Vrou sterf ná kaping: Verdagte vrygelaat

Magda van Vuuren. Foto: Facebook

Magda van Vuuren. Foto: Facebook

Die 15-jarige meisie van Port Elizabeth wat vroeër vandeesweek in verband met die kaping en moord van Magda van Vuuren (53) in hegtenis geneem is, is vrygelaat.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê die meisie is Donderdag uit polisieaanhouding vrygelaat omdat daar nie genoeg bewyse was om haar met die misdaad te verbind nie. Die vier tienerseuns, almal leerders van die Spesiale Skool Westview, wat ook in hegtenis geneem is, is egter steeds in aanhouding en sal Vrydag in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Van Vuuren is Maandag buite ʼn huis in Parsons Hill geskiet nadat sy besoek by haar ma afgelê het. ʼn Tienerseun het haar glo genader en drie skote afgevuur waarvan een haar in die rug getref het. Sy is na ʼn hospitaal gehaas waar sy later dood is. Die skieter, wat na bewering in ʼn skoolbaadjie geklee was, het in Van Vuuren se BMW-motor gevlug.

Later daardie aand is ʼn 16-jarige seun en die 15-jarige meisie in hegtenis geneem nadat hulle by ʼn Engen-vulstasie in Blouwaterbaai in Van Vuuren se gekaapte motor opgemerk is. Nog drie seuns is later in hegtenis geneem.

ʼn Vuurwapen is in een van die seuns se besit gevind. Die vuurwapen behoort glo aan die seun se pa.

Die tieners staan tereg op aanklagte van moord, motorkaping, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en die besit van gesteelde goedere.

Lees alle vorige berigte oor Magda van Vuuren op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

MM ·

Kry borgtog seker R100.00 elk, maar die man wat sy vrou vermoor moet sukkel om borg te kry en moet ‘n belaglikte bedrag borg betaal.

Cherokee ·

Jou meegevoel en simpatie met ‘n moordenaar wat sy vrou vermoor is ‘n riller.

Andries ·

Hoe laat jy iemand los wat gevang word in die gesteelde motor? Sy is medepligtig dan nie? SA se regstelsel beskerm net die kriminele. Wat van die familie van die vermoorde vrou? My innige simpatie aan die familie.

Gerd Lourens ·

Yvonne. “Gebrek aan voldoende getuienis”???

Sy is saam met die krimineel in die gesteelde voertuig gevang. Of het sy dalk gedink die skelm het gou die middag na skool die kar gekoop?

yvonne ·

Linda B , moet nie oordeel . Hierdie Kinders het leer probleme en daarom is hulle in daardie skool. Dit kon net sowel kinders in ‘n spog skool gewees het (soos wat al die geval was) . Hulle het die besluit geneem om ‘n verkeerde daad te pleeg en dit het niks met hulle skool te doen nie. Ek ken goeie mense wat in hierdie skool was en hulle is almal vandag suksesvol , sommige van hulle met hul eie besighede. Spesiale skool beteken nie automaties vrot appels nie. Nie almal is so bevooreg om akademies te wees nie. Dit is tragies wat met hierdie dame gebeur het en alle sterkte aan haar familie.

MM ·

Dit gaan nie oor in watter skool jy is nie. Dit gaan oor verkeerde maats, of ‘n gebrek aan opvoeding en dit sluit in, in watter omstandighede hulle woon en groot word.

Ben Prinsloo ·

Yvonne nee, van die kinders het leerprobleme en is dan in daardie skool. Van die kinders het nie leerprobleme nie en is bloot net moedswillige balhorige kriminele wat nie n dooie duit omgee vir niks en ek bedoel nie eers vir hulself nie en daarom is hulle ook in daardie skool. Wie hierdie daad gepleeg het is 1 van bogenoemde gevalle. Jy besluit self watter 1.

Maggie van Zyl ·

Inderdaad… ek weet ook van kinders wat glad nie nodig het om in ‘n spesiale skool te wees nie, maar soos jy sê, net balhorig is, en prontuit stout is.

Pappapiet ·

MM, ek weet nie hoe bring jy die kloutjie by die oor nie! Is die man, wat al verantwoordbaar is, nie per slot van sake ook ‘n moordenaar nie?

MM ·

Ek het nie gese hy is nie verantwoordelik vir sy dade nie. Natuurlik is hy ‘n moordenaar!
Hulle is vrygelaat nadat hulle iemand vermoor het en seker in die ouers se sorg. Die ouers lyk my het nie beheer oor die kinders gehad nie. So hulle is uit en gaan seker maar net weer dieselfe doen.

Columbiana ·

Linda B jou kommentaar is skokkend en ‘n perfekte voorbeeld van onkunde en vooroordeel. Dink jy nou regtig elke kind in spesiale skool is van swak kaliber? Jy is alles wat verkeerd is met mense wat neersien op ander. Swak styl hoor

Hasie ·

Lyk vir my die pa (eienaar van die vuurwapen) het sy vuurwapen laat rondlê. Of hoe het die kind dit in die hande gekry. Die feit dat hy in spesiale skool is, is geen verskoning.

Doret ·

Moordbly moord ongeag ouderdom ras of skool waarin jy is en ek stem as sy in voertuig was moes sy tog geweet het watter soort maats dit is en hkm word n meisie van 15 toegelaat om seuns in die aand rond te kuier wa is die ouers kinders hoort in huis ons leef kla in onveilige land

anel ·

Ek hoop hulle sit lank sodat dit n voorbeeld vir ander misdadigers sal wees.

Dark.O ·

Duidelik weet Linda B hoegenaamd nie wat ń spesiale skool is nie. Nou etiketteer sy sommer alle kinders wat in spesiale skole is as vrot appels. Skandalig.

J ·

Okay Yvonne en Columbiana so jy mag n onskuldige vrou doodskiet. As dit jou Ma of dogter of vriendin was???? As jy weet waar om n vuurwapen in die hande te kry en weet hoe om hom te gebruik is daar niks verstandelik met jou fout nie.

Columbiana ·

Ag genadetjie tog J. Get with the program asseblief. Niemand het gesê die dade is geregverdig nie wat ons wel gesê het is die kommentaar oor spesiale skool kinders is swak. Weet jy regtig die mees afgesaagste sinnetjie is sekerlik “wat sal jy doen as dit jou familie was” Rerig mense dit wil voorkom asof dit die enigste verweer is wanneer mense geen ander logiese argument kan gee nie

sarie van heerden ·

‘n Vermeende krimineel word vrygelaat omdat daar nie genoeg bewyse is vir verdere aanhouding nie, maar wat noem die polisie die goedere plus die gesteelde kar wat gevind is? Dit verbaar my nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.