Vrou sterf ná verkragklag teen Zuma

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Khwezi, die vrou wat pres. Jacob Zuma van verkragting aangekla het, is oorlede.

Khwezi se familie het in ʼn verklaring gesê sy is Saterdag dood. Die oorsaak van haar dood is nie bekend gemaak nie. Die familie het ook haar naam vir die eerste keer bekend gemaak sedert die aanklag teen Zuma aanhangig gemaak is.

“Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van ons dogter, Fezekile Ntsukela Kuzwayo, aankondig. In ons familie het sy liefdevol as Fezeka bekend gestaan terwyl sy in die publiek en deur haar ondersteuners Khwezi genoem is,” het die familie gesê.

“Fezeka was ʼn liefdevolle siel, ʼn dogter, ʼn suster en tannie wat altyd in ons harte sal bly. Ons was lief vir haar en sal haar nooit vergeet nie.” Die familie het gesê ʼn privaat begrafnisdiens sal vir Kuzwayo gehou word, gevolg deur ʼn diens wat vir lede van die publiek sal oop wees.

Kuzwayo, wat MIV-positief was, het Zuma in 2005 van verkragting aangekla. Hy is in Mei die volgende jaar vrygespreek op die aanklag. Zuma het aangevoer dat sy gewillig seks met hom gehad het. Hy het ook gesê hy het agterna gestort om te voorkom dat hy MIV kry.

Kuzwayo het egter volgehou sy is verkrag en het ná die verhoor in Nederland gaan skuiling soek. Sy het in 2014 na Suid-Afrika teruggekeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

snoefie ·

ek wonder daar klop sy hart na die aanhoor van die nuusbrokkie.

p ·

Die opskrif is misleidend : Het haar afsterwe iets met die verkragklag te doen gehad? Indien wel, dit kom nie so deur in die berig nie.

Cherokee ·

Jy sal nooit joernalistieke werk kan doen nie. Sal maar elders moet werk. Dit was ‘n manier om in enkele woorde te sê wie sy is. Andersins sou die titel van die berig meer sinne moes wees.

Columbiana ·

Cherokee dink jy regtig dis joernalistiek of is dit eerder “sensationalism”?

Verstaan mooi kom glad nie op vir Jakob nie dink sy daad was veragtelik maar as jy die opskrif alleen lees wat sien jy?

“presentations of newsworthy topics in a trivial or tabloid manner contrary to the standards of professional journalism.[2][3]

Some tactics include being deliberately obtuse,[4] appealing to emotions,[5] being controversial, intentionally omitting facts and information,[6] being loud and self-centered and acting to obtain attention.

Kiepie ·

Ek stem saam P. Eerder “Klaagster in Zuma-verkragtingsaak oorlede” of so iets. Maar sensasie verkoop koerante selfs op gratis nuuswebwerwe.

Cherokee ·

Dit is joernalistiek Columbiana, want koerantwerk is soos enige ander werk, produktief moet jy wees. Joernalistiek en sensasiolisme is een want as jy ‘n koerantopskrif sien moet jy dit wil lees. Die moet jou aandag trek op ‘n manier dat jy dit wil lees voor jy omblaai. So moet nie die koerantwese en sensasie skei nie. Wat is sensasie anders as aandag trek? En dan is die winkel se glanspapier advertensies ook sensasie waar hulle groot R99.99 skryf en klein onder dit ‘per maand’. Word realisties julle, die koerant is wel gratis maar afhanklik van lesersgetal.

Takkie Takuuza ·

Dis die eerste ding wat ek gedink het. Misleidende opskrif. Dit het tien jaar terug gebeur en nou lyk dit of sy dood is net na die klag gelê is.

Wern ·

Ek stem saam, baie stem saam. Maroela, verander asseblief die opskrif.

G ·

Ek moes self twee keer lees aan daardie opskrif. Cherokee, as jy net gesê het die opskrif is juis so opgestel sodat minder sinne gebruik word, dan sou jy na ‘n meer aangename mens geklink het. Maar nou moet jy eers neerhalend wees teenoor iemand wat die sin reg geïnterpreteer het.

Columbiana ·

Nee wat Cherokee. Gewoonlik skryf jy regtig goeie kommentaar maar stem glad nie saam met jou hier nie. As ek sensasie wil lees koop ek die Huisgenoot of daai verspotte Son koerant. Ons vertrou op Maroela om joernalistieke integriteit te hê. Hoekom dink.jy lees ons nie meer Beeld en kie nie. Juis vir hierdie rede het ons oorgeskakel na Maroela. Asb Maroela moet dit nie weer doen nie.

Cherokee ·

Indien dit nuus is vir jou Annie, dan sal jy van nou af verstaan waarom spotprenttekenaars somtyds Zuma teken met ‘n stortkop bokoant hom.

leller lag ·

Ek lag so dat die trane loop! LOL
AI EN DAN VRA HULLE HOEKOM ONS LAND SO IS

Anoniem ·

Skies Annie….maar regtig….is dit die eerste keer wat jy dit hoor!!!!!!!!!

WitBlits ·

Ek wonder of sy MIV gehad het en of dit die oorsaak van haar dood was, en indien wel het die agbare JZ dalk iets om oor te “worry”

Vonkprop ·

Sy was inderdaad MIV positief, soos bostaande berig in die voorlaaste paragraaf bevestig.

Jean ·

RIV, jammer die stelsel het jou so in die steek gelaat. Dit moet vreeslik wees om verkrag te word, en dan te sien hoe word jou verkragter vrygespreek agv politieke konneksies.

Annelize ·

Innige meegevoel aan haar familie. Sy was ‘n dapper, jong vrou. Rus in Vrede Kwezi.

Wiebo ·

Maroela, soek julle sensasie deur die opskrif van die ou niksseggende artikel? Maroela, ek is teleurgesteld in julle. Sommer nie meer lus om Maroela Media te lees nie……………………………….

Cherokee ·

Praat, praat, praat. Jy sal nie ophou Maroela lees nie want dit is gratis, verniet en vir mahala.

hans brits ·

Ou geraamtes kan n mens baie moeilikheid gee.Die zuma het geen geld om die familie om te koop nie,wat nou.?

Uiltjie ·

Dan is dit mos ook maar n KWEZI van tyd vir nhamba waan??

humor ·

Ek glo nie daar is droefheid by z nie, Eerder ietwat verligting indien hy n gewete het ( te betwyfel) Vir hpm is die saak afgehandel, wonder wat het in haar gemoed op vrouedag met hom as spreker aan – gegaan.

Wern is teleurgesteld ·

Maroela, julle het my baie teleurgestel want ons het hier genoem dat die opskrif misleidend en sensasiesoekend is, tog het julle, ons opinie heeltemal geignoreer. Hoekom?

L ·

Dankie aan Maroela vir hierdie opskrif, ons het nog altyd geglo dat julle nie sensasie soekend is nie.

tamboti ·

Die opskrif is nie misleidend of sensasie-soekend (sensasioneel) nie ……………… DIS ENVOUDIG LETTERLIK EN FEITELIK VERKEERD!!!!!!!!!! Sy is nie na die aanklag dood nie, dit is 11 jaar daarna!
RESPEKTEER HAAR EN FAMILIE asb. Maroela en Cherokee.

Sune van Heerden ·

Dagsê lesers

Dankie vir julle navrae en terugvoer oor die opskrif van die berig.

Ons neem kennis daarvan en het in retrospeksie besef die opskrif kan misleidend wees. Dit was hoegenaamd nie die Maroela-redaksie se oogmerk om sensasie te skep met die opskrif nie; ons het bloot gepoog om ʼn komplekse titel te verpak in die enkele woorde wat in ʼn opskrif tot ons beskikking is.

Dankie vir julle lojale ondersteuning
Groetnis
Suné
nms Maroela Media-redaksie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.