
Foto: Netcare 911
ʼn Vrou van Bloemfontein in die Vrystaat, vermoedelik in haar veertigs, is Vrydagmiddag oorlede ná ʼn trein haar getref het.
Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, sê die vrou het na bewering langs die treinspoor in Stalsweg, Gardenia Park, gestap toe die trein haar van agter getref het.
Botha sê die vrou was reeds dood met die aankoms van die nooddienste op die toneel.
Meer inligting oor die voorval is nie bekend nie.
ʼn Polisieondersoek na die voorval duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Wat n pragtige gebaar. Verloor alles maar bekommerd hul oor die wilde voels…
.
Benita, ek dink jy het die verkeerde beriggie beet.
Geen mens stop n trein nie!
Dat volwasse mense sulke simpel goed aanvang. Werklik. My hart gaan uit na die trauma van die masjinis. Hy het net sy werk gedoen.
wat leer dit die kinders? hoe het mense deesdae vryer toegang tot die treinspore? is daar nie meer waarskuwings op nie?