Vrou sterf op sypaadjie omdat verpleegsters glo wil huis toe gaan

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

ʼn Vrou is Maandag buite ʼn kliniek in Oos-Londen dood nadat verpleegsters aan diens haar glo ontslaan het omdat hulle die kliniek wou sluit.

Ntombizabantu Mbalo (56) het gesê sy het haar dogter, Tandazwa (31), na die Ndende-kliniek in Duncan Village geneem toe sy ʼn asma-aanval gekry het. Mbalo het gesê hulle het net voor 16:00 by die kliniek opgedaag, ʼn halfuur voor die geskeduleerde sluitingstyd.

“Daar was twee verpleegsters aan diens. Hulle het gereed gemaak om huis toe te gaan. Ek het vir hulle gesê my dogter is baie siek,” het sy gesê. “Hulle het op my geskree omdat ek my dogter so laat bring vir iets so klein soos ʼn asma-aanval.”

Volgens Mbalo het hulle vir Tandazwa ʼn suurstofmasker gegee, ʼn inspuiting en ses tablette wat sy dadelik gedrink het. “Hulle het toe vir ons gesê ons moet huis toe gaan.”

Mbalo het Tandazwa aangemoedig om op te staan, maar sy was te swak om te loop. “Ek het ʼn rolstoel geleen, maar die verpleegster het vir my gesê die rolstoel gaan nie uit die kliniek uit nie. Sy het gesê ek moet my dogter op my rug dra tot by die straat waar ons vervoer kon kry,” het sy gesê.

Mbalo het stadig met haar dogter uit die kliniek gestap en die verpleegsters het haar glo aangesê om gou te maak sodat hulle kan sluit en gaan. Toe Mbalo net voor die hek gaan staan het om asem te skep, het die verpleegster gesê sy moet die perseel verlaat sodat sy die hekke kan sluit. Die verpleegsters is kort daarna weg.

“My dogter was te uitgeput en swak om te staan. Sy het net op die sypaadjie gelê terwyl ons vir vervoer gewag het om ons huis toe te neem, “ het Mbalo gesê. “Sy het gesê sy kan nie asemhaal nie. My dogter het haar oë vir die laaste keer toegemaak en gesterf nog voor die verpleegsters se motor in die straat af verdwyn het.”

Alhoewel Tandazwa omstreeks 17:00 dood is, het lykshuispersoneel haar liggaam eers drie ure later kom haal. “Ek het haar met ʼn kombers toegemaak en by haar gesit tot 20:00,” het Mbalo gesê.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die klagte oor die verpleegsters word ondersoek omdat hulle nie ʼn “baie siek pasiënt” versorg het nie. “Ons volg die gepaste arbeidsverhoudingprosesse. Dit kan nie geregverdig word dat hulle die kliniek en hek sluit net sodat ʼn pasiënt buite op die sypaadjie doodgaan nie,” het hy gesê.

Dinsdag het ʼn groep van 200 inwoners in die kliniek ingestorm en geëis dat die verpleegsters afgedank word omdat hulle die “batho pele” (mense eerste) beginsel verontagsaam het. Een van die inwoners, Nyameka Ngwendu, het gesê die verpleegsters het hulself in die kliniek toegesluit en hulle nie gesteur aan die skare buite nie.

“Die kliniek maak 07:00 oop en die verpleegsters daag 08:00 op, maar begin eers 09:00 werk. Hulle sal drie pasiënte sien dan eers ʼn uurlange teepouse neem, want hulle wil skinder,” het sy gesê. Sy het gesê noodpasiënte wat na 13:00 by die kliniek opdaag, word gewoonlik aangesê om die volgende dag terug te kom.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

V ·

Dit is uiters pateties!!Ek hoop daar word stappe teen hul gedoen

Claudia ·

Hulle moet aangekla word vir manslag en nooit weer toegelaat word om ‘n beroep in die medieseveld te volg nie.

ESteenkamp ·

Ek wad nog nooit regs nie maar staff maar seker is ek en ek glo baie mense gatvol vir dit wat hier aangaan. Dit is asof ons in n barbaarse tyd inbeweeg wat mense net nie meer omgee nie. Alles is moeite, te veel werk en kan nie om n probleem werk om iets uit te sorteer nie. Dit is verregaande hoe die mense wat nie mediese fonds het nie moet sukkel. My huiswerker vir amper 6 jaar sukkel elke maand om haar bloeddrukpille te kry. Daar is net altyd verskonings. Hierdie mense gee net glad nie om nie, of dit nou hulle eie is of nie. Hulle roei hulle eie mense uit. Ons veg teen n muur vas. Sterkte vir daardie gesin, dit is glad nie makliker nie.

geskok ·

Skokkend!!!! Hoe verskriklik moes dit nie vir d ma gewees het om hulpeloos te staan en toekyk hoe haar dogter sterf nie. Sulke mediese personeel hport afgedank te word

Ursa ·

Dit is Suid Afrika en niks gaan verander nie al word daar ‘n ondersoek gedoen

SNEL ·

Ai, mens se hart is stukkend as mens sulke goed lees. Die angs waardeur daai vrou moes gaan terwyl sy sukkel om asem te haal en dan nog geen hulp kry nie, en dan die arme ma wat hulpeloos moes toekyk hoe haar kind voor haar oë sterf. Ek weet nie hoekom word iemand n verpleegster as hulle nie die werk wil doen nie, en geen hulp aan mense wat dit nodig het wil verleen nie. Hoop hulle word afbetaal en sal nooit weer kan verpleegster nie.

Antjies ·

Hulle sal voor die Here staan eendag, dit is verseker !! Dit is ‘n absolute skande dat so gehandel word en NIKS daaraan gedoen word nie !!!!!

Lillie ·

Kom kyk maar hier by die verpleegsters opleiding sentrum hoe gaan dit, oral le lee bierbottels en kondome soos wat hulle te kere gaan op die sypaadjie voor hulle sentrum, en dis die mense wat ons moet help as ons siek is!!!! SKANDE!!!!!!!!!!!!!

Alicia ·

Dit sou nooit voor 1994 in Suid-Afrika gebeur het nie!!!!! Ek het nie woorde om my misnoë te beskryf nie…

Vic ·

Dit het voor 1994 in Suid Afrika gebeur – maar net aan een kant van die hospitale of klinieke. Indien mense nie van die selfde groep was nie, is hulle nie behandel nie. Baie nagstaf het net verdwyn om te gaan slaap, en eers die volgende oggend vroeg weer verskyn. Daar is nooit iets aan gedoen nie. Baie mense ontvang nie hulle medisyne nie, kry nie die regte behandeling nie, of kry geen behandeling nie. Die spesifieke persone moet persoonlik gedagvaar word, en die gesondheidsdienste afsonderlik. Die enigste manier om hulle verantwoordelik te hou is om hulle persoonlik te dagvaar, anders betaal die versekering net.

Pop ·

Daar kan geen vergelyking met die skokkende toestande in hedendaagse staatshospitale en die kwaliteit van hospitaalsorg voor 1994 wees nie Vic.

Anoniem ·

Wel Vic.. ek kan vir jou se.. ek was n verpleeg student tusen 1991-1994 in n provinsiale hospitaal.. en ons het geen keuse gehad as om ook an d “nie-blanke” kant van daai dae te werk nie..! dit sou nie gebeur nie, ons het net sulke goeie sorg gegee ongeag d kleur v n pasient..! ek kan onthou v n massa-aksie v hulle verpleeg staf wat d pasiente net so gelos was, sonder kos, sorg of enige hulp en sorg, wat ons moes ingespring het..! ek het vloere gemop in daardie sale, ons was uit n klas gehaal om v 3 dae in d wassery te werk..! Dit is bitter hartseer..!!

Vic ·

Wel Pop en Anoniem, ek was n medies student vanaf 1977 en dokter vanaf 1984 en ek kan jou se sulke goed het gebeur. Daar was verskeie pasiente wat dood is as gevolg van presies sulke optrede. Ek se nie alle verpleegsters is so nie. Ek se dit is ou laai. Miskien deesdae net meer as tevore.

antjie ·

Dankie, Vic! Dit bly vir my belaglik dat die RGBSA (HPCSA) óók deesdae dink alle wanpraktyke moet deur arbeids-en administratiewe reëls reggestel word. Jy is 100% reg: Regeringsinstansies raak bankrot (bv FSDoH se blykbaar R700 miljoen skuld), en begin skuil daaragter on vrot diens te laat voortgaan. Ek glo ook as daar om absoluut minimum hoeveelheid personeel gewerk word, soos gesê word, is een vrot appel per saal gelyk aan ‘n vrot saal, of kliniek. Dit maak dokters se goeie werk tot niet! Dis nou al so ver gevorder dat goeie mense ook maar die slegte dinge probeer toesmeer. Dit maak van mediese sorg ‘n risiko sommer nog voor mens siek word. Dis goed om sulke gebeure gepubliseer te sien. Ek wens net die Polisie wou biekie meer wys word ook soms en help sulke tyd. Sover ek weet val die intensie-beginsel weg sulke-tyd en raak dit moord!

Rooiman ·

Dis nie vreemd of snaaks nie, n mens kan so iets mos verwag in hierdie land?

Hartseer ·

Dit is total barbaars en hartseer dat mense in ons land se lewens NIKS werd is in ander se oë nie. Ongelukkig veral in die oë van mediese personeel by staatshospitale en klinieke. Ek voel so jammer vir hierdie mamma want behalwe vir haar verlies van haar dogter het sy soveel trauma beleef en dit net omdat sy haar kind kliniek toe moes neem vir hulp. Hoe gaan sy dit alles verwerk en vrede maak met haar kind se dood. Ek hoop van harte hier gaan opgetree word teen die verpleegsters en ook n ondersoek gedoen word om die dienste te vebeter vir toekomstige pasiente. (ons kan maar net hoop en bid daarvoor ne). Ons huishulp is verlede week met bronchitis slegs 6 panado’s gegee en huis toe gestuur vanaf die kliniek en gesê sy moet hospitaal toe gaan en maar die dr gaan sien. Daar is sy deur n verpleegster ten minste ander medikasie gegee maar gese sy moet by die kliniek n afspraak gaan maak om die dr te sien. So waar moet sy nou eindelik die dokter sien? Sy kan nie lees en skryf nie en het die medikasie na my gebring om aan haar te verduidelik wat dit is en hoe om dit te gebruik. Ek kan net op my kniee gaan en dankie se dat ek in n posisie is om n mediese fonds te hê. My hart gaan uit na soveel ander wat aan die genade en ongevoeligheid van staatsklinieke- en hospitale se koue personeel oorgelaat word, maar ook baie dankie aan die handjievol wat wel genoeg omgee en steeds hulle liefde en omgee in hul werk uit stort ongeag die omstandighede.

M ·

Ek moet met jou verskil Susan, net soos wat daar slegte wit verpleegsters is, is daar goeie swart verpleegsters. Moenie veralgemeen nie. Ek is al fantasties deur swart verpleegpersoneel behandel.

Inge ·

Ek dink sy bedoel staat verpleegsters… jy was seker in ‘n privaat hospitaal, is ek reg? Ek was ook goed behandel deur swart verpleegsters in ‘n privaat hospitaal..

Theresa ·

Walglik. Daai verpleegster sal nooit weer werk as dit my kind was nie. Ek weet dit sal nie jou kind terugbring nie, maar ek sal dit NIE daar los nie. Ek maak sommer die hosp se deure ook toe.

Roosknop ·

Ek weet die klinieke se standaarde is pateties, maar om te veralgemeen help ook nie. Die probleem lê by die bestuur, en omdat alles polities korrek moet wees, het standaarde, werk etiek ens. verswak. En ongelukkig ly die armes daaronder, want Mnr. en Mev. minister het almal mediese fondse! Ek was self ‘n wit suster en van my beste verpleegsters was swart.

Louise ·

My dogter is ‘n tweede jaar verpleegkunde student by ‘n bekende Universiteit. Vir hul praktiese ure moet hul sonder vergoeding in die klinieke en staatshospitaal werk. Dis skokkend om te hoor wat aangaan in die plekke. Die vet uitgevrete verpleegpersoneel voel absoluut niks vir die pasiente nie. Hulle is bloot daar om hul salarisse aan die einde van die maand te ontvang. Jou hare sal regop staan as jy hoor wat daar aangaan. As hulle by die klinieke werk word hulle (studente) 07h00 by die kliniek afgelaai. Dan kom die verpleegpersoneel eers 8h00 daar aangedrentel en begin fisies eers 9h00 die lang toue pasiente help. (In die verskriklike wintersweer sit daardie siek mense buite en wag om gehelp te word. Na 15h00 word die pasiente aangeraai om more terug te kom, want hulle gaan die kliniek sluit. Dit is maar net die verhaal van een kliniek …

Winston ·

Op dieselfde baan as die SAPD. Net die betaalstaat is belangrik. Skandelik.

MM ·

Ek self was laasjaar n staads pasient en kan wragrig getuig van die tipe diens, waar daar met jou balei word as jy volgens die verpleegsters te laat by die kliniek opdaag en as hul elke 1 uur vir 1 uur beuk vat, dan moet jy nie waag by hul in die tee kamers inloer om te hoor of jy gehelp han word nie. Alle mediese personeel moet besef hul is 24/7 op diens en ongelukkig is dit die rigting wat hul kies, maar deesdae is alles net n “JOB” en daar is geen meer trots in die mediese wereld nie

Vic ·

Nee, mediese personeel is nie 24/7 aan diens nie, of behoort nie te wees nie. Niemand kan veilig funksioneer as hulle 24/7 aan diens is nie. Maar hulle behoort in skofte van 8 of 12 ure te werk, en afgelos te word deur die volgende skof. Hulle behoort nooit te loop en n siek pasient net te los nie, hulle kan die ambulans bel om haar na n hospitaal of 24 uur kliniek te neem. Maar of hulle is te swak opgelei om reg te diagnoseer, en het die dringendheid gemis, of hulle gee netnie om nie.

Salome ·

Dis flippin disgusting om die minste te se die damn gemors hulle moet van die rol geskrap wrd vir ewig.

*A* ·

Dit is rerig scary hoe dinge gaan in die staats hospitale en klinieke. Ek was altyd op medies maar a.g.v omstandighede waar ek retrenched was is ek nou sonder inkomste en medies. Was by 2 klinieke in die Wesrand waar die diens so swak is dat ek maar uit geloop het. Die ene was die Horison kliniek waar hul skaars met my wou praat en net gese het: ‘Sit at the back’ ek wou net weet hoe om ‘n leer eers oop te maak, die ander ene was Weltevredenpark waar ek 15:30 daar was en gese was mense word huis toe gestuur want hulle gaan nou huis toe en ek kan 6:00 die volgende dag daar gaan sit.. ander mense sit van daai tyd daar en word dan partykeer nie eens gesien nie so dalk sal hul my dan sien en die ergste is dat die laaste ene ‘n wit persoon was. Wat word van ons land en wat gaan van ons mense word??? Ek het my laaste geld gebruik 2 weke terug om ‘n dokter te sien en het bronchitus, is nou so erg dat my asem heeltemal weg gaan maar wetie waar om te gaan vir hulp nie. Al wat ek maar elke aand kan doen is bid vir die Here om my te help.

WIEWEET ·

Dit is so hartseer om hiervan te hoor. Ek was onlangs by die apteek kliniek op Rayton om my ore te laat uitspuit, en die blanke suster het na n LANG wag vir my gese, sy kan dit nie doen nie, want sy moet 12h30 loop. So, dit is blankes ook, nie net swart mense nie. En ek moes betaal vir die “ondersoek”

Elize ·

Verskriklik! My hart bloei vd vrou en elke dag se slagoffers van mense in poste wat net heeldag wil sit en eet en salaris trek. Ek en my man doen hospitaal besoeke en ek slaan my hande saam oor wat ek sien. Van lyke in huisbakke tot n seuntjie wat agv hoe bloeddruk aanvalle gekry het omdat hospitaal peroneel medikasie nie gee liewers sout water om.te drink. In ICU moes ek en my man amper op ons kniee gaan sodat hul hom net iets gee vir sy bloeddruk na ure en ure se wag. Dan besef ek net weer: “Ek kyk op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom!”. Dit kom van Die Here af wat hemel en aarde gemaak het. Mag God ons genadig wees!!!!!!!

andre ·

Ek kan dit nie verstaan hoe kan n regdenkende mens so optree nie,my seun het sy arm laasjaar in n motorfiets ongeluk gebreek,hy het 3 dae in die hospitaal gele, voor hulle hom geopereer het….daar is miljoene mense wat werk soek,wit swart en dit gaan so,het niemmand meer pligsbesef nie of kom dit net in sekkere etniese groepe voor?

ELSA ·

DIT IS SO ONMENSLIK – WREED -HUL SAL GESTRAF WORD – DIE ARME MA WAT MOES TOE KYK…..DUIDELIK WEET HUL NIKS VAN ASMA – EN HOE DIT VOEL OM TE HYG NA ASEM….DIE HERE SAL HUL STRAF..

CHRISTA ·

Nou kan mens verstaan hoekom nie eers saint Mandela die mediese dienste wat deur sy eie party bestuur word vertrou het nie en verkies het om by die huis te bly en behandeling te ontvang. Net jammer die man in die straat word nie so belangrik geag nie!!!

Deepo ·

My hart gaan uit na die familie, ons staats diens is glad nie meer wat dit was nie en sal nooit regkom nie, mense kan nog 10000000 berigte plass oor hoe swak hulle is, dit maak aan hulle geen verskil nie, ek hoop van harte daar word teen die mense opgetree, deesdae doen mense NIKS meer vir die liefde van dit nie maar vir die geld, en soos hulle se “if you pay peanuts you get monkeys”.

Janine N ·

Liewe Vader! Hoe verskriklik moes dit vir die ma wees om te aanskou! Hoe verskriklik dat haar dogter voor haar versmoor!! Daagliks is daar stories oor personeel; babas wat doodgaan met geboorte, mense wat dae lank wag vir hulp. Dis tragies en mens se hart breek in stukke! Mamma, ek is werklik jammer oor jou verlies….ongelukkig is JULLE die enigstes wat dinge kan verander! Hou op die anc ondersteun! Ons land vergaan…:(

Gessie ·

Dit gaan presies hier by ons op Koppies in die Vrystaat die selfde,net jammer my kleur verkeerd want glo my ,jou nomer wat jy kry is bv 9 maar jy word nomer 99 want daar sit net 5 van jou kleur, medisyne is altyd te kort want die “staat”het nie als gestuur nie,kom oor 3dae vir die res,na 3weke sorry wag nog ,ons kliniek is ook 7 tot 4 maar glo my 3 30 is als gesluit , dis hartseer van die mama,hoop die staats klinieke word vas gevat ,asb begin by Koppies,

neelsie ·

Laat Afriforum as spreekbuis optree vir die publiek.
Maak die sake bekend .
Moenie bang wees nie , noem die probeem by die naam.
Wat is die agbare minister se kommentaar?
Kla die personeel aan vir ……..
Die slapgat houding haal my in.
Niemand sal help as ons dit nie self doen nie!!

Theresa ·

Mev Mbalo se dogter is vermoor. Sit die verpleegsters se gesigte op pale vir die publiek om te sien. As jy wil verpleeg, moet jou hart suiwer wees vir dié beroep. Meeste van hul is egter so dik, dat hul sewe om ‘n bed vergader om jou lakens reg te trek. Daar is nie respek oor nie. Sulke mense moet uit die beroep gehou word. Soos ‘n goeie sportspan – net die bestes kan in.
Mog hierdie een van die gevalle wees waar geregtigheid seëvier.
Skors sal nie help nie – dan werk hul weer iewers anders met dieselfde attitude en gevolge.
Soos kindermishandelaars moet hul vir altyd weggewys word in enige mediese beroep.

Lorinda ·

Hierdie is nie verpleegsters nie, dis gevoellose mense, hoe hartseer dat sulke mense in die professie is, ons het almal eed afgele voor God om ons medemens te help, hoe kan jy huistoe gaan as jy kan sien die vrou voor jou kan nie asem kry nie, daai verpleegsters het duidelik geen kennis Nie, hulle het nie eers besef of geobseveer dat die dogter in respiratories nood is nie. Dis skokkend , hoeveel ander mense is al skade aangedoen as gevolg van hulle absolute onbevoegtheid.

Charmaine ·

Daar sal niks van dit kom nie net soos hoeveel ander sake. Dit gaan oral so! Bly stem vir die ANC en dis wat met almal sal gebeur

susan L ·

Dis skokkend hartseer. Elke dag lees ons iets anders van staats hospitale of klinieke. Kry ordentlike bestuur. (Maar ja dis ook nie moontlik nie) Deesdae kom die suster aan diens aangewaggel met haar logge liggaam na jou toe. Haar oe is toegeplak met blou en pienk gremering haar naels is 3cm lank en juwele hang ha lyf vol. En o ja ha skoene 3 keer te klein vir ha poffer voete. Want waar sy vanoggend 7 uur gaan sit staan sy eers vannaand op as sy moet huis toe gaan. Ek raak sommer net “moerig” om in soveel woorde te se. En soveel mense is verlee oor die bietjie diens want ons wittes is besig om te verarm en het nie n keuse as om staat toe te gaan nie. Hulle moet hier doen soos oorsee….. En nee dit sal dalk ook nie werk of n oplossing wees nie. Moeder jy wat jou dogter verloor het. Ek is uit my hart uit jammer vir jou. Baie sterkte!!!

Liewe lulu ·

Charmain, hulle word gedwing om anc te stem. Met die vorige verkiesing het my huishulp tyd af gevra om te gaan stem. Sy se as hulle nie gaan stem, of vir die anc stem nie, word hulle huise afgebrand. Die anc man wat by haar huis was, het vir haar gese die “bar code” op n persoon se ID wys vir wie jy stem. Hulle glo dit.

Pieter ·

As ek iets hier gaan skryf gaan die kommentaar weens rasisme verwyder word. Ons politieke korrektheid is om van naar te word. Word hoe langer hoe maar gelyk aan Basson, Croukamp en Max.

Liandre ·

Ek werk gereeld in staats hospitale. Staf weier eenvoudig om n patient ns 1uur op die tafel te sit in teater. Dis skokkend. Ek was jare lank in die mediese korporatiewe wereld en het self gekies om terug te gaanerprging. Want n olifant word net stukkie vir stukkie geeet. Im gonns be thst change! !!!!!

Tersia ·

Dit is baie erg om te sien hoe so ‘n edele beroep agteruit gaan in sommige plekke en ‘n slegte naam kry a.g.v swak enkelinge wat hulself verpleegsters noem. Ek weet vir seker daar is nog van ons wat glo in wat ons doen. Dit maak my siek om te dink dat hulle daarmee gaan wegkom.

Fanie ·

Ek dink die lamppale idee kan werk. Foto en beskrywing van oortreding daarby. Maar dikvelligheid is seker ook ‘n siekte.

Anthony ·

Hulle behoort aangekla te word van strafbare manslag. Nie net afgedank nie. Hulle werk is om te help.

Madri Greyling ·

Soort gelyk het gebeur by Wilgeheuwel kliniek. Ons het gewag om iemand te sien. Daar het ‘n ma ingekom met ‘n kind onder die ouderdom van 1 met n koors van 41. Hulle het ‘n uur later vir ons gesê dat hulle werk al die hele dag en gan nou huis toe. Ons almal wat gewag het het vir die suster gevra om asb net die kind te help maar hulle het geweier. Sy het die volgende woorde vir die ma gesê ” Ek geen nie om as die kind dood gaan nie” in die laaste uur het 5 susters 1 pasiënt gehelp! Here vergewe mense want hulle weet nie wat hulle doen nie!

Elize ·

Ek wil nou nie wreed klink nie, maar dis waarvoor die meerderheid in die land gestem het.. Net ons as burgers van hierdie land kan omstandighede verander deur REG te stem..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.