Vrou sterf toe bakkie vir bokse uitswaai

Argieffoto

Argieffoto

Die Potchefstroom-polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn 33-jarige vrou in ʼn ongeluk gesterf het.

Kol. Sabata Mokgwabone, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het gesê die ongeluk het Vrydag omstreeks 14:00 op die N12 naby die dorp plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel het die bestuurder van ʼn bakkie uitgeswaai om bokse te vermy wat van ʼn ander voertuig afgeval het,” het Mokgwabone gesê. “Die bestuurder het glo beheer oor die bakkie verloor, waarna dit gerol het. Die vrou is op die toneel dood verklaar.”

Vier mense is tydens die botsing beseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boesman ·

Die N12 is ‘n baie besige pad. Baie taxis en baie trokke.

RIP

Hanno Visagie ·

Hoekom “bokse” ipv “dose”? Op aandrag van moedswillige taalterroriste wat beweer dat “dose” uitsluitlik ‘n obsene betekenis gekry het? Wat dan van “koek”, “voël”, en vele ander woorde? Moet hulle ook vir ordentlikheid verengels word? Watter bog! Hou by “dose”, “koeke”, “voels”, ens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.