Vrou sterf ook ná man huis aan die brand steek

Rudi en Anita Prinsloo. Foto: Facebook

Anita Prinsloo, die vrou wie se man Woensdagaand die gesin se huis in Rustenburg tydens ʼn gesinsrusie aan die brand gesteek het, het Dinsdag aan haar brandwonde beswyk.

Kapt. Elsabé Augoustides, polisiewoordvoerder in Rustenburg, het aan Maroela Media bevestig Anita is omstreeks 11:00 in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg dood. Haar dood bring die dodetal van dié tragiese voorval op drie te staan.

Maroela Media het vroeër berig Anita se man, Rudi Prinsloo, het Woensdagaand ná ʼn rusie met Anita gery om petrol te gaan koop. Hy het teruggekeer en met sy motor deur die valhek van die veiligheidskompleks in die Cashan-woonbuurt gery. Rudi het daarna die gesin se huis met petrol besprinkel voordat hy dit aan die brand gesteek het.

Rudi het in die huis doodgebrand. Anita se broer en skoonsuster, Jacques en Adele Bezuidenhout, en twee kinders was ook in die huis ten tyde van die voorval. Jacques het ernstige brandwonde opgedoen en het Saterdag in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die Bezuidenhout-egpaar se oudste seun, Juan (19), het erge brandwonde aan sy bene opgedoen en is volgens Augoustides in die hospitaal opgeneem waar veloorplantings op sy bene gedoen is. Anita se seun uit ʼn vorige huwelik het geringe brandwonde aan sy hande opgedoen.

Volgens Augoustides word ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen met betrekking tot Rudi se dood en word sake van moord en poging tot moord ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alida ·

Wat se ondersoek kan gedoen word? Rudi die man is dan ook dood.

Genieve ·

Syt dan ook nou aan haar wonde beswyk.Wie moet nou antwoord gee.

al ·

As ñ mens selfdood wil pleeg, waarom dit in ñ massamoord laat ontaard? A nee a, mense moet bykom!
My innigste simpatie aan die oorlewendes.

Zandra ·

is ons reeds in die Zombi tyd?

hoekom?? hoekom?? soveel pyn en hartseer doodgewone mense wat vreeslike dinge aanvang

LMF ·

Is daar nie gewoontlik security by val hekke by die komplekse nie indien wel moes die man mos aangemeld gewees het of het hy ingemeng met hul slaaptyd wonder maar net en ai mense na elke onnatuurlike dood moet daar n ondersoek wees of die skuldige nou dood is of nie en nie dat dit wel gebeur nie al wat hier oorbly is mense met stukkende harte en letsels vir lewenslank my innige simpatie vir almal

Gesiggie ·

Oh nee…. Hoekom nou soveel mense se lewens wil verwoes, deur n verskil wat daar was tussen hom en sy vrou… dit so hartseer.. nou het twee kinders hul Pappa verloor? Adele aan jul alle sterkte hoop dat jul wonde gou sal genees, en jammer vir jul verlies, en aan Anita se Familie, Mag God aan jul vertroosting bring. So so jammer dat iemand tot so iets instaat is…

Sputnik ·

Die “man moes aangemeld gewees het” – waar LMF, by Weskoppies? Hoe vinnig sou enigeen kon optree teen hom? Hoe lank neem dit om petrol te sprinkel en ‘n vuurhoutjie te trek?

Jeanette ·

IEMAND moet die rusie aangehoor het en IEMAND moes gesien het hoe hy die huis ‘douse’ met brandstof. Dalk bedoel LMF dat IEMAND dit dan moes aangemeld het – ten minste by die sekuriteit of dan die polisie?

Michelle ·

Ek kan nie in my wildste droome dink dat iets so erg kan wees dat mens so ver kan gaan om n huis aan die brand te steek met mense daarin nie.
Dis mos nou heeltemal ongehoord.

Leandra ·

Wat my die meeste verbaas is dat hierdie man net 30 jaar oud is. Ek het gedink dit is bejaardes toe ek die foto sien en kon nie verstaan dat mense wat in hul jare is so tekere gaan nie. Nou maak dit meer sin.

SNEL ·

Om te dink hier is ouers wat n seun en dogter deur hierdie man verloor het. Anita en haar broer Jaques is oorlede. Baie hartseer, kry hul ouers baie jammer.

Jeanette ·

Ai, die eerste drie berigte op MM vandag is net van mense wie se dood/beserings deur BRAND veroorsaak is. Dit moet van die ergste maniere wees om tot sterwe te kom – “gelukkig” (as mens dit so kan beskryf) ‘brand’ die meeste mense nie dood nie, maar kom hulle om a.g.v. koolstofmonoksied-vergiftiging – m.a.w. rook-inaseming.

Hierdie geval is uiters tragies en laat my wonder hoekom party mense eenvoudig geweldenaars raak in rusies of argumente, terwyl ander die vermoë het om stil te bly, te ontlont en rustig te raak en dan sake uit te praat. Ek is ook een van daardie wat woedend kan raak binne sekondes, maar gelukkig het ek genoeg selfbeheersing om te stop voor iemand of iets regtig skade ly.

Sjoe, hoe erg moet ‘n rusie dan wees as iemand wegry om brandstof te gaan koop (dit was dus moord met voorbedagte rade) , terugkom, die toegangshek “to-hell-and-smithereens” ry, petrol oor die huis uitgiet, ingaan en dit dan brandsteek en sit en wag om self om te kom in die brand??? Arme mense wat agtergebly het! Sterkte aan die gesinne betrokke.

John ·

Vure orals… Hoekom gryp almal na vuur en dood as oplossing vir alles. Vreeslike dramas speel af in menige huise en elders. Almal is verwoed, gegrief en buite beheer. Armoede laat mense in slegte verhouding betrokke raak of bly. Wreedheid teenoor armes en sukkelendes is erg. En die kerk moet nou ook glo uitgeskryf word as onnodig om die chaos verder aan te vuur… sjoe… en kindertjies word die speelballe van dwase grootmense…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.