Vrou sterf ná sy by krans af ry

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Netcare 911

Reddingswerkers op die toneel. Foto: Netcare 911

ʼn 49-jarige vrou is dood nadat haar motor nagenoeg 100 meter teen ʼn krans by Monteseel naby Hammarsdale in KwaZulu-Natal afgetuimel het.

Robert McKenzie, ʼn woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê nooddienswerkers moes met toue teen die krans afseil om die motor en die vrou se liggaam te bereik. Die vrou is uit die motor geslinger.

Die voertuig het nagenoeg 100 meter ver geval en verskeie kere gerol.

Foto: @rescueclimber op Twitter.

Foto: @rescueclimber op Twitter.

“Snuffelhonde en polisiehelikopters het die toneel gefynkam, en geen ander liggame is gevind nie,” het McKenzie gesê.

ʼn Helikopter is gebruik om die vrou se liggaam te verwyder.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.