk na jou jack russels se slagtande, en vergelyk dit met n groot ras soos n alsatian. Hulle is geteel om te jag en dood te byt, so, jou opinie hou nie water nie, want jack russels en foxterriers het al meer mense gebyt as groot ras honde. ongelukkig is dit nou maar net, hoe die ras, en doel vaarvoor daai ras geteel is, bepaal of jou storie in die koerant sal beland, of nie, want sekere rasse byt en los, ander byt om dood te maak. En mens moet hond se gedrag kan “lees” Dis een van die redes hoekom mens nie meer honde se sterte mag afsit nie, want dis die een plek wat jy kan sien of n hond vriendelik is of wil byt. Om Honde wat baklei uitmekaar te probeer kry is baie baie gevaarlik, betaal liewers n veearts rekening, leer jou kinders ook om nie honde te nader wat baklei nie. Dit is maar net my opinie,

Leser ·

Ag dankie, sparra ou maat. Ek hou van die naam. Ek stem gedeeltelik saam met jou – net nie met die deel van my opinie wat nie water hou nie. Myne hou maar netsoveel water soos joune. Waar kry jy die statistieke dat klein honde al meer as groot honde gebyt het? En sê jy dood gebyt en verskeur het soos in die berig of sommer net genibble het? Dis bietjie moeilik om te glo vir my. Ag maar ek is nou klaar gedebateer. Fluister vir die ou grotes – hulle moenie so aggressief en kwaai wees nie, toe. Cheers.

Irah ·

Wat ookal die omstandighede was, dis ‘n vreeslike manier om te sterf. My innige simpatie aan haar familie en geliefdes.

Hannelie ·

Leser lyk my jy het vandag baie tyd op hande! Ons het ‘n boerboel gehad, en hy is nie aggressief groot gemaak nie. Inteendeel my ouers het geboer met hulle. Dit hang af hoe hul opgelei word en van die eienaar af. Ek het nou ‘n Rotweiller en ons maak hom beslis nie aggressief groot nie. Kry vir jou ‘n poedel, hulle lyk sag genoeg. Honde verskil, so ook hul eienaars. Wat met die vrou gebeur het, sal niemand kan verklaar. Dalk het sy tussenbeide ‘n geveg getree? Hoe sal enige van ons weet. Simpatie aan haar familie.

Sparra ·

Poedels is van die kwaaiste hondjies wat jy kry, hulle size tel net teen hulle, as jy nou temprament in n hond wil sien!

Jaomie ·

Ek het n boerboel en hy is my baba. Wanneer ek het vearts toe vat en ek daar uit stap se hulle hy is die sagste en gehoorsaamste hond wat hulle al gesien het. Ek het wel besef dat as ek hom nie vat vir training nie gaan hy jy ore aansit! Ek weet ook wanneer ek vies is vir n persoon, sal simson hom of haar buit, so ek moet ook verandwoordelike wees hoe ek voel teenoor ander.

Jef ·

Hannelie ek stem volkome saam met jou maar ek dink dat Leser bang is vir alle honde en ek dink as hy n Poedel sou he en die arme klein hondjie byt hom in sy pinkie dan loop hy en gil dat Poedels ook agresiewe hondjies is.

DEE ·

Leser. Jy is baie oningelig oor honde en diere oor die algemeen. As jy voel dit is nie die moeite werd om navorsing toe doen voordat jy jou mening lug nie, bly dan asb weg van n debat soos hierdie. Ignorance is no excuse, maar in die geval is dit jou keuse.

Dee ·

Leser, jy dwing respek af met die manier waarop jy jou standpunt handhaaf. Ek hou van die manier waarop jy jy elke aanval hanteer. As dit net nie was vir jou onnodige aanval op ‘n Engelssprekende leser nie sou ek jou ‘n goue sterretjie gee vir die manier waarop jy jou siening verdedig. Daar het jy egter punte verloor. Maar jy verdedig jouself en jy doen dit soos ‘n boerboel!

Leser ·

ekt nie nodig om navorsing te doen nie ek weet van meer as genoeg gevalle waar mense verskeur is deur die tipe honde. Gaan lees ook bv Willie se kommentaar bo. Ek sal debateer waar ek wil en het verseker nie jou toestemming nodig nie.

Jollie-Jacqueline ·

Mooi gesê Dee! Ek stem 101% saam jou. Lesser jou redenasie is baie vervelig. Dit lyk asof jy die aandag baie geniet. Glo jy dat die aarde nogsteeds plat is? Want jy het nie nodig om navorsing te doen?

Dee ·

Hehe.. ek hoop julle het opgelet dat hier ‘n DEE en Dee in die gesprek betrokke is. 2 Mense dus.

Leser ·

anyway, julle…ek stem saam met Irah – dis ‘n vreeslike manier om te sterf ongeag van die omstandighede en die natuur van die honde. Simpatie aan die familie en geliefdes!

Otter ·

Ek stem saam met jou, Leser. Dit is baie sleg wat gebeur het.

Haha ·

My meegevoel aan die familie van die dame wat gesterf het. ‘n Hond is ‘n dier met natuurlike instinkte, selfs as puppies word jy gebuit as jy net speel met hulle. Iets het hierdie honde ge-trigger en dit kan met enige mak dier gebeur. Wees versigtig!!

Justa ·

In meeste gevalle is dit die eienaar se eie skuld. Honde word in die agterplaas aan kettings gehou sonder behoorlike beskutting of kos en water. Absoluut geen liefde word aan hierdie diere betoon nie. Daar word op hulle geskree en hulle word geslaan. Hulle is maar net daar. Ek mag verkeerd wees maar dis my persoonlike siening.

Linda ·

‘n Baie tragiese storie!! Niemand sal ooit weet wat daar gebeur het nie! Die beste kommentaar wat vir my sin maak hierbo is dat die honde dalk kon baklei het en sy hulle probeer keer het. Veral as daar dalk twee mannetjies was en die wyfie dalk op ‘hit’. Dan is dit beslis ‘n geveg waar mens ver moet uit weg bly. Net soos party mans wit sien en geen beheer het oor hulle optrede in ‘n ‘fight’ nie. Die honde kan mekaar dan maar eerder dood maak, want twee van hulle is nou inelkgeval van kant gemaak.

Michelle de Wet ·

Ek het self groot honde. Alsations en is mal oor Rottweilers maar hier gaan ek op een punt met Leser saamstem. Ek laat nooit my kinders alleen by my honde nie al is hulle hoe liefdevol en spelerig en ek sal nooit my kinders by iemand anders se groot honde alleen los nie. Dit bly diere en ongelukke gebeur.

APBT eienaar ·

Absoluut! Jy los GEEN kind ooit alleen by ENIGE hond nie.

noddy ·

Hoekom noem niemand Yorkies nie? Magtig, daai goedjies is KWAAI!

Willie ·

Leser, dit is tiperend van oningelugte mense om persoonlik te begin raak waneer hulle sien hulle begin ‘n argument verloor. Moet nie jou opinie lug oor iets warvan jy niks weet nie. Google is gevaarlik, die internet bevat meer snert as feite.

leon ·

Julle het al als gese wat daar gese moet word. Ek het PITBULLE vir jare al. N hond is soos n kind leer hom maniere of los hom dat hy n skurk word. Kla gesels

Rotweilhater ·

Aan al die hooggeagte hondegeleerdes,

Sou ek by jou huis wou inbreek, gooi ek net eenvoudig die giffies. Die aanhou van groot honde voed net valse sekuriteitsgevoelens.

Probleem is dat mense groot honde aanhou en hul enigste oefening is om heen en weer langs die pallisades te hardloop en bulderend te blaf tot ander se ergenis. En as liewe oubaas die erfhek ooptrek om sy motor uit te ry, dan spring grootmeneer sonder halsband by die hek uit vir die groot uitdaging en genot om my Yorkies dood te byt. Groot honde ruk arms af en byt dood, Yorkies nie. Groot honde in stede en dorpe moet verbied word. Finish en Klaar! Waarom kanse waag?

Elma ·

Jy het nie n idee waarvan jy praat nie. Hetsy rottweiler of boerboel. N hond reageer soos jy hom groot maak. En hou op om die versinsel leef van die pecking order sal hom self uit sorteer hy sal nie. Twee reune boerboel, rottweiler, pointer …. maak nie saak nie een gaan dood gebyt word en as jy tussen beide kom gaan jy die ongelukkige een wees. My boerboel vat koekkies uit my mond. Daar is nie meer liefde as in daai 80kg lyf nie. Maar moenie n andet reun op die erf bring nie en moenie karring nie. As jy met liefde groot maak kry jy dubbel die liefde terug en dis nie te sê as hy jou moet op pas dat hy soos weg gooi buite moet wees op kettings nie. Kom breek in ek nooi jou. Hy lê langs my bed en wag vir jou

MissDemeanor ·

Liewe Elma, jy slaan die spyker op die kop ” ‘n hond reageer soos jy hom grootmaak”. Boerboele en Rotweilers wat nie genoeg aandag kry nie, met ‘n ketting vasgemaak word in die erf. Hul word gevaarlik en byt mense. Maar wees realisties. ‘n worshond of ‘n malteser wat so grootgemaak word sal heeleaarskynlik net ‘n irriterende blaffende bang brak word. So ek verstaan jy blameer eienaars as hul honde mense doodbyt, maar as die mense in die eerste plak nie sulke potensieel gevaarlike honde aanhou nie, sal sulke tragedies minder plaasvind.

Karma ·

Rotweilhater, met my honde kan jy maar jou giffies kom gooi … Hulle is opgelei om kos alleenlik uit my hande te neem, Jy kan vir hulle die lekkerste stuk wors, hoender of steak daar neersit: as dit nie in hul bakke is nie, sal hulle dit nie vreet nie. En nee, niemand kan by my honde se bakke kom nie; aangesien ek een keer al ‘n hond ‘n gifdood sien sterf het, neem ek voorsorgmaatreëls – die honde word gevoer, hulle bakke skoongemaak en in die huis geneem. EN, jy kan jouself gelukkig ag as jy wel jou hand/arm oor die palisade/hek kry om daardie stukkie ge”spike”de vleisie te gooi – as jy jou arm terugtrek, is jou hand dalk nie meer daar nie! :-))

Linda ·

Goeie naand almal
Dis rerig sad dat jul so stry oor honde.Jul het geen resek vir die dame wat dood is nie.Honde is hnde en mense is mense so los en dink aan die arme familie wat hul deur gaan.Ek is geleer as n hond n mens byt en nogal sy eie baas skiet jy hom dood klaar.So hou jul monde en dink net as, dit dalk jou vrou,suster of dogter was wat so aan geval was.My hart gaan uit na die familie sterkte en mee gevoel.

Veritas ·

Groot, kwaai honde skrik net sommige kriminele af. Die ander voer die hond net ‘n stukkie KFC met ‘n Twostep-sousie en dis klaar met Wagter. ‘n Matpoeftertjie wat jou wakker maak voor die moeilikheid daar is, is meer werd. Dit kan dalk soms lastig wees maar ek slaap eerder onderbroke as vir altyd.

Mariaan ·

Ek wil met leser saamstem. Ons het self Rottweilers gehad, hulle was opgelei, maar daar is ook vir ons gesê dat watter ras dit ook al is, dit bly ń dier en ongeag hoe goed hulle opgelei is, hulle instinkte sal nooit onderdruk kan word nie. Wanneer daar ń situasie ontstaan, sal hulle instinkte oorneem en daarom is groot honde baie gevaarliker as die kleiner tipe.

Oom Kalahari ·

Ek glo van harte almal is lief vir hul diere ongeag watter tipe hond, maar ek is geneig om te glo dat ‘n Rotweiller baie aggressief is en dit selfs gesien van ‘n vriend in Durban in 1981 toe sy 7jarige seuntjie aangeval was en 59 steke moes deurmaak. Hul is liefdevol tot eendag wat sy instinkte anders draai en hierdie kind het met hul groot geword. Ek self wou altyd ‘n Rotweiller gehad het tot daardie dag en daarteen besluit. Albei Rotweillers is deur my vriend aan sy broer geskenk op sy plaas en nie ‘n maand later is albei van kant gemaak, want sy pluimvee en diere het dit ontgeld. Sekere rasse van honde het sekerlik hul oomblikke en gaan dan oor na die aanvals meganismes.

Annatjie Kruger ·

Taamlik venynig, Leser, is ons nie. Eers is dit die dametjie wie dit waag om op ‘n Afrikaanse koerant in Engels kommentaar te lewer. Wat niemand behalwe vir jou pla nie, en toe die man reghelp oor sy spelling. Is dit moontlik dat hy die waarheid praat en jy nou kwaad word omdat jy sien dat jy die argument verloor? Ek weet nie van jou nie, maar ek het agtergekom dat die rekenaar sekere van my woorde se spelling outomaties verander.

Gesie ·

Sjoe, so baie opinies! Laat ek ook maar ‘n eier lê… Ek hou liefs myself en my kinders van groot, potensieel aggressiewe honde af weg. Hoe moet ek nou weet hoe hulle grootgemaak is en wat hulle moontlik kan laat uithak? My ou chihuahua’tjies kan nie eers ‘n vlieg skade aandoen nie, my tandlose ouma bokkiehondjie kan net haar onvergenoegdheid uittjank, maar my yorkie sal darem my met sy lewetjie beskerm. Almal saam sal ook seker darem ‘n vreeslike kabaal opskop wat enige kwaaijong sal laat bokspring en verwar oor waar hy moet vat en waar los. ?

My innige simpatie aan die geliefdes van die slagoffer in hierdie tragedie.

Joann ·

Ek het jare met honde gewerk. Verskillende rasse. Mens moet hul met respek behandel. Honde vergeet nooit die persoon wat hom sleg of goed behandel nie. My rotweiler hou nie daarvan dat iemand aan sy kop vat nie,dus respekteer ons dit en hy is vol liefde en baie beskermend.

Rottweiler-Boerbul-Wolfhond-Pittbul-hater ·

Baie Amerikaners glo dit is hul godgegewe reg om ‘n vuurwapen aan te hou. Baie Suid-Afrikaners glo dit is hul godgegewe reg om groot honde in stede en dorpe aan te hou al kan hulle geen waarborg gee dat daardie honde nie ander diere en mense sal aanval nie. Hoeveel mense se gesigte moet nog permanent geskend word, arms afgebyt word of selfs dood gebyt word? Aan sulke honde eienaars wil ek die Australiese benadering uitlig: “Do you want to be a member of a caring society?”

Spreekwoordelik gestel: ‘n groot hond is niks minder as ‘n vuurwapen nie.

neelsie ·

n Hond hoort nie in n kamp en nou en dan n bak pille gevoer te word nie.
Die hond is deel van die gesin.
Gee jou hond liefde en hy sal jou gesin geen kwaad aandoen nie.
As jy nie daarvoor kans sien nie , raak liewer van die arme dier ontslae..want dan het hy maar n ‘hondelewe’

Elize C ·

Reeds oor opinies soos sommige hierbo, wou ek ook nooit iets weet van Rottweilers nie. Ek het wel vir jare boerboele gehad, (en Alsations) in die tye wat my kinders gebore is/kleuters/ kinders was, en het met die genade van Bo en die feit dat ek my honde altyd met respek en liefde EN ferm hanteer het, en my kinders dieselfde geleer het, nooit enige ongelukkige voorvalle gehad nie. Toe trou my dogter en sy en haar man kom bly by ons op die plaas, en haar man het in sy kinder-jare altyd Rottweilers gehad, en kry hulle toe ‘n reun en tefie as babatjies (verskillende werpsels). Ek het my bedenkinge gehad, maar het mal verlief geraak op hulle. Die massiewe swart reuse het bo-op jou skoot kom klim vir ‘n drukkie, maar niemand sou ongenooid of sonder een van ons naby in die erf toegelaat word nie, en ons het gesorg dat almal dit weet. Tans het ek 2 x Belgiese Herders, saam met 3 Toy Poms, en nog nooit enige probleme gehad nie. My 2 cents aan Leser: natuurlik is jy geregtig op jou opinie, maar moenie jou sarkasme so duidelik ten toon stel tov persone wie nie jou siening deel nie, want dan laat jy my dink aan ‘n kleuter wie kwaad word omdat sy maatjie nie dieselfde speletjie wil speel as hy nie. Hou by jou opinie, maar dit is regtig nie nodig om ongeskik of sarkasties te raak nie.

alida ·

As Zuma vir Nene sommer net so kon afdank hoekom kan hy dit nie met hierdie pateet ook doen nie? Hy rig meer skade aan as wat goed is vir ons land.

Karma ·

Alida, ek dink jy het op die verkeerde artikel kommentaar gelewer! :-)

Pixi ·

Boerboel en Rotweiler is honde wat domineerend wil wees. Baie mense maak die fout. Jy as eienaar moet hul van kleins af wys dat jy die dominante een is,die ‘leier’. Ons het n boerboel gehad. Hy het my,my man en 2 kidz met sy lewe beskerm. Hyt nooit in al di jare sy tande gewys of self gegrom vir een van ons ni. Ek kon as hy eet my hand in sy kos indruk en dan het hy terug gestaan en gaan sit en wag,selfs toegelaat dat di katte saam met hom eet. Hy was n hond van oor die 100kg. Hy was die liefstevolste hond wat ek geken het. Jy moet die leier wees en jou diere die volgers. Dis maar my opinie. Geen hond moet toegelaat word om die dominant te wees nie. Dis waar die grootste fout inkom.

Allison ·

Toe ek nog ‘n kind was het my oom-hulle 2 rotties van ander mense af gekry. Dit was die woeste gediertes ooit – mens kon net oor die muurtjie loer dan klink dit of hulle jou gaan gryp. En toe gee hulle die reun weg en hou net die teef: Raka. En sy was toe al die tyd die lieflikste hond ooit. Ek het langs haar op die gras gesit (terwyl die grootmense binne besig was). Baie jare later kry hulle toe weer ‘n rottie van iemand af. Slegs ‘n reun – Winston. Daardie hond het mens stip in die oe gekyk. Ek was effens lugtig vir hom. Vele jare daarna kuier ons by aangetroude familie op hulle plaas. Hulle het ‘n boerboel gehad. Die hond het los skroefies gehad. Het gesorg dat ek nooit alleen met hom is nie. Ons het bullterriers aangehou destyds. Die vriendelikste woefe ooit! Maar die buurman se bullterriers was gediertes waaraan hy nie eens kon raak nie!
Ek dink nie dit gaan per se oor die honderas nie. Ek dink eerlikwaar dit hang af hoe die hond grootgemaak is + sy persoonlikheid.

Naam. :-) ·

Allison jy laat my lag. Leser se kinderagtige optrede het my effens vervies, maar toe ek lees van jou hond met die “los skroefies” moes ek lag. Jy het beslis n talent vir skryf. Ons het n Rottweiler gekry toe sy n babatjie was, alte oulik en wollerig. ek het op die gras met haar gerol en syt my hare getrek. Dit was oulik en het my laat lag. twee jaar later het ek eendag buite gesit en huil, sy het langs my stoel kom sit met haar poot op my knieë. Ek het afgeklim en by haar plat gaan sit. Wat doen sy toe? Iets wat sy onthou my laat lag het lank terug. Sy begin trek aan my hare. Gelukkig het ek haar dadelik gestop. Honde is baie slimmer as wat mense dink. Honde baklei en verskeur instinktief as hulle in ‘n dreigende situasie is. Mense vermoor, verskeur en verkrag vir pret. Raai maar wat verkies ek.

Heidi ·

Ons het 5 Boerboele. Het op ‘n stadium 8 gehad. Die enigste keer wat my honde OOIT aggresie toon, is as hulle teen MEKAAR baklei. En nee, ons veg nie met hulle nie, hulle het so nou en dan tussen mekaar ‘n probleem of wat. Ek het al geleer om NIE te probeer keer met kaal hande nie. Hulle raak so weggevoer dat hulle jou PER ONGELUK sal byt. GEEN hond wat liefde en aandag kry, sal sommer sy eie eienaar aanval nie. Jammer, maar dan was daar fout. Of by die eienaar, of hulle het baklei, of een van die honde het ‘n afwyking gehad. Het die Boerboel ooit papiere gehad, of was hy maar net ‘n GROOT BRUIN hond…

Apart van dit, sê ek nooit vir mense “my hond sal jou nooit byt nie”. Hulle is my kinders, maar hulle bly diere. Die instink is daar en sal altyd daar wees.

Gee jou hond liefde en aandag, oefening en hou hom om vredesnaam van enige ketting af. Hy sal jou liefde beloon.

Willie ·

Gaan google maar RSA honde aanvalle op eienaars, en die skokkend hoeveel Rotties hulle eienaards aanval, Veral as hulle baie was. Ek kan onthou n hele paar jaar terug, was n bekende Rottie teler ook die aand deur vier of wat veskeur.. Ek praat ook nou van mense wat gesout is met honde, en een aand of dag…is daar net iets… Mens moet ook besef, dit bly n dier al hulle hoe slim, sag en mens se kinders. Dierlikke instink is soms n verrassing… Kyk maar na daai Kolonel wat 8 jaar saam met die Seekoei geswem het.. Die een dag was hy dood gebyt.. Die Seekoei het die lyk met al sy mag beskerm… N dier het nie “Remorse” nie…

charles ·

Janee, hond bly hond!
SO bly ek is ‘n katte mens, katte doen nie dit nie…

Ella ·

Hier is die update: honde was van nature aggresief, honde kan ook aanvoel as mense bang is vir hul, en as iemand hul nog met n slaanding sou afweer = moeilikheid…….

News24 News. Breaking News. First
LAST UPDATED: 2016-04-26, 14:38

Woman mauled to death
2016-04-26 12:16
Amil Umraw, The Witness

Multimedia · User Galleries · News in Pictures
Send us your pictures · Send us your stories
Related Links
Durban woman undergoes hours of surgery after dog attack
90-year-old man critical after dog attack
Dogs kill boy (8)
Pietermaritzburg – Neighbours on Monday described the dogs that mauled to death a 32-year-old Montrose woman as “troublesome and extremely aggressive”.

Gathered outside the Braithwaite Road home, and all clearly expressing shock and dismay, they told The Witness about the behaviour of the three dogs that had mauled the woman, their owner’s daughter, to death.
.

Neewat ·

Weet nie hoe oud die dame was nie maar wat ek wel weet ou mense raak soms geweldig geïrriteerd met honde en behandel hulle dan swak. As die hond/e reageer (veral as hulle groot honde is wat al self beginne oud en geïrriteerd word) kan die ou mense nie verdedig nie. Het dit met eie oë op twee geleenhede gesien. Gelukkig geen bytery nie, genoeg mense om te kon keer voor dit hande uitruk.

Sê maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.