Vrou sterf ook ná skietery by Voëlklip  

Van die kruise wat reeds by Voëlklip aangebring is. (Foto: John-George Gittins)

Die bejaarde vrou wat ernstig beseer is nadat sy Sondag ʼn skietwond aan die kop by die Voëlklip-uitkykpunt in Heroldsbaai opgedoen het, is Dinsdagoggend dood.

Sy was sedert Sondag in ʼn bedenklike toestand in ʼn hospitaal.

Haar man is Sondag op die toneel dood verklaar nadat verbygangers op die egpaar afgekom en die polisie ontbied het. Hulle het steeds op ʼn bankie gesit wat oor die see uitkyk.

Volgens die polisie was die egpaar albei in hul laat 70’s.

Maroela Media het vroeër berig dat dit nóg ʼn selfmoord by dié berugte uitkykpunt blyk te wees. Die polisie is besig met ʼn geregtelike doodsondersoek en het ook ʼn saak van poging tot moord ondersoek.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het die vrou se dood bevestig. Dit is nog nie duidelik hoe dit die polisie se ondersoek gaan beïnvloed nie.

Die polisie het Maandag gesê dat een eggenoot vermoedelik die ander een geskiet het, voordat die skieter die vuurwapen op hom- of haarself gedraai het.

Die egpaar se name is steeds nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

domheks ·

Waar is die wapen? Dan kan julle mos aflei wie het vir wie geskiet!

Nella ·

Tien teen een het die wapen uit die persoon se hand geval. Die balistiese toetse behoort dit te wys wie die persoon was wat geskiet het. Ek het op ‘n ander post gelees dit is ingestuur vir die toetse.

Miskruier ·

Dit maak nie saak nie, wat wel saak maak is dat mense dit nodig ag om hulself uit die samelewing te verwyder.

Nella ·

Dit is baie hartseer om te weet dat 2 oumense nie meer kans sien vir die pad vorentoe en mekaar nie alleen wil agterlaat. Tot die dood ons skei. Sterkte aan die familie.

Misky ·

Absoluut Nella, dis so hartseer en hulle verlaat die wrede wereld saam. My hart gaan uit na hul naasbestaandes.

BARNEY ·

Dit is hartseer en n groot aanklag teen die wereld waarin ons woon dat hulle geen ander uitweg kon kry nie. Die wereld is wreed en gevoelloos. Liefde en sterkte aan die familie

marius ·

Wat trek die wat desperaat is , so aan na die plek waar soveel verdriet gestort word ?

Janine ·

Mag geen van my geliefdes OOIT so desperaat voel nie! My innige simpatie aan hierdie twee bejaardes se geliefdes. Dis hartverskeurend dat enige een so moeg voel vir die lewe. :(

Anna84 ·

Ek hoop ook nie ek kom ooit so iets oor nie. Dit is so hartseer.

Di ·

Dis baie harseer – ek glo daar is baie mense in die land want ook so voel met als wat om mens in duie stort en jou lewe niks meer werd is in die land nie

Delia ·

Dit kan enige mens gebeur dat jy begin fink oor self dood. Die waters om jou moet net diep genoeg raak dat jy voel jy verdrink.

Agtogwatnog ·

Hartseer maar tog romanties, ja ja ja, ek weet. Dit bly in sy eie diep donker manier baie romanties dat twee mense hulle einde saam gaan vind het na n leeftyd saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.