Vrou sterf ná taxi en bus bots

Die wrak van die taxi. Foto: ER24

Die wrak van die taxi. Foto: ER24

ʼn Vrou is dood is en 13 mense is beseer nadat ʼn bus en ʼn minibustaxi Maandagoggend op die N1-snelweg in Johannesburg gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het naby die Maraisburg-afrit plaasgevind.

“Na wat verneem word, het een van die voertuie van agter af teen die ander gebots, waarna die taxi gerol en tussen die versperrings in die middel van die snelweg tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.

Die vrou, in haar 30’s, was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Haar liggaam is ʼn paar meter ver van die taxi aangetref.

“Twaalf ander pasiënte is verspreid om die taxi aangetref. ʼn Man was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word. Drie van die pasiënte is kritiek beseer. Die res het geringe tot matige beserings opgedoen.”

Die beseerdes is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Wat het van die bestuurder van die agterste voertuig geword? Moes hy nie gearresteer word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.