Vrou sterf toe boom op gebou val

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Vrou is dood en drie mense is beseer nadat ʼn boom Maandag op ʼn gebou in Kriel in Mpumalanga geval het.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, is paramedici omstreeks 16:00 na die toneel ontbied waar ʼn groot boom op ʼn opslaangebou geval het. “Drie mense is buite die gebou gevind. Hulle het krap- en kneusplekke opgedoen. Hulle het aangedui dat hulle binne die gebou was toe die boom daarop geval het.”

Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Mediclinic Highveld in Secunda geneem is vir verdere mediese sorg. “’n Vrou, vermoedelik in haar vroeë 30’s, is binne die gebou gevind. Sy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Die boom is glo tydens ʼn storm in die gebied ontwortel. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Drieks ·

Die bome by Pick a Pay se robot in Ermelo gaan mense doodval en motors beskadig.. Die munisipaliteit moet wakker word. Ermelo lyk verskriklik verwaarloos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.