Vrou sterf ná verskeie steekwonde, man kritiek

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Vrou is Sondag in Margate doodgesteek en ʼn man in ʼn kritieke toestand nadat hy ook met ʼn skerp voorwerp aangeval is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê hul paramedici is om 14:16 na die toneel ontbied.

“ʼn Vrou, vermoedelik in haar veertigs, het verskeie steekwonde reg oor haar hele liggaam opgedoen. Paramedici het verwoed probeer om die vrou by te bring, maar sy is op die toneel dood,” het Herbst gesê.

Volgens hom is  man, vermoedelik in sy laat veertigs, ook op die toneel behandel weens verskeie steekwonde. Hy is na ʼn hospitaal gehaas.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die omstandighede waaronder hierdie voorval plaasgevind het, word ondersoek.

Gwala het gesê die polisie in Margate ondersoek sake van moord en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anton ·

Jammer, maar eintelik sê die berig nie werklik veel nie.
Volgens my kon die berig maar netsowel nie geplaas gewees het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.