Vrou sterf ná verkragting: Verdagte was op parool

Alice en CJ. Foto: Facebook.

Alice en CJ. Foto: Facebook.

Die verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die verkragting van Alice Maree was op parool vir ʼn vorige misdaad.

Maree (21) het by ʼn prokureursfirma in Theunissen as ontvangsdame gewerk. Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn man het omstreeks 16:00 op 9 Februarie by die firma in Theunissen aangekom. “Die vrou was op pad om die kantore te sluit toe ʼn man wat bekend is aan haar, hoewel sy nie sy naam ken nie, by die kantoor ingestap het,” het Khosana verduidelik

“Hy het een hand agter sy rug gehou en haar begin dreig en geld of bankkaarte geëis. Sy het hom ingelig dat sy nie geld of bankkaarte by haar het nie waarna hy haar met ʼn mes gedreig het. Hy het haar toe glo in een van die kantore ingestamp en herhaaldelik verkrag. Hy het ook haar skootrekenaar en tabletrekenaar gesteel,” het Khosana gesê.

Die deur van die prokureursfirma waar Alice gewerk het. Foto: Facebook.

Die deur van die prokureursfirma waar Alice gewerk het. Foto: Facebook.

ʼn Saak is teen die man aanhangig gemaak en hy is die volgende dag in hegtenis geneem toe hy glo die skootrekenaar en tablet wou verkoop. Hy het vlugtig in die Theunissen-landdroshof verskyn. “Tydens sy tweede verskyning op 24 Februarie is hy borgtog geweier.”

Maree het na afloop van die voorval erg siek geword en is na die hospitaal gehaas. Sy is die oggend van 24 Februarie in die Pelonomi- privaat hospitaal in Bloemfontein oorlede.

Khosana het gesê die verdagte was op parool nadat hy aan aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind is. Hy is slegs drie dae voor die voorval vrygelaat. Hy is ook gesoek vir ʼn saak in Thabong vir die gebruik van iemand se voertuig sonder die toestemming van die eienaar en ontsnapping uit aanhouding.

Maree se ouer suster Emsie het aan Maroela Media gesê hulle is nie seker wat presies fout was met haar nie. “Ons wag nog vir die uitslae van al die toetse. Alice was die mooiste, wonderlikste mens. Sy wou altyd ander help. Sy sou jou eers help voor sy haarself sou help. Sy was ook ʼn baie goeie atleet. Ons sal haar altyd onthou as iemand wat voluit gelewe het,” het Emsie gesê.

Khosana het bevestig ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen.

“Alice en CJ (Blumenthal) het op haar 21ste verjaarsdag in Desember verloof geraak. Dit was so ʼn lekker aand,” het Emsie gesê.

Maree word om 11:00 Vrydag vanuit die NG Moedergemeente in Theunissen begrawe. “Ek dink almal hier gaan daar wees, almal gaan ook met hulle motorfietse kom,” het Emsie gesê. Maree en Blumenthal het gereeld motorfiets gery.

Maree word oorleef deur CJ, haar ma Ella, pa Hennie, sussies Lynette en Emsie en boetie Stephan.

Die verdagte moet weer op 10 Maart in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

72 Kommentare

Willie Paterson ·

Wanneer gaan die streep getrek word. Dit kan mos nie so aangaan nie?

Johann ·

Die enigste streep wat getrek word is die bloedstreep van blankes wat verkrag en vermoor em geskend word….ten aanskoue van n “president” en sy kronoes wat te besig met self vergrype om selfs n versko ing vir n gewete te he….

DewaldS ·

Daar was mos twee diagonale strepies getrek – in ‘n blokkie. Teenoor Ja of Nee.

Susanne ·

DewaldS, jy kan niks aan die verlede doen nie, jy kan wel vergeet en ‘n toekoms help bou, dit is verby, jy kan aangaan, of vashaak, dit is jou besluit

Andreas Meyer ·

Verskrikklik, iets wat bykans onmoontlik sou wees in ‘n beskaafde land. As 21 jarige het sy egter nooit ‘n se daaroor gehad nie.

Hannelie ·

Ek voel ook so….om te skree dat Zuma moet wakker word. Kyk wat gebeur in die land! Ons moet ‘n regering kry wat verby hul massiewe maandelikse inkomste kyk en hul harte laat sag word vir verkragti ga en moord…en dan eers moet hul harte hard word en die doodatraf terug gebring word.

Motorfietsbende ·

Die manne met die motorfietse moet sommer die beskuldigde ook n besoek gee as hy vry rondloop.

Yolandi Myburgh ·

Baie Sterkte aan die gesin en familielede in die tyd van donker tye wat julle nou deur gaan

Uvonka ·

So hartseer, so onnodig!!!!! Jis ek moet ‘n wag voor my mond sit ander sit ek verseker met my gaai in die trunk!!!!

Johann ·

Maak n saak van moord medepligtig teen die persoon wat die wetter parool toegestaan het!!!!!!

ella ·

Hoevele moorde word gepleeg deur mense wie op parool vrygelaat is? Wie besluit dat hierdie mense nie ‘n gevaar vir die samelewing is nie? Wie gaan nou verantwoordelikheid aanvaar…wat ookal die uitkoms, dit gaan nie die persoon terugbring nie. Sommige mense gaan jare lank tronk toe vir diefstal, ander kry parool vir moord na ‘n kort rukkie?

Stem saam. ·

Ja, die magistraat moet gedagvaar word. En almal moet na die verhoor gaan.

Amanda ·

Nog een wat uit was op parool net soos die wat die moorde gepleeg het in Dullstroom. Hulle was uit op Bail . Kry te maklik parool en bail…… gaan niemand wakker skrik nie.

cor ·

As dit nie verkragting is nie, is dit moord en doodslag , so gaan dit dag vir dag geen goeie nuus nie . Dit was my laaste lees van maroela of enige ander media. Daar sal eers verandering kom as die wat in beheer is se direkte familie deur so iets geraak word , maar hulle word beskerm deur honderde lyfwagte wat betaal word met die minderheid se belasting geld.

Ian steyn ·

Sien jul 22 April in Bloemfontein Dan vra ons die Vader om verandering te bring in ons land

Carien ·

Ja, almal moet saam staan in gebed, maar moet ons nie daai dag vas en bid nie? In die Bybel het hulle dit gedoen, is dit nie tyd dat ons dit ook doen nie. In krises tye moet mens vas en bid.

AbelKNAbel ·

Die skrif sê dat jy vir enige saak wat swaar op die hart lê kan vas en bid. maak nie saak vaarvoor nie, as jy die ingrype of die wil van God in nn saak soek, dan vas jy… gaan daarvoor..

GENADE ·

MAG SY IN VREDE RUS… Mag God haar ouers en verloofde omvou met vertroosting.

Happy Chappie ·

Janeewat verkragting was nie juis vir hom ‘n oortreding nie, dit was consensual volgens hom, so hoekom sal hy omgee vir ander wat verkrag word? Hy is self daarvoor aangekla en het skotvry daar uitgestap. Verkragting raak hom nie, moorde raak hom nie, hoekom sal hy ‘n dag se slaap daaroor verloor? Solank die belastingbetaler net sy kaste vol kos hou en sy vrouens happy hou is hy happy! My innige simpatie aan die naasbestaandes van ‘n pragtige vrou wat nog nie eers begin leef het nie. Ek wil maar ook ‘n beroep doen op besighede om paniekknoppies te installeer en veiligheidswagte te kry om na julle mense te kyk. Arme meisie wat alleen die kantoor moes sluit het geen verweer gehad nie. KYK NA JULLE MENSE!

Willem ·

Meer kan ek nie met jou saam stem nie.Wil my voorkom of menige nog nie mooi weet in watter haaglike omstandighede ons lewe nie. Dis bitter jammer en was so onnodig.

apostelperdpersoon ·

in die tyd van “waterskeiding-sake in SA mag dit wragtig net slaag.

Francie ·

Maak ‘n saak teen die owerheid wat hom vrygelaat het.
Hy moes nooit eers daglig gesien het nie, ons het al herhaaldelik gesien hoe dieselfde gebeur met ander oortreders.
Dit bewys mos dat hy geensins gerehabiliteer is nie!

Geskok ·

Net maar nog ‘n statistiek van ‘n blanke wat vermoor is!. Dit pas so mooi in by die ongeskrewe(?) beleid van die regering!. Kan niemand insien dat die traagheid van die regering om teen enige misdaad wat teen blankes gepleeg word, op te tree deel is van hulle beleid om finaal van blankes in die land ontslae te raak nie?. Moor hulle stadig uit, dan gaan die oorblywendes dalk emigreer en die misdadigers die moeite spaar om hulle een-vir-een te vermoor!. Doen dit met die boere by uitstek en “onbenutte” plase kan dan uitgedeel word aan die wat skree “We want land” en so word hulle stemme in die 2019 verkiesing gewaarborg. My uiterse meegevoel aan almal wat deur hierdie pragtige dame se ontydige dood geraak word!.

Johann ·

Mense hoor my…voor die einde van 2017 kom hier groot probleme as dit so aangaan

Ludwig Churr ·

Koos, Ja maak Teunnissen toe vir die dag. Staan almal saam by die hof. Stuur ‘n boodskap aan die land. Genoeg is genoeg.

Eerbiedig die mooi jong dame se lewe.

Piet ·

Hoekom word diegespuis se naam nie genoem nie ons wil weet wat sy naam is die 2 witmans wat die swarte in die doodskis gesit het om hom te laat skrik is by name genoem ek is woedend verby

Jelly ·

DAGVAAR DIE REGERING. Al hoe hierdie mense gaan luister is as hulle betaal. Hulle laat moordenaars en verkragters op R200 borgtog vry en as hulle wel tronkstraf kry na ‘n paar maande op parool om weer kriminele dade te gaan pleeg. Hoeveel van hierdie skarmunkels het al mense vermoor terwyl hulle op parool was? EIS teen hulle, ek weet dit bring nie julle pragtige dogter terug nie, maar die hemele weet erens moet daar mos geraas gemaak word.

Dirk01 ·

Die staat is ten volle verantwoordelik vir die tragiese voor val , hy moes nooit agter tralies uitgekom het nie .Afri Forum ondersteun die families met eise teen die staat ASB

pj ·

Dis virskriklik dis enige ouer se grootste vrees Mag God ons beskerm

BAREND ·

zuma sit agter alles ,die D A swyg en VF + SIT ARMS GEVOU gaan stem maar weer vir hulle
dit gaan nog erger word glo my ,daai verkragter is n held in die tronk

apie ·

dit is beslis n waterskeiding-saak. Dit klink of sy oorlede is van die trauma – sy het epiletiese aanvalle / angs-stuipe begin kry. Sy was piepklein jonk en fyn.

Charmaine ·

Wat my siek maak is dat die swartes wat in n Taxi ongeluk dood is haal die nuus maar nie een van vekragtings en plaasmoorde haal nuus nie. Hulle kan die sirkus in die Parlement wys maar nie wys wat die barbare aan die wit mense doen nie. Daar moet nie iets soos parool wees nie want die bliksems doen wat nou gedoen is. Sy het dit nie verdien nie soos wat geen ander wit mens dit verdien nie. Mag God hierdie nasie hard ruk en straf want hulle oortree al die gebooie. Ek is al so gevul met haat teenoor ons Regering.

Celia van Kaapstad. ·

Stem saam met jou.
Dit het n geweldige impak op my. Elke vrou moet n pepperspray by haar dra. Moetnie meer van hulle dienste gebruik maak nie- doen jou werk self. Ek is 63 en nog nooit n bediende gehad nie, nie . Dit hou my fiks, ek spaar geld en eks veiliger
Hierdie jaar, 2017, gaan n bloedjaar wees ek sien dit al klaar. Die ANC regering wys duidelik hulle agenda- hul wilons wittes dood he om uiteindelik besit van plase te kry. Selfde as Zim. Analien Kriel het ook die woorde uit my mond geneem- ons is in wanhoop en niemand gee om nie.
Ons moet open of ander manier opslae maak hieroor. Massaoptrede is noodsaaklik nou- ek het dit al soveelkeer genome- maar, helaas- die mense vir wie ek stem, doen niks! VFPlus!!!
Ek is ook keelvol om te hoor- voedselprodusente en voedselsekerheid- Ons boer is MENSE met families en bitterlikgetraumatiseer- hulle is nie net kosmasjiene vir Afrika nie.

wilma ·

Dirk01 is jy lid van Afri Forum? Indien nie sluit gerus aan. Dit kos geld om te eis teen die staat. Elke bydrae wat ons lewer is baie nodig. Afri Forum het van elke blanke in hierdie land ondersteuning nodig om ons te help.

AL ·

Die Korrektiewe Dienste en Polisie se databasisse is nie ‘gelink’ nie. Dis tog 2 departemente wat nou moet saamwerk!

Barrie Vermeulen ·

Ek het ‘n reuse probleem dat die prokureurs van die firma so ‘n verantwoordelikheid aan ‘n jong weerlose dame toegese het. Waar was die sekuriteit wat veronderstel is om die werk te doen? Of is daar nie sekuriteit nie omdat die winste opvreet en daar nie gou genoeg ryk kan word nie. Die prokureurs of/en die eienaars van die gebou moet ook aandadigheid vir haar dood aanvaar.

Snoepie ·

ai, so n pragtige mensie se lewe soooo wreed kort geknip. En dit vir wat???? :(

Janna ·

Ek is so hartseet Alice is so jonk ek kan nie dink waardeer haar verloofde, familie en vriende gaan nie. Waaneer gaan SA wakker skrik. BRING TERUG DIE DOODSTRAF.

ek ·

Dis my vriendin, ons was saam op skool. Ons is deiselfde ouderdom, sy was amzing gewees, Sprakelend ! Ek werk in net so gevaarlike omgewing soos sy het.. As ek hom kry…..

John ·

Hospitale in die Vrystaat: Nag! Mense sonder goeie mediese fondse is baie sleg daaraan toe. Hartseer! Uit op parool… Waarborg ellende vir sovele van ons mense…

oumie ·

Ek is woedend ek huil ek ek ek kan moor gemors op parool regtig familie en verloofde trek korrektiewe dienste kaalgat uit en so baie sterkte aan jul almal dat so mooi mens so sleg moes doodgaan my hart huil vir julle

Afrikaanse Knaap ·

My hart gaan uit na haar familie, en my wrewil gaan uit na die ANC wat met hulle rassisme verhoed dat die staatsinstellings die beste polisie lede aanstel.

Cherokee ·

Dit is wel heel van die onderwerp af maar Jawitz is so ver my kennis strek eiendomsagente en nie prokureurs nie. Dit word gesê baie ver vanaf Theunnisen en dit mag wel so wees dat daar ‘n Jawiz prokureur is maar dit lyk op die foto ook asof daar properties geskryf is op daardie deur.

Sune van Heerden ·

Dagsê Cherokee

Dit is slegs ‘n bord van die eiendomsagent wat op die prokureursfirma se deur vasgemaak is. Die “te koop”-bordjie is ook sigbaar.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Cherokee ·

Ó….. baie dankie vir die verduideliking Suné. En verskoon die vraag maar dit is omdat ek somtyds met Jawitz te doen het en hul logo so groot is op daardie deur. Nou is dit verstaanbaar.

Alida ·

Borg word net toegestaan sonder perke want die tronke is vol. Die ANC moes in 2000 al begin tronke en skole bou. Maar nou-ja. Sleg goed. Dit is n tragiese voorval.

Thinus ·

En dit gebeur by prokereurs firma…. so asof die drek iets probeer se. Ek het hoop gehad dat die land sal vooruit beweeg maar dit is gebreek. Die regering will ons nie hier he nie maar in dieselfde asem doen hulle alles in hulle vermoe om dit so moeilik as moontlik te maak om te loop want sonder ons is daar niemand om te blameer vir hulle korpusie nie en dan het die man dalk by Zuma se huishouding aangeklop…

jennefer ·

Sy is die 9e verkrag en oorlede die 24e , wat se medikasie is aan haar gegee????

Yolanda ·

Ja, dis vreeslik, sy is net verkrag, nie met n mes of iets gesteek nie, sy moes dit oorleef het, hoekom is sy dood. Wat is die rede vir haar dood…infeksie, swak toestand van die hospitaal, nie die regte medikasie nie….? n Verkragting is erg, maar as dit nie wreed was en sy aangerand en met n mes gesteek of geslaan is nie, moes sy mos nog gelewe het.

toy ·

Ek is groot gemaak om niks en niemand te haat maar ek het n haat gevoel binne my.

JR ·

En so gaan dit aan. Al wat agter bly is kruise op grafte en gebroke verpletterde families. En SAPS se siek gekookte misdaad statistiek. Nie eens te praat van sielsiek politici nie!
Ons familie se harte gaan uit na julle. Mag God jul in Sy liefdevolle arms toevou en tweedens onverbiddelik geregtigheid in hofsaak laat seevier.
JR

Elise ·

Die persone wat hom op parool laat uitkom het is eintlik die skuldige partye. As dit my dogter was sou ek hulle verantwoordelik gehou het!!!! Dink aan die familie.

Louzette ·

Net die Here kan ons red uit die verdrukking. Innige meegevoel aan d familie en verloofde.?

Marieta ·

Hoekom gee julle nie ‘n like en dislik knoppie by kommentare nie??

Janie Monsieur ·

Dagsê Marieta

Dankie vir jou navraag!
Maroela Media maak na verwagting binnekort ‘n groot aankondiging hieroor – bly gerus ingeskakel!

Groetnis
Janie
nms Maroela Media

rudi ·

Ontsnap uit aanhouding! Patetiese regstelsel en polisie. Patetiese hospitaal! My vrou se oupa is in daai hospitaal dood agv ontwatering.

Johan. H. ·

Die haat grooeeeii !!!! LUISTER JULLE IN DIE PARLEMENT WAT SO LEKKER SLAAP>>>

marane ·

My Tannie en Oom gaan die res van hulle lewe met die letsel loop. Ek praat nie eers van haar verloofde nie. Hy is baie gebroke. Daar moet justice terug kom. So baie verloor lewens. of doodstraf moet terug kom?

Anoniem ·

Dit is siek man, ek was ongelukkig ook deur so n ondervinding… Ek het terug gekom by die huis van werk af net om te hoor hoe my vrou gil, toe ek die deur oop kry toe was daar n groep mans (sateniste) wat besig was om haar te verkrag (sodimiseer). Ek weet nie hoe ek haar gered het nie, maar ek het. Ons was ook nie deel van enige satenisme nie.

Ons het n verkragting saak gaan oopmaak en my vrou was opgeneem vir “internal abdominal injuries” Die saak was toe uit gegooi en hospitaal verslag is weg.

Ek is oortuig dat die sateniste, dwelm handelaars en polisie almal kop in een mis is.

Liza ·

Liewe hemel tog ……… siek siek verby…… mog hy ……. die blerry parlement en sy trawante sal nooit wakker skrik nie, nooit….. want dis mos lekker om die wittes so te sien gaan…….
Toy ek stem saam met jou, ons is nie so groot gemaak nie, maar magtig mens kan nie anders as om te begin daardie haat gevoel te kry nie……..
Rus in vrede Alice en sterkte aan die familie en CJ……..

Marelize ·

Ek kniel voor God die Allerhoogste. Here, U is aan die kant van die regverdige.

Ek bid dat U die Regter sal wees…

Ludwig Churr ·

Theunissen manne moet saamstaan soos volg.
Laat weet ons weet wie die magistraat was wat die man op borg uitgelaat het. Magistraat is skuldig.

Almal moet na die hof gaan wanner die saak voorkom. Sluit Theunissen vir die dag.

Theunissen, wys die land dat ons nou genoeg het. Doen dit op ‘n mooi stil manier. Eerbedig die jong dame se lewe, en dalk kom sulke dinge tot in einde. Dagvaar aub die magistraat.

Gert ·

Wat te erg is is te erg !! Dinge ruk hande uit. Doodstraf is die antwoord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.