Vrou sterf ná sy in sentrum inmekaarsak

Argieffoto. (Foto: JOE RAEDLE / GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

ʼn Vrou is Woensdagoggend in ʼn winkelsentrum in Verulam, KwaZulu-Natal, waar sy inmekaargesak het dood verklaar.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), is beamptes na die winkelsentrum in Irelandstraat in die middestad van Verulam ontbied.

“Rusa het verskeie oproepe van mense in die sentrum ontvang oor die vrou wat inmekaargesak het. Volgens hulle het sy glad nie gereageer nie,” sê Balram.

Die vrou was volgens hom in haar laat 50’s of vroeë 60’s.

Volgens Balram kon Rusa-lede toegang tot die vrou se selfoon kry en só haar familielede in die hande kry.

“Daar is vasgestel dat die vrou van Phoenix in KwaZulu-Natal afkomstig is.”

Die omstandighede rondom die vrou se dood is in hierdie stadium nog nie bekend nie en word ondersoek.

Maroela Media het navraag aan die polisie gerig en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.