Vrou sterf ná kragopwekker ontplof

Riana Barkley (Foto: Riana Barkley, Facebook)

ʼn 41-jarige vrou is dood ná die kragopwekker by haar huis in Welkom, Vrystaat, ontplof het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het die dorp Woensdagmiddag beurtkrag gehad toe Riana Barkley haar kragopwekker aangesit en dit ontplof het.

“Barkley het erge brandwonde aan haar bolyf, hande, voete en gesig opgedoen,” bevestig Thakeng.

“Sy is omstreeks 17:30 na Welkom Mediclinic gehaas waar sy later aan haar beserings beswyk het.”

Barkley se man – wie se naam nog nie aan Maroela Media bekend is nie – is dieselfde dag van die voorval in kennis gestel.

“ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen.”

Dit is in hierdie stadium nog nie duidelik wat die oorsaak van die ontploffing was nie.

Barkley se ouers was Donderdag te emosioneel om met Maroela Media te praat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.