
Die toneel in 12de Laan waar Corrie Visser en sy vrou Gerrie aangeval is (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)
Gerrie Visser (78) is in die hospitaal oorlede, ʼn week nadat haar man in hul huis in die Pretoria se Moot-gebied vermoor is.
Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig Visser is Dinsdag oorlede. Haar man, Corrie Visser (75) se liggaam, is presies ʼn week gelede op Dinsdag 27 Desember agter in sy erf by hul huis in 12de Laan gevind. Gerrie het teen ʼn hek in die erf gekap en so die bure se aandag getrek om hulp te ontbied.
“Die egpaar was alleen by die huis toe hulle oorval is. Hulle het albei steekwonde opgedoen en Corrie is ook met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan,” het Brits verduidelik. Corrie is op die toneel dood verklaar. Gerrie is na die voorval in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem, waar sy twee beroertes gehad het.
Volgens Brits is niemand al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en gaan die ondersoek voort. Enigiemand met verdere inligting kan ao. Louis Hoffmann kontak by 083 650 0820.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
29 Kommentare
Moet seker Dinsdag 27 Desember wees of hoe Maroela ?
DIE VLOEKE KAN MOOR EN STEEL SOOS HULLE WILL MAAR DOEN JY DIT SLUIT HULLE JIU TOE.
Dit is tragies dat beide bejaardes met ‘n aanval oorlede is. Mag die polisie gou die krimeneel/e vas trek.
Maroela, stel datum reg. Week gelede was 27 Desember nie November.
Dit is nog net die 3 Des en so gaan die moord slagting op die wittes maar net nog aan.
Sal graag statistieke wil sien oor watter persentasie moordenaars word aangekeer en suksesvol vervolg, veral waar blankes die slagoffer was.