Vrou sterf ná verkragting, verdagte in hof

Alice en CJ. Foto: Facebook.

Alice en CJ. Foto: Facebook.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van Alice Maree (21) wat in Februarie ongeveer twee weke ná die voorval oorlede is, het vandag in die Theunissen-landdroshof verskyn.

Kapt. Malebo Khosana het aan Maroela Media bevestig dat Johannes Papa Mokati (21) in die hof verskyn het.

Die saak teen Mokati is vandag uitgestel tot 13 Maart.

“Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek. Daar is ongelukkig geen nuwe inligting beskikbaar nie,” het Khosana gesê.

Volgens Khosana was die verdagte op parool nadat hy aan aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind is. Hy is slegs drie dae voor die voorval vrygelaat. Hy is ook gesoek vir ʼn saak in Thabong vir die gebruik van iemand se voertuig sonder die toestemming van die eienaar en ontsnapping uit aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig dat Maree as ontvangsdame by ʼn prokureursfirma in Theunissen gewerk het. Khosana het gesê ʼn man het omstreeks 16:00 op 9 Februarie by die firma in Theunissen aangekom.

“Die vrou was op pad om die kantoor te sluit toe ʼn man wat bekend is aan haar, hoewel sy nie sy naam ken nie, daar ingestap het,” het Khosana verduidelik.

Die deur van die prokureursfirma waar Alice gewerk het. Foto: Facebook.

Die deur van die prokureursfirma waar Alice gewerk het. Foto: Facebook.

“Hy het een hand agter sy rug gehou en haar begin dreig en geld of bankkaarte geëis. Sy het hom ingelig dat sy nie geld of bankkaarte by haar het nie waarna hy haar met ʼn mes gedreig het. Hy het haar toe glo in een van die kantore ingestamp en herhaaldelik verkrag. Hy het ook haar skootrekenaar en tabletrekenaar gesteel,” het Khosana gesê.

ʼn Saak is teen die man aanhangig gemaak en hy is die volgende dag in hegtenis geneem toe hy glo die skootrekenaar en tablet wou verkoop. Hy het vlugtig in die Theunissen-landdroshof verskyn. “Tydens sy tweede verskyning op 24 Februarie is hy borgtog geweier.”

Maree het na afloop van die voorval erg siek geword en is na die hospitaal gehaas. Sy is die oggend van 24 Februarie in die Pelonomi- privaat hospitaal in Bloemfontein oorlede.

Maree se ouer suster, Emsie, het aan Maroela Media gesê hulle is nie seker wat presies fout was met haar nie. “Ons wag nog vir die uitslae van al die toetse.”

CJ Blumenthal (25), Maree se verloofde, het Vrydag aan Maroela Media gesê dat die uitslae van daardie toetse steeds nie bekend is nie.

“Hulle het gesê ons kry dit in die week. Vandat dit gebeur het, het sy baie vinnig agteruitgegaan; dit lyk of sy harde houe of stampe agter haar kop gekry het. Sy het dieselfde aand al gekla van hoofpyne agter haar kop. Sy het nagmerries  en stuiptrekkings begin kry en was baie gestres,” het Blumenthal verduidelik.

“Ek soek haar oral, ek weet nie watter kant toe nie. Ons het gelewe vir mekaar.”

Blumenthal en Maree het op haar 21ste verjaardag in Desember 2016 verloof geraak. Hul het mekaar agt jaar geken en ses jaar uitgegaan. “Sy wou altyd ander help en het graag grappies vertel, terwyl sy jou ook sommer ‘uithaal’ in die grap,” het Blumenthal gesê.

Mokati bly in aanhouding tot 13 Maart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Sarel Strydom ·

Wat ‘n tragedie soos sovele deesdae. klink al vir my of die man wou terug gaan gevangenis toe. Die persone wat aan hom parool toegestaan het behoort aan die hof te kom verduidelik hoekom soveel misdadigers wa t op parool weer tot geweldadige misdaad wend.

Gert ·

Pelonomi Hospitaal – as jy soontoe geneem word moet jy voor die tyd van als en almal afskeid neem want daar stap jy blakend gesond in maar word voete eerste daar uitgedra, dis ‘n NARE PLEK, meer ‘n “torture camp” as ‘n hospitaal. Sterkte aan haar familie.

Karma ·

@Gert – aggenee, dit is darem seker nie waar nie? Pelonomi PRIVAAT Hospitaal in Bloemfontein is darem seker beter as ‘n staatshospitaal?

Kobus 4e ·

Het jy gesien dat sy in die Pelonomi PRIVAAT hospitaal was? Is dit die Torture camp? Aijaijai
gaan alles dan nou agteruit?
Sterkte aan die familie

Theresa ·

Beslis. Mens moet dit kan afdwing dat so ‘n amptenaar saam skuldig bevind word. Wat se toesig is dit??? Geen borgtog vir ‘n verkragter of moordenaar nie.

Jenny Thom ·

JC, hoe verskriklik moet dit nie vir jou en haar familie wees nie. So jammer oor die ongelooflike groot verlies. Ek bid dat ABBA Vader jul sal koester en sal vertroos net soos Hy alleen kan. Vertrou alleen op Hom om jul deur hierdie donker tyd te ondersteun en onder Sy vlerke te beskerm en dig teen Sy Bors te hou. Wees stil en weet Hy is onvoorwaardelik in beheer. Ek bid vir julle!!!!

AL ·

Die polisie het hom gesoek vir ander sake teen hom. Hulle databasis nie gelink met korrektiewe dienste. Iemand sal drasties verantwoordelikheid moet neem dat kriminele n vrypas na die strate kry.
Die vark moet baie lank sit vir wat hy gedoen het!
My hart breek vir haar naasbestaandes!

Denise ·

Dit is baie hartseer ek het nie meer woorde nie dit raak net al hoe erger en erger !!!!!

Evonne ·

Dit is so hartseer, so pragtige jong dame! Dit is vir my baie kommer wekkend dat omtrent in elke artikel lees mens dat die persoon uit was op parool……..miskien moet die konsep van parool heeltemal wegval want lyk my as hulle eers in die tronk was sal hulle enige iets doen om weer terug te gaan …. !

Cryosphear ·

CJ is ‘n beter mens as ek. Ek sou seker maak daai lafaard sien nie môre nie. Worry nie wat met my gebeur nie

Tanya ·

Ek het soveel wat ek wil sê maar is bevrees dat MM my goed weer sal afhaal. Dit voel vir my asof ons deesdae hier op aarde is om net te lei. Ons mense mag nie gelukkig wees nie. Jy moet agter slot en grendel met 6 honde in jou huis slaap, alle vensters en deur moet na 18h00 saans gesluit en toe wees, jy mag nie in skrapse onderklere slaap nie want wat as een van die siele inkom en jou verkrag. Jy mag nie na donker in die aand buite wees of enigsins rondry nie. Mens kan nie so leef nie, mens kan eenvoudig nie so leef nie.

Andres Basson ·

Die moorde, verkragtings, diefstal, korrupsie duur net voort. ANC het SA vernietig. Die publiek engine besighede moet alle belastinggelde in trusts inbetaal. Sonder geld gaan die ANC hulle mag verloor.

Linny ·

Dankie vir almal se simpatie. Dit is n baie tragiese geval vir ons as gesin. Ons weet Pelenomi is nie een van die beste hospitale nie maar die dokters het baie baie mooi na haar kyk. Hulle was self geskok toe sy oorlede is.

Sarie ·

Sy was rerig pragtig.. Ek is sò hartseer & oneindig jammer vir àlmal wat deur haar afsterwe geraak word… CJ is ook ‘n baie aantreklike jongman. Hulle was ‘n pragtige paartjie. Hierdie afgryslike moorde & misdade is beslis niè die wil van God nie…. ASSEBLIEF HERE, ontferm U oor ons…

pjk ·

My hart is gebreek en my verstand weyer om aan die detail van die gebeure aan die mooie meisie te dink wat sy alles moes deurmaak. Ek dink God het haar maar kom haal want dir ou liggaampie was net te stukkend. Sjoe ek sit nou eers n traan in vir jou ?. Dit is so sad dat ons so deur satan verniel moet word. Ons het nie meer n keuse nie en ons moet almal opruk na Angus toe die 22 April!!!! Hierdie is nou verpligtend.

christine ·

Gert hier in Bloem lyk al die hospitale na gister se Pelolome daai wat daar was is opgeslurp deur privaat na radikale transfermasie dienste nou ewe sleg jy kan net sowel Pelanomi toe gaan vat my woord hiervoor

Wayne Gibbs ·

Waar is die media en die politieke partye se opheffing or hierdie afgryslike misdaad. Dit is moord en verkragting op ‘n totaal onskuldige jong vrou deur ‘n man van ‘n ander ras, waarskynlik die skreiendste misdaad onder die son. Maar as twee mans ‘n man van ‘n ander ras in ‘n kis sit om hom af te skrik van die pleging van misdaad omdat die staat weier om misdaad hok te slaan, en hy geen beserings opdoen nie, dan kan sekere politieke partye en die media net nie daaroor uitgepraat raak nie. Eenogig en bevooroordeeld en onregverdig. Vergaap my daaraan dat media huise na hul boodskappe as “nuus” verwys. Dit is blatante propaganda. Ek verneem nie dat die ANC of die EFF by die hof betoog nie. Bewys dit nie dat daardie partye die dreigemente dat blankes verkrag en vermoor moet word wat deur sommiges gemaak word, stilswyend goedkeur nie?

Alida ·

Hopenlik sal die dept van gesondheid nou na ALLE hospitale kyk en bevoegde opgeleide personeel aanstel en nie net werk skep nie. Veral na 100+ mense se dood.

Carel ·

Té veel verkragters en moordenaars is uit op parool. Hulle behoort rond te loop met kettings en ysterballe aan hulle voete.

Suzie ·

“gebruik van voertuig sonder toestemming…” Is dit dalk dieselfde as gesteel?

Jef ·

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek, nou wat wil hulle nou nog ondersoek, alles dui daarop dat hy die dader is, niks uitstel nie vonnis die misdadiger.

Christa ·

Wie het hom vrygelaat en op grond waarvan? Daardie department/ instansie of wie ook al betrokke was moet aanspreeklik gehou word vir haar moord en daarvoor aangekla word!!

Dan ·

Ai mense, julle kan vergeet daarvan dat die parooloffisier, die SAPS, die Landdros wie voorheen borg toegestaan het aan die skuim, ens., enigsins verantwoordelik gehou sal word. Vergeet ook daarvan dat hierdie “arme beskuldigde” met sy “menseregte” lank gaan sit. Ons word geteiken onder opdrag en niemand gaan iets daaraan doen nie. Net onsself kan iets doen maar die volkie sluit hulself mos eerder in hul tronke toe by die huis en hoop alles sal regkom.

Alida ·

Dan wat doen jy om dit te verander? Sal graag wil weet dan volg ons jou.

Sussie ·

Die ‘bucket’ word hier heen en weer gepass oor wie verantwoordelik gehou moet word. Ek dink die staat het hierdie vrou gevaal in hul verantwoirdelikheid soos in die Grondwet vervat. Dit is tyd dat daar dieper na hierdie tragiese insident gekyk word. Ons land se mense (maak nie saak van watter ras) verdien beter. Mag haar kollegas as professionele regsgeleerdes hierdie saak nie daar laat nie. Sterkte aan die familie.

Eugene ·

Die antwoord is eenvoudig, ons mense word uitgemoor en ons is te slapgat om iets te doen. Word wakker, dit is tyd om op te saal.
22 April 2017… Angus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.