Vrou sterf ná verkragting: Man gevonnis

Alice Maree. Foto: Facebook

Die man wat ʼn ontvangsdame van ʼn prokureursfirma in Theunissen in die Vrystaat verlede jaar helder oordag by haar werk se kantoor verkrag het, is vandeesweek in die hooggeregshof in Bloemfontein gevonnis.

Johannes Mokati (22) is tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van Alice Maree (21) en 15 jaar tronkstraf op aanklag van roof. Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê vyf jaar van die verkragtingsvonnis sal gelyklopend met die roofvonnis uitgedien word, wat beteken Mokati sal effektief 20 jaar agter tralies deurbring.

Mokati is onskuldig bevind op aanklag van moord nadat die hof beslis het die staat kon nie bo alle twyfel bewys dat Mokati se optrede tot Maree se dood gelei het nie.

Maroela Media het vroeër berig Maree het twee weke ná die verkragting in ʼn hospitaal weens bloeding op die brein gesterf.

Maree het as ontvangsdame by die prokureursfirma gewerk toe Mokati op 9 Februarie 2017 by die kantoor aangekom het. Mokati het geld en bankkaarte geëis en Maree met ʼn mes gedreig. Hy het haar daarna in een van die kantore ingestamp en herhaaldelik verkrag. Hy het met ʼn skootrekenaar en tabletrekenaar op die vlug geslaan.

CJ Blumenthal en sy verloofde, Alice Maree. Foto: Facebook

Hy is die volgende dag in hegtenis geneem toe hy probeer het om dié rekenaars te verkoop. Dit het toe aan die lig gekom Mokati was uit op parool ten tyde van die voorval nadat hy aan aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind is.

CJ Blumenthal (26), Maree se verloofde, het kort ná haar dood aan Maroela Media gesê Maree het baie vinnig agteruitgegaan nadat sy verkrag en beroof is. “Dit lyk of sy harde houe of stampe agter haar kop gekry het. Sy het dieselfde aand al gekla van hoofpyne agter haar kop. Sy het nagmerries en stuiptrekkings begin kry en was baie gestres,” het Blumenthal verduidelik.

“Ek soek haar oral, ek weet nie watter kant toe nie. Ons het gelewe vir mekaar.”

Shuping kon nie onmiddellik bevestig of die staat van plan is om appèl aan te teken teen Mokati se onskuldigbevinding op aanklag van moord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Anoniem ·

Daarckon geen bewyse gewys word dat haar foos asgv die verkragting baie moeilik om te glo.!!!

Krewel ·

Absoluut verskriklik. Uit op parool. Iemand moet hier voor verantwoordelik gehou word. Die staat?

Amy ·

Dis altyd die probleem met sulke gevangenisse. Hoe weet mens of hulle werklik gerehabiliteer is…
Kan sulke mense ooit rehabiliteer word?
My hart gaan uit na daai mooi vroutjie se geliefdes.

KanekVra? ·

Hoe absoluut skokkend en tragies. Met alle respek gesê, dan moet ek my medemens lief hê?

Liz ceruti ·

Nee sulke mense wat gladnie empatie het vir hul medemens kannie gerehabiliteer word nie. Empathy cannot be learnt. A dokter het hierdie week gese “sulke mense is fabriek-foutief”. – ek se hul is factory rejects !

Lukie Carelsen ·

10 jaar vir verkragting en 15 jaar vir roof?
Belaglik!
Boonop onskuldig op moord!
Ons regsstelsel is baie siek!

Heidi ·

Stem saam, dis belaglik. Kan haar naasbestaandes siviele eis instel teen Korrektiewe Dienste oor vroee parool? Duidelik het hy nie rehabiliteer nie.

leser ·

kan harde houe teen die agterkant van die skedel (kop) nie bloeding op die brein veroorsaak het nie ???
dit het tot “moord” gely, so dit is moord

Signs ·

Dit is beslis nie rocket science nie; dit is duidelik dat die aanval bloeding op haar brein veroorsaak het en gevolglik tot haar dood gely het.

Koos de Meyer. ·

Weereens dubbel standaarde. So die bloeding op die brein het sommer vanself gekom. Sekeres in die regstel laat veel te wense oor.

Johan ·

Wat is die verskil tussen ons regstelsel en die sirkus? Die grootte van die tent.

Simpatie aan familie van Alice Maree. Ware geregtigheid is nie hier ter sprake nie.

honourable member ·

Ons regstelsel kyk altyd na versagtende omstandighede vir die beskuldiges. Hulle moet altyd die ligste vonnis kry.

apie ·

Hierdie saak en die een van Hannah Cornelius het my geruk tot in my siel. Dit is hierdie sake waaroor mense oral moet praat, die wereld oor en besluite moet neem wat vroue en kinders beskerm. Dit gebeur daagliks in ons land, 150 verkragtings word daagliks aangemeld, en 40% hiervan is kinders. Dit is die ergste

Perspektief ·

10 “TOT” jaar vir verkragting. (Met ander woorde, heel moontlik minder)
15 jaar vir roof.

Stap in en verkrag, moet tog asseblief net nie iets vat terwyl jy die vrou en gesin se lewe verwoes nie.

Ek is bly ons het soveel vordering gemaak met geweld teen vrouens……..

Hannelie ·

NET 20 jaar ? So die moordenaar en verkragter is 42 as hy uitkom, dan kan hy weer verkrag? Dis darem ‘n baie ligte vonnis vir verkragting en moord. Ons regstelsel faal ons keer op keer!!!!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy dit aan een van myne doen het ek jou borg aansoek ondersteun, die geld voorgeskiet daarvoor, en sou jy in my toesig op borg vrygelaat word…………..en dan sal daar nie ‘n hofsaak en ‘n tyd en geldmors wees nie……………..al wat in my ore sal lui is jou gesmeek dat ek moet klaarkry…..

E.K. die eerste ·

Effektief 20 jaar agter tralies? Net TWINTIG jaar?? Ek voel siek…

phillip van dyk ·

Klag moet nou teen staat gemaak word want hulle het hom laat uitkom en is dus aanspreeklik vir sy dade.

Johan ·

5 Jaar gelyklopend, wat ń klug. hy verdien om nooit weer die lug te sien nie. Mag sy ander klag teen hom, hom inhaal en dat dit nie weer samelopend is nie. Sterkte aan die familie.

Ben ·

Die SA se regstelsel begin n verleentheid raak vir die land. Tyd vir veranderings en heropleiding van regters. Hierdie was nog boonop rasisties van aard. Hierdie persoon sou doodstraf in China gekry het.

Jan ·

Neee tyd virheropleiding van die afrikaners wat so dom was om te glo mandela is hul redder…

Ryan ·

Dis onregverdig.. Sulke dinge laat my bloed kook. ‘n Lewe moedswillig geneem en hy kry net 20 jaar, geen wonder die ouens glimlag in die hof nie. Imagine dis jou dogter. Skielik net eendag weggeneem, jy treur verskriklik baie, jou 21 dogter – al die dinge wat jy saam met jou kind gehad het – net weggeneem. Jy hoop maar geregtigheid sal geskied, nie dat dit haar ooit sal terugbring nie. En dan kry die ou so ‘n swak vonnis.. Nee man.. Ek sal mos ballistiek raak.

Daleen ·

Wat ‘n grap.
En so kom nog een net weer weg om dit net weer oor 10 jaar weer te kan doen.

Wie weet ·

Hy kry 10 jaar vir verkragting en 15 jaar vir diefstal Hoe werk dit so virkragting is nie so ernstig soos diefstal nie Virkragting is soos moord vir n vrou Gee hom die doodstraf

JJ ·

Hoe swak is die gereg. 15 jaar omdat jy iemand lewendig in ‘n doodskis druk en NET 20 jaar omdat jy ‘n hele familie se lewe verwoes het ??

So verkeerd ·

So hierdie….boosaard kry 10 vir verkragting en 15 vir roof?
Roof is erger as verkragting?
Dan word daar nog 5jaar “afslag” gegee op die skamele 10 jaar!?
…o en moenie vergeet dat hy 0 kry vir moord nie, want sien, as ek iemand se kop herhaaldelik teen n muur of vloer stamp en sekerlik n paar vuishoue en headbuds gee – en die persoon sterf agv BLOEDING OP DIE BREIN — dan is dit nie my skuld nie…. seker maar “natural causes”?
WAAAAT!!!????

Anoniem ·

CJ baie sterkte net Jesus kan Jou pyn verlig, hou vas aan HOM ???

V ·

Daar word desê die doodstraf het geen effek nie… Wat van ‘n middeleuse definisie van die doodstraf? Waar hulle ‘n paar weke lank op die kruispaaie in die wind swaai? Wonder of ‘n voornemende verkragter nie dan 2 x sal dink nie? Met ‘n vêr-linkse liberale regstelsel, wonder ek of daar ooit enige remedie vir die slagoffers kan wees?

Gemaskerde Sopbeen ·

Die doodstraf word nog elke dag in hierdie land toegepas……maar nie deur die regering nie. Kriminele vermoor 53 mense per dag in hierdie land………….

Pietpompies ·

Met 40 000 verkragtings n jaar is die doodstraf meer gepas.

Erica ·

Natuurlik is dit moord. My innige simpatie met haar heengaan, dit ruk aan , my hart net om te dink hoe sy moes ly.

Theresa ·

Tragiese gebeure! Moord moet bygereken word. Wie was sy paroolbeampte of is daar nie meer sulke goed nie??!! Waarom dan nie ook verswarende omstandighede omdat hy juis op parool was en nogtans sy wreedheid gaan uitlaat het iewers nie!!! Waarom nie meer verswarende omstandighede omdat hy waaragtig weer gaan aanrand het!!! Verkragting behoort opsigself 50 jaar gevangenisstraf te wees. Sel 2mx1 max.

Innige simpatie aan haar verloofde en al die familie en vriende. Hoe seer moet dit nie vir almal wees nie…

Brutus ·

Ek dadelik dieselfde gedink as JJ hier bo wat die vergelyking gestel het met die doodkis saak en die afskuwelike daad wat baie erger was, geen vertroue in die hopelose regstelsel nie,lyk my vonnise word bepaal deur aan watter ras die oortreder behoort. Dit is onregverdig.

Lorinda ·

Permanente en eskalerende simptome van ‘n walglike siek land met ‘n siek samelewing. Ons emigreer.

Jan ·

Interessant dat heelwat mense erge nagmerries kry n rukkie voor hul dood.kan enige iemand hul ervarings oor hierdie soort nagmerries met ons deel..

Anoniem ·

maar laat iemand nou ‘n verkeerde woord gebruik dan is dit die einde van die wereld.

Sandy ·

Ek hoop hulle is van plan om appel aan te teken teen die onskuldig bevinding van moord. Dit het duidelik te doene met die verkragting, want hoe verduidelik mens die feit dat ‘n gesonde vrou skielik bloeding op die brein het? Hy het haar seker so hardhandig behandel dat sy kopbeserings opgedoen het.

PJC ·

As die polisie en die dokters hulle werk behoorlik gedoen het na die verkragting was hierdie boef nou vas vir moord. Hierdie meisie moes vir waarneming en dan verdere toetse in die hospitaal gehou word.

Ann ·

Hulle word nie gerehabiliteer nie! Sodra hulle vry is, moor, roof en verkrag hulle weer. Vuilgoed.

AndreL ·

Hoe vergelyk hierdie vonnis en oortreding met die doodskis sage?

Ella maree ·

Jammer ek koregeer net dit is 15 jaar vir verkragting en 10 vir roof ek is haar moeder dankie vir jul indersteuning ons gaan apeleer

Anni ·

10jr vir verkragting???,!!! Was die regter doof???? Blind??? Aan die slaap???? Swart of wit??! Kan nie glo wat ek lees nie! En nie haar dood veroorsaak nie??? Ag nee man! Ek hoop die staat het genoeg intelligensie om te apelleer!

Petrus ·

Moord of nie, verkragters verdien die doodstraf! Daar is nie plek vir sulke lafaards in ons samelewing nie. Kyk die vark wat die kind in Dros verkrag het. Nou mag sy video en gesig nie gewys word voor hy in die hof verskyn het nie. Hy verdien nie ‘n hofsaak nie! Dood is al wat die gemors uit ons lewens sal verjaag!

Rynette ·

So hoe versimpel is die flippen staat om vir ‘n krimineel appel aan teken om hom onskuldig te bevind. Dit is omdat hierdie land v kriminele aanmekaar gevlans is.
Geen ordentlike wetgwing dit is die probleem. Dit is soos die ou cowboy en crooks flieks net 100 x erger. ????

RN ·

Ons regstelsels is net so korrup soos die regering. Hulle sal allerhande verskonings uit dink om ‘n geweldadige krimineel nie regmatig te vervolg nie. Die gemors kry die ligte straf vir die ergste misdade wat mens kan aan dink. Maar sit ‘n krimineel in ‘n doodskis en kyk wat gebeur. Dit hang net af watter kleur jou vel is om te bepaal watse straf jy moet kry. Apartheid het mos misdaad gebriek. Nou Moet hulle mos inhaal, met vergunning.

Carina Thiart ·

Vra maar net……
Hierdie is tragies…..kan nie help om te vra….is hy deur hierdie prokureurs skuldig bevind met sy vorige oortreding en wou hy wraak neem……en wat my bekommer….hoekom was die meisie stoksielalleen in die kantoor……ek het ook jare gelede in Theunissen by n prokureurs kantoor gewerk en daar was altyd gesorg dat daar meer as 1 persoon op kantoor is…wanneer die prokureurs hof toe is vir sake….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.