Vrou sterf ná rowers op motor losbrand

Argieffoto

Die polisie in Limpopo is steeds op soek na gewapende rowers wat Woensdag twee mense in ʼn voertuig voor ʼn huis in Musina geskiet het. Een van die slagoffers is doodgeskiet.

Baie min inligting oor die presiese gebeure is tans beskikbaar, maar volgens kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, word daar vermoed dat ʼn groep gewapende rowers die paar voor die huis oorval en beroof het.

“Die polisie is in kennis gestel en het hulle na die toneel gehaas. By hul aankoms het hulle ʼn voertuig in die middel van die straat aangetref met koeëlgate deur die voorruit,” sê Ngoepe. “Twee mense is geskiet en is na ʼn hospitaal gehaas, maar by hul aankoms by die hospitaal is ʼn 37-jarige vrou dood verklaar.”

Ngoepe sê voorlopige inligting dui daarop dat die verdagtes die slagoffers van geld en selfone beroof het voordat hulle in twee voertuie van die toneel gevlug het – ʼn Ford Focus en ʼn BMW.

Enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan by kapt. Richard Boshomane aangemeld word by 079 894 5501 of Stop Misdaad by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

"Not the best of times, the worst of times" ·

Moord, kapings, roof en doodslag van Musina tot in Kaapstad. Elke dag, elke uur, elke minuut. Dit is vir ewig en finaal vir altyd verby, Suid-Afrika sal nooit ooit meer wees nie en sal ook nooit weer herstel nie. Die verval en korrupsie en geweld en misdaad en chaos is te oorweldigend en te finaal vernietigend vir enige land om te oorleef of om ooit suksesvol te wees.

Die sleg en wanhoop en afgryse in hierdie land sny diep in ‘n mens se menswees, tot op die gebeentes.

Rubber ·

En so word die mense uitgehaal. Een vir een. Seker al klaar weer oor die grens met die buit. Kan Maroela die name verskaf?

Malitza ·

In die storie kort daar inligting..iewers maak een en een nie twee nog minder elf…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.