Vrou sterf ná verkragting: Verdagte in hof

Alice en CJ. Foto: Facebook.

Alice en CJ. Foto: Facebook.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van Alice Maree (21), wat sowat twee weke daarna oorlede is, het Maandag weer in die Theunissen-landdroshof verskyn.

Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie het aan Maroela Media gesê die saak teen Johannes Papa Mokati (21) is tot 3 April uitgestel vir verdere ondersoek.

Volgens Khosana gaan Mokati glo nie meer voortgaan met sy aansoek om borgtog nie. “Die polisie wag nog vir die uitslae van die nadoodse ondersoek, ons sal eers dan kan bevestig wat presies die oorsaak van haar dood was.”

Volgens Khosana was die verdagte op parool nadat hy aan aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind is. Hy is slegs drie dae voor die voorval vrygelaat. Hy is ook gesoek vir ʼn saak in Thabong vir die gebruik van iemand se voertuig sonder die toestemming van die eienaar en ontsnapping uit aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig dat Maree as ontvangsdame by ʼn prokureursfirma in Theunissen gewerk het. Khosana het gesê ʼn man het omstreeks 16:00 op 9 Februarie by die firma in Theunissen aangekom.

“Die vrou was op pad om die kantoor te sluit toe ʼn man wat bekend is aan haar, hoewel sy nie sy naam ken nie, daar ingestap het,” het Khosana verduidelik.

Foto: Facebook.

Foto: Facebook.

“Hy het een hand agter sy rug gehou en haar begin dreig en geld of bankkaarte geëis. Sy het hom ingelig dat sy nie geld of bankkaarte by haar het nie waarna hy haar met ʼn mes gedreig het. Hy het haar toe glo in een van die kantore ingestamp en herhaaldelik verkrag. Hy het ook haar skootrekenaar en tabletrekenaar gesteel,” het Khosana gesê.

ʼn Saak is teen die man aanhangig gemaak en hy is die volgende dag in hegtenis geneem toe hy glo die skootrekenaar en tablet wou verkoop. Hy het vlugtig in die Theunissen-landdroshof verskyn.

Maree het na afloop van die voorval erg siek geword en is na die hospitaal gehaas. Sy is die oggend van 24 Februarie in die Pelonomi- privaat hospitaal in Bloemfontein oorlede.

Maree se ouer suster, Emsie, het aan Maroela Media gesê hulle is nie seker wat presies fout was met haar nie. “Ons wag nog vir die uitslae van al die toetse.”

CJ Blumenthal (25), Maree se verloofde, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die uitslae van die toetse is steeds nie bekend nie.

Blumenthal het vroeër vertel dat Maree baie vinnig agteruitgegaan het na dié voorval. “Dit lyk of sy harde houe of stampe agter haar kop gekry het. Sy het dieselfde aand al gekla van hoofpyne agter haar kop. Sy het nagmerries  en stuiptrekkings begin kry en was baie gestres,” het Blumenthal verduidelik.

“Ek soek haar oral, ek weet nie watter kant toe nie. Ons het gelewe vir mekaar.”

Blumenthal en Maree het op haar 21ste verjaardag in Desember 2016 verloof geraak. Hulle het mekaar agt jaar geken en ses jaar uitgegaan. “Sy wou altyd ander help en het graag grappies vertel, terwyl sy jou ook sommer sou ‘uithaal’ in die grap,” het Blumenthal gesê.

Mokati bly in aanhouding tot 3 April.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Arno ·

Shame dit moet so erg wees vir die ouers en suster en sy was 21 mense wat verkrag en roof en moordpleeg moet lewenslank kry sulke.hoe lewe sulke mense met hulself saam

Johann ·

Kla die persoon wat hom vrygelaat het op parool aan van medepligtig aan moord!

Dennis ·

Ek wonder maar net hoeveel EFF en ANC lede het in haar guns betoog buite die hof? Was die DA darem daar? Was daar swart babapoppe aan toue en kruise rondgeswaar?

Cecile ·

Dit skree ten hemele! Dis absoluut “open season” vir krimenele. Hierdie jong vrou is wreed en bitter stadig vermoor. Wat beskryf die woordjie wreed/met die doel om ernstig te beseer ? Absoluut niks want ons gewone menslike brein en verstand kan ons nie indink wat sy moes verduur het wat as wreed beskryf word nie. Hy het dit doelbewus beplan. Mag geregtigheid seevier hier!

marous ·

Hoe kan jy aansoek doen vir borg as daar ‘n onsnappings klagte teen jou is??

Hannelie ·

DOODSTRAF !!!!!! Hulle gaan NIE ophou, voor hulle nie die doodstraf kry nie. Mag al hierdie moordenaars eendag brand in die hel

Elmari ·

Sjoe ek is bitter jammer vir hierdie jong man wat sy pragtige verloofde so wreed verloor het. My hart breek vir jou, my gedagtes en gebede is by jou CJ.

Grassie ·

In baie gevalle, soos bv plaas- of huisrowe, waar vrouens aangerand en vasgebind word, word hulle verkrag ook. Sommige vroue verswyg dit en as dit bekend word versoek hulle die polisie om dit te verswyg want dit is vir hulle ‘n verskriklike vernedering, erger as om doodgemaak te word. Van die trauma waardeur witmense tydens aanvalle gaan, word maar net ‘n klein deeltjie in die media vermeld. Wat ek verder graag hier sou wou skryf sal nie geplaas word nie.

Alida ·

HOU TOG ASB OP OM DOODSTRAF TE SKREEU!!! JULLE WEET TOG DIT SAL NOOIT TERUGGEBRING WORD NIE.

Ons wil dit almal hê.

Regtig...dink eers mooi! ·

Ek wil beslis nie hê doodstraf moet terug gebring word terwyl ons onder ons huidige regering is nie, wie dink jy gaan aan die kortste end trek??? Alles is mos SOOO regverdig in ons land… dink mooi voor julle doodstraf wil terugbring!

vermeende ·

Troos julle self daar aan dat daar immers gesels word in die parlement oor plaasmoorde, so almal kan vanaand veilig gaan slaap.

Al wat dit gaan kos is om die volk te roep in fisiese teenstand en ons stop hierdie moorde in sy skoene.

Meegevoel aan al haar agter gelatenis, sy was so n pragtige mens.

dit is te erg ·

‘n Mens kan jou nie indink waardeur hier jong vrou is nie. Om met n mes teen jou keel verkrag te word – daar is nie woorde nie. My hart bloei vir haar en haar mense.

Ella ·

Ons mag nie die reg in eie hande neem nie….maar…ek wonder wat ek sou doen as dit my kind was.

louna ·

Siel siek, Bring die dood straf terug en laat die jong kinders weer terug gaan Weermag toe vir 2 jaar.Dalk sal daar minder Moorde en Verkragtings wees.Wie stem saam met my.

Alida ·

Louna ek steun 2 jaar diensplig maar dan moet wees soos in die 80’s toe dissipline nog toegepas was.

Anne coetzer ·

Mense vergeet van die doodstraf. Dit is die sterkste wapen in die verkeerdste hande teen n gehate volk. Mag geregtigheid hier deur owerstes gebring word.

Mz ·

Maroela Media sover ek dit het is Pelenomie nie ‘n privaat, maar staats hospitaal?

Mariné Lourens ·

Dagsê Mz

Dankie vir jou navraag. Die Pelonomi-hospitaal is een van twee hospitale in die Netcare-groep wat ‘n openbare-private-vennootskap (PPP) met die Vrystaatse departement van gesondheid het. Daar is dus’n gedeelte van die hospitaal was as ‘n private hospitaal bedryf word.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Chantel ·

Doen Suid-Afrika hoegenaamd enige psigiatriese evaluasie om te bevestig die goed is geskik om weer deel van die samelewing te word??

madels ·

Ek kan nie glo! dat so n gevaarlike persoon op parool vrygelaat is nie???? Hoe op aarde kan iemand wat alreeds soveel geweld agter sy naam het, vrygelaat word? Net om WEER daarna iemand erg te gaan verkrag en vermoor. Dit is uiters skokkend!!

Penelope ·

So jammer vir Alice se naasbestaandes. God sal verseker met die moordenaar werk!!!

Theresa ·

Innige simpatie met die familie en veral die verloofde – baie, baie trauma om te verwerk. Dalk het sy beswyk a g v die mishandeling. Wat die skuim aangevang het, is moord. Dis tien teen een a g v sy dade wat hierdie jongmens haar lewe verloor het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.