Vrou sterf ná kaping: Vyf in hof

Magda van Vuuren. Foto: Facebook

Magda van Vuuren. Foto: Facebook

Vyf skoliere wat na bewering betrokke was by die kaping in Port Elizabeth waartydens Magda van Vuuren (53) geskiet en later dood is, sal vandag in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig Van Vuuren is Maandag buite ʼn huis in Parsons Hill geskiet nadat sy besoek by haar ma afgelê het. ʼn Tienerseun het haar glo genader en drie skote afgevuur waarvan een haar in die rug getref het. Sy is na ʼn hospitaal gehaas waar sy later dood is. Die skieter, wat na bewering in ʼn skoolbaadjie geklee was, het in Van Vuuren se BMW-motor gevlug.

Later daardie aand is ʼn 16-jarige seun en 15-jarige meisie is in hegtenis geneem nadat hulle by ʼn Engen-vulstasie in Blouwaterbaai in Van Vuuren se gekaapte motor opgemerk is. Kort daarna is nog ʼn 15-jarige seun in hegtenis geneem. ʼn Vuurwapen is in sy besit gevind.

Woensdagmiddag het polisiebeamptes nog twee verdagtes, ook tieners, by die Spesiale Skool Westview in die stad in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa ·

Dis waarom mense deesdae inspring en misdadigers soos dié toetakel en met hul afreken. Hierdie “skoliere” het baie goed geweet wat hul doen – laat hul soos die volwasse skurke wat hul graag wil wees, boet. Hulle is moordenaars en sou die dame nog geleef het, was dit nie vir hul beeld wat hul vir hulself skep van grootmensspeel in misdaadwêreld nie.

Jean ·

As die skoliere en tieners al tot sulke goed in staat is, is dit a baie ‘sad state of affairs’ ek hoop net nie hulle ouderdomme beinvloed die straf wat aan hulle opgelê word nie. As jy ‘n onskuldige persoon kan doodmaak en nog haar kar boonop steel ook, moet jy behandel word soos ‘n volwassene, jy het die intensie gehad om te vermoor, volgens my geen versagting agv ouderdom nie.

Liana ·

Hoekom moes sy sterf vir ‘n stuk blik op wiele wat hierdie jong kriminele wou gehad het? Al haar lyding en al haar geliefdes se smart vir ‘n aardse besitting, so tragies. My meegevoel aan al haar mense.

Meisie ·

Ja en nou gaan hul los kom want hul is minderjarig,of word in hul ouers se sorg geplaas.Wat reeds ni beheer oor hul het nie.

KarooKlong ·

Simpatie met die familie wat agterbly.
Puik opvolgwerk deur SAPD beamptes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.