Vrou sterf op vlug na Johannesburg

Argieffoto

’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat ’n vrou vandeesweek tydens ’n vlug van Kaapstad na Johannesburg gesterf het.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê paramedici het Woensdagmiddag ʼn Chinese vrou wat per vliegtuig by die OR Tambo-lughawe aangekom het, dood verklaar.

William Smook, woordvoerder van British Airways, het gesê bemanningslede aan boord van die British Airways-vlug BA6406 het ʼn mediese noodgeval geïdentifiseer toe hulle voorberei het vir die landing.

“Nooddienste het kort ná die landing in Johannesburg aan boord gekom en by ons bemanning oorgeneem wat opgelei en toegerus is om mediese noodgevalle aan boord te hanteer.”

Hoewel die vrou reeds geïdentifiseer is, kan haar naam nog nie bekend gemaak word totdat haar naasbestaandes van haar dood in kennis gestel is nie, het Mogale verduidelik.

Die lugredery het sy simpatie met die naasbestaandes asook die passasiers wat die mediese noodgeval moes aanskou betoon.

“Ons gedagtes en gebede is met die familie en vriende van die vrou sowel as diegene wat hierdie tragiese gebeurtenis aanskou het,” lui ʼn verklaring deur die lugredery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.